Background Image
Previous Page  74 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

72

Veranderinge in die gradering van

sojabone vir die 2015/2016-seisoen

D

ispensasie is deur die Departement van Landbou, Bosbou

en Visserye verskaf vir die gebruik van die 1,8 mm

gleufsif in kombinasie met die 4,75 mm rondegatsif vir

die gradering van sojabone in die 2015/2016-seisoen.

Die gradering van fyn materiaal, soos sand en fyngebreekte soja-

bone verskaf aan die gradeerder groot probleme. Dus het die be-

dryf wetenskaplike ondersoeke uitgevoer om die probleme op te

los en meer akkurate gradering te verseker. Uit die ondersoek het

dit duidelik geword dat ‘n kombinasie van siwwe die oplossing bied.

‘n Gleufsif in kombinasie met ‘n 4,75 mm rondegatsif (die sojaboon-

sif) sal die probleme oplos. Uit die ondersoek was dit duidelik dat

‘n 2,2 mm of veral 2,5 mm gleufsif die aangewese oplossing is. Die

siwwe is egter nie direk beskikbaar nie, aangesien dit meer as drie

maande sal neem om hoëkwaliteit siwwe te vervaardig.

Vir die 2015/2016-seisoen is daar besluit om die 1,8 mm gleufsif

te gebruik aangesien hierdie siwwe meer algemeen beskikbaar is

en vir die gradering van koring, sonneblomsaad en graansorghum

gebruik word. Die moderne siwwe is so vervaardig dat die siwwe

op mekaar pas en saam gebruik kan word.

Die verandering in die gradering van sojabone kan soos volg op-

gesom word:

Die 4,75 mm rondegatsif (boonste sif) word in kombinasie met

die 1,8 mm gleufsif (onderste sif) gebruik vir die bepaling van

vreemde voorwerpe.

Al die materiaal wat deur beide siwwe gaan, word deel van

vreemde voorwerpe. Alle voorwerpe wat nie deur die 1,8 mm

gleufsif gaan nie en wat anders is as sojabone, glas, steenkool,

mis, sclerotinia of metaal en los saadhuide asook sojaboon-

peule is deel van vreemde voorwerpe (soos in die verlede).

OP PLAASVLAK

Dispensasie / Gradering / Sojabone

Gradering

DR SIERK YBEMA,

besturende direkteur, Sierk Ybema Graandienste

Verkry ‘n verteenwoordigende

monster van ten minste 10 kg

Bepaal die voginhoud

Bepaal die klas en graad volgens die graderingsresultate wat verkry is

Verkry ‘n monster van minstens 200 g en sif die monster met

‘n 4,75 mm rondegatsif en ‘n 1,8 mm gleufsif in kombinasie

Verkry ‘n monster van minstens 100 g wat vry is van

ander graan, sonneblomsade, klippies, sclerotinia en

vreemde voorwerpe bo die 4,75 mm rondegatsif

Verdeel

Bepaal:

Ongewenste reuke

Skadelike stowwe

Giftige sade

Glas

Metaal

Steenkool

Mis

Insekte

Nat peule

Bepaal:

Vreemde voorwerpe

Ander graan

Sonneblomsaad

Klippies

Sclerotinia

Sojabone wat deur die

4,75 mm sif gaan en bo

die 1,8 mm sif bly

Bepaal:

Gebrekkige sojabone

Vuilgesmeerde sojabone

Figuur 1: Gradering van sojabone (2015/2016).