35
April 2016
biologiese proses te versnel, neem baie vinnig toe (sien
Foto 4
en
Foto 5
).
Dekgewasse bied natuurlik ook ‘n ideale oplossing vir produsen-
te wat as gevolg van die droogte nie betyds kontantgewasse kon
plant nie; ‘n geskikte dekgewas of -mengsel kan enige tyd van
Januarie tot Maart gevestig word om die grond te beskerm en te
verbeter, maar ook om kwaliteit voer vir vee te voorsien (sien
blokkie
langsaan vir ideale dekgewasmengsel vir die winter).
Die produsent as primêre innoveerder
Die sukses van bewaringslandbou hang direk af van die kwaliteit
van toepassing daarvan. Dit impliseer onmiddellik die produsent
as die primêre innoveerder in die stelsel, want bewaringslandbou
“gebeur” of word aangepas in elke produsent se unieke situasie.
Dit is dus ‘n sosiale konstruk wat deur veral sosiale (i.e. die waar-
des, doelwitte en oortuigings van mense), maar ook ekonomiese en
biofisiese faktore bepaal word.
Winterdekgewasmengsel
‘n Winterdekgewasmengsel wat verkieslik voor middel
Maart geplant word (sien Foto 5):
Swart hawer (30 kg/ha)
Weiwieke (15 kg/ha)
Radys (3 kg/ha)
3: ‘n Swak grondbedekking of kaal braakland maak grond uiters
kwesbaar vir winderosie.
Foto:
Volksblad
4: ‘n Somerdekgewasmengsel met lablab, sonhennop en voersorghum,
Ottosdal.
Foto: Hendrik Smith
5: ‘n Winterdekgewasmengsel met weiwieke, swart hawer en radyse,
Ottosdal.
Foto: Hendrik Smith
3
4
5