Background Image
Previous Page  73 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 92 Next Page
Page Background

2015/WMAIZE/A/01A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

PANNAR bestee baie tyd en moeite aan uitgebreide

navorsingsprogramme om jou te help om die hoë

opbrengste te verseker wat nodig is om jou

vooruitstrewende boerdery in stand te hou. Soos

ons witbasterpakket is dit ’n seker keuse vir goeie

risikobestuur en optimale opbrengste.

Jy neemgeen

kortpaaiemet jou

boerdery nie; ons

sal ook nie.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

71

word gewoonlik waargeneem waar droogtetoestande tydens die

bestuiwingsperiode geheers het (

Foto 1a

en

Foto 1b

).

Foto 2

is ‘n voorbeeld van swak stuifmeel-en-baard-sinkronisasie

as gevolg van hitte- of droogtestremming. Stuifmeel was reeds

gestort sonder dat enige baard verskyn het.

Hittestremming

Die skade wat hoë temperature aan mielies veroorsaak, loop hand

aan hand met droogtestremming. Neem byvoorbeeld baie warm

gebiede, soos Upington, waar bestuiwing/bevrugting normaal

plaasvind omdat die turgordruk/waterpotensiaal van plante vol-

doende is as gevolg van besproeiing. Dit is dus belangrik dat die

baard nie verwelking ondergaan nie. Normaalweg gaan hittestrem-

ming gepaard met lae tot baie lae humiditeitstoestande.

Onder besproeiing word ‘n mikroklimaat geskep met beter en hoër

humiditeitstoestande. Die baard is teen ‘n laer temperatuur (30°C

tot 32°C) al sensitief vir hittestremming omrede dit grootliks uit

water bestaan, veral as dit met swak humiditeitstoestande ge-

paardgaan. Die stuifmeel daarenteen is eintlik droog en is minder

sensitief vir hitte- en/of droogtestremming.

Die lewensvatbaarheid van stuifmeel word eers nadelig by tem-

perature van 35°C en hoër beïnvloed, terwyl temperature van

hoër as 38°C die stuifmeel kan doodbrand. Gewoonlik vind be-

stuiwing vroeg in die oggend plaas wanneer die temperature nog

nie die hoë vlakke bereik het nie. Stuifmeel leef vir een dag, maar

die stuifmeelstortingsperiode strek vir sowat sewe tot tien dae.

Solank daar voldoende grondvog is om aan die plant se behoef-

tes te voorsien, vind suksesvolle bestuiwing dus gewoonlik ge-

redelik plaas.

Ander oorsake van swak bestuiwing

Insekte wat die baard afvreet – soos in party gevalle gekry word

met bolwurmbesmetting.

Baard wat nie te voorskyn kom nie en ‘n bol vorm (

silk jamming

)

aan die binnekant van die skutblare. Die verskynsel is gewoon-

lik die oorsaak van redelike verskille tussen dag- en nagtempera-

ture in die tyd wat die baard moet verskyn.

Onkruiddoders wat buite die aanbevelingperiode gespuit is of

met ander onverenigbare middels gemeng word. ‘n Algemene

voorbeeld is glifosaat wat ná die ware agtblaar-stadium in die

kelk gespuit word. In alle gevalle moet die etiketaanwysings

baie deeglik nagekom word en is dit ook belangrik om op

waarskuwingsetikette te let.

Alhoewel daar basters is wat beter as ander in ‘n droogtestrem-

mingsjaar vertoon, is die biologiese proses by almal dieselfde en

is dit nie baster spesifiek nie. Dit is gewoonlik net die graad wat

verskil en baie hang natuurlik af van die tydsberekening van die

plantdatum, blomdatum of ‘n reënbui op ‘n spesifieke stadium.

Vir meer inligting, kontak Pieter Rademeyer by 082 776 5583 of jou

naaste landboukundige.

4: Bolwurm wat die baard afvreet.

4