April 2016
34
S
uid-Afrika het waarskynlik nog nooit die vlakke van uiterste
weerpatrone en stofstorms ervaar soos in die huidige sei-
soen nie. Temperature het rekordvlakke bereik te midde van
‘n ernstige droogte oor omtrent die hele somersaaigebied.
Terselfdertyd het stofstorms amper op ‘n weeklikse basis mens,
dier en plant geteister.
In die vorige uitgawe is gekyk na aardverwarming en grond – die
probleem en die oplossing. In hierdie uitgawe word gekyk na
bewaringslandbou.
Bewaringslandbou – die bondgenoot van
die produsent, grond en klimaat
Die herstel van grondgesondheid, grondagteruitgang, aardverwar-
ming, produktiwiteit en volhoubaarheid is alles onlosmaaklik ge-
koppel aan mekaar en die oplossing kom eenvoudig neer op die
balansering van koolstofvlakke in die atmosfeer en die grond.
Die enigste manier hoe dit in die praktyk kan plaasvind, is deur be-
waringslandbou. Elke hektaar waar die grondorganiese materiaal
met net 0,1% verhoog word, word 8,9 ton CO
2
vasgelê. Dit is ‘n
ongelooflike waarde, maar in die praktyk is dit nie net moontlik
nie, maar word alreeds deur verskeie goeie bewaringsprodusente
oortref.
Bewaringslandbou is die toepassing van die volgende praktyke, wat
aan die hand van voorbeelde in die praktyk verduidelik word:
Minimale meganiese grondversteuring
Soos reeds bo genoem is, moet grondversteuring so ver as moont-
lik vermy word om die afwaartse spiraal van grondagteruitgang
te stop. Die idee is om direk in onversteurde, maar goed bedekte
grond te plant sonder meganiese grondvoorbereiding deur middel
van sogenaamde minimum- of geenbewerkingspraktyke.
Spesiale geenbewerkingsplanters is hiervoor nodig (sien
Foto 1
).
Dit hou ook ander voordele soos aansienlike verlagings in ener-
gieverbruik en kweekhuisgasvrystelling in.
Permanente organiese grondbedekking
Grondbedekking is die grond se pantser teen enige vorm van
erosie. Soos wat grondbedekking verminder vanaf 100% na 1%,
verhoog die erosietempo met ongeveer 200% (Pimentel, 2006).
‘n Grondbedekking van ten minste 30% word dus verlang.
Foto 2
wys hoe ‘n goeie bedekking van oesreste winderosie in die weste-
like graanstreke se sandgronde drasties verminder, terwyl tonne
grond vanaf ontblote grond verloor word in
Foto 3
.
Die praktyk van kaal braaklande is ‘n “selfvernietigende oefening”,
volgens Jones (2007), wat ten alle koste vermy moet word; tydens
droë periodes rig winderosie groot skade aan, wat daarna opgevolg
word deur watererosie tydens donderstorms wat al hoe hewiger
gaan word. Grondbedekking kan deur oesreste en/of gewasse
voorsien word.
Gewasdiversiteit en die gebruik van
dekgewasse
Plante is natuurlik die belangrike skakel tussen die son se energie
en grond. Hoe meer en hoe langer plante in die grond groei (ofte-
wel lewende wortels in die grond het), hoe vinniger vind die opbou
van koolstof in die grond plaas (deur die oplosbare koolstofbrug).
Daar moet ten minste drie gewasse in die rotasie/assosiasie wees
en die gebruik van multi-spesie dekgewasstelsels om hierdie
Omgekrapte weerpatrone en verwoestende stofstorms:
Die oplossing lê reg onder
ons voetsole
– Deel 2
HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA
OP PLAASVLAK
Weerpatrone / Stofstorms / Grondkoolstof
Bewaringslandbou
1: Geenbewerkingsplanters wat direk in oesreste plant, Noordwes
Provinsie.
Foto: Hannes Otto
2: ‘n Goeie bedekking van oesreste onder bewaringslandbou op
sandgronde in die Noordwes-Vrystaat.
Foto: Hendrik Smith
1
2