Background Image
Previous Page  72 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

70

Onvoldoende turgordruk/waterpotensiaal sal daartoe lei dat die

baard stadiger groei en die gevolg hiervan is gewoonlik ‘n vertra-

ging of selfs die afwesigheid van baardverskyning.

Baard kan ook in die geval van stremmingstoestande so erg

uitdroog dat dit totaal onontvanklik raak vir stuifmeel. Dus sal geen

stuifmeelontkieming op die baard plaasvind nie. Droogtetoestande

gedurende die bestuiwingsperiode kan stuifmeelstorting verhaas

en verkort. Indien die baard dan ook nog laat te voorskyn kom,

lei dit tot swak stuifmeel-en-baard-sinkronisasie en gevolglik tot

onvoldoende bestuiwing/bevrugting van die mielieplant.

Suksesvolle bevrugting word gemanifesteer deur die baard wat

ná ‘n paar dae van sy aanhegtingspunt by die basis van die pit af-

speen. Indien die kop sonder die skutblare geskud word, sal die baard

afval – indien die baard nog aan die basis van die pit vasgeheg is,

dui dit dat bevrugting onsuksesvol was. Plante met baie lang

baarde dui op swak bevrugting van die pitte en die verskynsel

1a: Swak bestuiwing, baarde steeds aan pitbasisse geheg.

1b: Lang baarde dui op moontlike droogte- of hittestremming tydens die bestuiwingsperiode.

2: ‘n Voorbeeld van swak stuifmeel-en-baard-sinkronisasie as gevolg van hitte- of droogtestremming.

3: Onvoldoende bestuiwing as gevolg van

silk jamming

.

1a

3

1b

2

Droogtestremming

op mielies van nader bekyk

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke