Background Image
Previous Page  75 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 75 / 92 Next Page
Page Background

2015/YMAIZE/A/03A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

Diversifikasie is ’n goeie strategie vir risikobestuur.

Ons voortreflike geelbasterpakket bevat verskeie

groeiklasse en agronomiese eienskappe ten einde

die beste opbrengs op jou belegging te lewer. Maak

seisoen vir seisoen op PANNAR se geelbasters

staat vir jou sukses.

Risiko

is

nwoord

wat geen boer wil

hoor nie; daarom

werk ons hard

daaraan omdit

uit te skakel.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

73

Aangesien ‘n 1,8 mm gleufsif saam met die 4,75 mm rondegat-

sif gebruik word, word die hoeveelheid stote verhoog vanaf

20 stote na 30 stote om seker te maak dat al die voorwerpe

kleiner as 1,8 mm wel deur die sif beweeg.

Die graderingstabel moet ook aangepas word aangesien daar

‘n groter hoeveelheid vreemde materiaal in die vreemde voor-

werpe beland met die voorwerpe onder die 1,8 mm gleufsif

wat ingesluit word. Die maksimumtoelating vir vreemde voor-

werpe word vanaf 4% na 5% verhoog. Gevolglik word die

maksimum van die kombinasie van vreemde voorwerpe en

sclerotinia vanaf 6% na 7% verhoog. Die res van die grade-

ringstabel en toelatings bly dieselfde.

Sojabone en gedeeltes van sojabone wat deur die 4,75 mm

rondegatsif gaan, word gedurende die 2015/2016-seisoen bo-

op die 1,8 mm sif bepaal. Die maksimumtoelating bly 10%,

soos tans.

Die volgorde van die graderingsproses word ook aangepas, aan-

gesien die gradering van vreemde voorwerpe verander. Dit word

diagrammaties in

Figuur 1

voorgestel.

1 en 2: Dispensasie is deur die Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye verskaf vir die gebruik van die 1,8 mm gleufsif in kombinasie

met die 4,75 mm rondegatsif vir die gradering van sojabone in die

2015/2016-seisoen.

1

2