Background Image
Previous Page  71 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 92 Next Page
Page Background

op mielies van nader bekyk

D

ie huidige seisoen word gekenmerk deur wydverspreide

droogtestremming in die mielieproduksiegebied. Die in-

vloed van stremming op die uiteindelike oes, loop nou

saam met die vogbehoeftes tydens die verskillende groei-

stadiums.

Die vogbehoefte bereik ‘n maksimumvlak tydens bestuiwing en

neem daarna weer af tot by rypwording. Indien verwelktoestande

vir tien tot twaalf dae gedurende die bestuiwingsperiode voorkom,

kan dit op ‘n totale oesverlies uitloop.

Mielieplante produseer beide manlike (stuifmeel) as vroulike (baard

en kop) blomdele op dieselfde plant. Die mielieplant se blom is

baie uniek in vergelyking met ander plante se blomme weens die

feit dat die blomdele ‘n redelike afstand van mekaar af geleë is.

Droogtestremming gaan meestal gepaard met hoë temperature

en dit is gewoonlik die mees bepalende faktor by die uiteindelike

opbrengs wat verkry word by mielies, veral as die stremming met

die bestuiwingsperiode (

Figuur 1a

en

Figuur 1b

) saamval.

Droogte- en of hittestremming gedurende enige ander stadium in

die mielieplant se lewensiklus het nie so ‘n groot effek as wat dit het

tydens die bestuiwingsperiode nie. Die bestuiwings- en gevolglike

bevrugtingsperiode word as die sensitiefste periode in die lewen-

siklus van mielies beskou. Stremming gedurende hierdie stadium

het gewoonlik een of ander direkte invloed

op die voortplantingsmeganisme van die

mielieplant. Optimale weerstoestande ty-

dens die baard en stuifmeelstadium word

as die basis van ‘n suksesvolle oes beskou.

Opbrengsvaslegging

Die potensiële kopgrootte (aantal rye)

word tydens die ware twaalfblaar-stadium

(borshoogte) vasgelê en die aantal pitte

per ry word vanaf die twaalfblaar-stadium

tot ongeveer ‘n week voordat die baard te

voorskyn kom, bepaal.

Droogtestremming

Die sensitiefste periode vir droogte kom

sowat twee weke voor bestuiwing tot

twee weke ná bestuiwing voor. Waar

sigbare verwelking vir die twee weke

voor bestuiwing voorkom, kan opbrengs-

verliese van 3% tot 4% per dag beloop.

Sigbare verwelking gedurende bestuiwing

kan verliese van 8% tot 10% per dag be-

teken, terwyl sigbare verwelking geduren-

de die twee weke ná bestuiwing, verliese

van tot 6% per dag kan meebring. Indien

verwelktoestande vir tien tot twaalf dae

gedurende die bestuiwingsperiode voor-

kom, kan dit op ‘n totale oesverlies uitloop.

Erge droogtestremming se effek word ge-

woonlik in die stadige tempo van baard-

verlenging gemanifesteer. Baard het die

hoogste waterinhoud van enige plantweef-

sel in die mielieplant. Baardverlenging be-

gin gewoonlik sowat sewe dae voor

bestuiwing. Hou egter in gedagte dat

baardverlenging eintlik net kan plaasvind

indien

die

turgordruk/waterpotensiaal

in die plant na wense is. Indien die plant

verwelkingsimptome toon, is die baard

ook verwelk omdat dit met al die ander

plantweefsel vir vog meeding.

69

April 2015

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Droogtestremming / Mielieproduksiegebied / Groeistadiums

PIETER RADEMEYER,

produkbestuurder, Pannar Saad

Figuur 1a en 1b: Opbrengsverliese as gevolg van vogstremming.