Background Image
Previous Page  34 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

32

Koppe bymekaar gesit

tydens wegbreeksessies

D

ie landswye droogtetoestande het by al die wegbreekses-

sies van Kongres 2015 aansienlike aandag gekry. Sessies

is ingelig oor die planne wat Graan SA maak om hulp aan

produsente te verleen.

Ook die liggingsdifferensiaal het oudergewoonte baie aandag ge-

niet. By die Mieliewegbreeksessie is inligting gegee oor moontlike

nuwe JSE-markinstrumente wat dié kwessie dalk aansienlik kan

beïnvloed.

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

SA

GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

Wintergraan

Mielies

MNR ANDRIES THERON TREE AS VOORSITTER OP.

MNR LOUW STEYTLER TREE AS VOORSITTER OP.

Omdraaistrategie

Theron gee terugvoer oor die koringbedryf se pogings om die be-

dryf te laat herleef. Die korttermyndoelwitte het onder meer gefokus

op die minimum uitlaaiwaarborg, verlaging van minimum proteïen-

vlakke en verlaging van 4% tot 2% in die graaddifferensiaal. Goeie

vordering is aanvanklik gemaak, maar weens probleme met die mini-

mum uitlaaiwaarborg, was die JSE genoodsaak om die termynkon-

trak vir Desember 2015 onveranderd te laat.

Die mediumtermyndoelwitte wat vir einde April 2015 gestel word,

sluit in die verwydering van die kultivarlys van die Wet op Land-

bouprodukstandaarde en die behoud daarvan onder die Wet op

Plantverbeterings, differensiasie tussen ingevoerde koringgrade-

ringsdata en hersiening van vrystellingskriteria se toleransievlakke.

Totdat die bedryf konsensus oor die verskillende voorstelle kan

bereik, sal die JSE die nuwe seisoen termynkontrakte lys om teen

‘n verwysingsgraad van 12% broodkoring te verhandel. Mnr Dissie

Kruger (produsent van Hopetown) rig ‘n spesiale versoek dat die

1,6 mm sif in stede van die 1,8 mm sif deur die koringbedryf gebruik

moet word.

Navorsing

Dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA) lig die

sessie in oor ‘n ooreenkoms tussen Graan SA en die Departement

van Wetenskap en Tegnologie om ‘n nasionale voorteelprogram te

befonds en op die been te bring. Die Universiteit van Stellenbosch is

getaak om die program te bestuur.

Tantieme op saad

Mnr Wessel Lemmer (senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA)

lewer ‘n voorlegging oor die beoogde tantieme model vir oopbe-

stuifde gewasse. Die terughouding van groot hoeveelhede saad

verhoed die saadbedryf om in die koringbedryf te belê en beperk

toegang tot die nuutste saadtegnologie. ‘n Tantieme model is voor-

gestel en die tantiemekomitee bestaan uit Graan SA, SANSOR,

AgbizGrain en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Chemiese middels

Mnr Jurian Schreuder (Hopefield) lewer ‘n voorlegging rakende die

koste aan chemiese middels vir produsente in die Wes-Kaap. Hoë

marges tussen produsente en groothandelaars is deel van die pro-

bleem. Die sessie beveel aan dat die chemiese bedryf genooi word

om gesprekke met Graan SA aan te knoop om probleme aan te

spreek.

Liggingsdifferensiaal

In ‘n besprekingspunt wat mnr Hennie Visser (Piketberg) voorberei

het, wys hy op ‘n ondersoek wat deur ‘n groep graanprodusente van

die Wes-Kaap in samewerking met die Nasionale Landboubemar-

kingsraad gedoen word om die regverdigheid van die huidige

graanbemarkingsisteem te ondersoek. ‘n Opname onder koring-

produsente in 2014 het aan die lig gebring dat die meerderheid

produsente handelaars in die fisiese mark gebruik en nie die Ter-

mynbeurs nie.

Uitvoerbevordering

Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) gee

‘n oorsig van wat gedoen word om uitvoermarkte te bevorder. Só

is daar in Desember 2014 ‘n ooreenkoms met China geteken en is

kopers in die Midde-Ooste deur Wessel Lemmer (Graan SA) besoek.

Die eerste vrag mielies is reeds aan Saoedi-Arabië gelewer. Daar

word ook gefokus op uitvoere na Egipte waar daar egter haakplekke

rondom GMO-produkte is.

Graan SA se uitvoerstrategie behels onder meer volhoubare groei,

hoër handelswinste en diversifikasie. Die vergadering keur die

strategie goed. Mnr Neels Ferreira (voormalige voorsitter van

Graan SA) rig ‘n versoek dat daar ook gekyk moet word na elemente

(infrastruktuur) wat mededingendheid in die wêreldmark negatief

beïnvloed. De Villiers meld dat hy ‘n vergadering met die hawe-

owerhede en silo-eienaars in die Durban-hawe gehad het. Hy spreek

sy kommer uit oor hulle infrastruktuurplan ten opsigte van graan

wat op die langtermynlys van prioriteite geplaas is.

Inligting oor mielieprodukte

‘n Mielieforumaansoek is by die Minister van Landbou, Bosbou en

Visserye ingedien om statutêre inligting te verkry rondom mielie-

meel wat gemaal word. Die minister het dit goedgekeur en die

Mielietrust het die befondsing vir die aansoek goedgekeur. Die Suid-

Afrikaanse Graan Inligtingsdiens (SAGIS) is in die proses om reke-

naarstelsels in plek te kry en ook om die registrasies af te handel.