Background Image
Previous Page  31 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 31 / 92 Next Page
Page Background

Fokus steeds om tot diens te wees

van graanprodusente

T

ydens die afgelope Kongres het Graan SA ook terugvoer

gegee aan lede rondom die resultaat van die heffinginkom-

ste vir die 2014/2015-seisoen. Alhoewel droogtetoestande

heers oor die land en meeste produsente se oeste skraal

lyk, was daar steeds ‘n ongelooflike positiwiteit onder produsente

en is die rekordheffing vir die 2014/2015-jaar ook met dié gemoed

ontvang. Die 2014/2015-oes was ‘n rekordoes en die verhoging van

die heffing in 2014 het verseker dat Graan SA se reserwes aangevul

kon word om voorsiening te maak vir die tekorte wat gely gaan

word weens die droogtetoestande vir die 2015/2016-bemarkingsjaar.

Inkomste

Graan SA het ‘n rekordheffinginkomste gerapporteer van R18,76 mil-

joen in vergelyking met die vorige jaar se rekord van R11,67 miljoen.

Hierdie groei is die resultaat van twee faktore, naamlik die rekord-

oes van die vorige seisoen en ook die verhoging in die heffing in

2014. Die inkomste het vir ‘n surplus van ongeveer R3,88 miljoen

rand op die heffingsfonds gesorg. Die surplus sal na die reserwes

geallokeer word om die nodige tekorte te dek vir die nuwe seisoen

wat ontstaan het weens die oorheersende droogtetoestande.

Agente

Die vordering van die heffing raak al hoe meer uitdagend soos

wat die mark groei en daar al hoe meer kopers die mark betree.

Dit verg van Graan SA om vennootskappe met al die kopers en

handelaars aan te gaan. In die vorige jaar het die aantal agente

verhoog vanaf 34 na 40. ‘n Woord van dank word ook uitgespreek

aan agente wat die invordering van die heffing bewerkstelling deur

hulle kanale.

Ledetal

Graan SA se fokus is om tot diens te wees aan sy lede. Dit is ook

bemoedigend om te weet dat die hoeveelheid opbetaalde lede

gegroei het na 3 063 vanaf 2 409. Die totale bydraende lede is effens

minder as die vorige jaar. Met ‘n totale ledetal van 5 250 is dit duide-

lik dat Graan SA ‘n goeie verteenwoordiging is van graanprodusen-

te in Suid-Afrika.

Grondboonheffing

‘n Voorstel is ook aanvaar deur Kongres om die heffing op grond-

bone te verminder vanaf R13 na R10. Hierdie verandering is voorge-

stel om die gewig van die gradering in die heffing te reflekteer.

Kongres het dié besluit eenstemmig aanvaar en die heffing word

dus vanaf 5 Maart bereken op R10/ton vir grondbone. Alle ander

gewasse se heffing is onveranderd gelaat en word vervat in

Tabel 1

.

Dankie

Graan SA is ‘n produsente-organisasie en die heffinginkomste

is die hartklop van die liggaam om sy werksaamhede voort te sit.

Mnr Andries Theron (visevoorsitter van Graan SA en voorsitter van

die Bemarkingswerkgroep) het sy dank teenoor lede uitgespreek vir

die getroue bydrae wat hulle lewer en hul die nodige gerusstelling

gegee dat die fokus steeds daarop uit is om tot diens te wees van

graanprodusente in Suid-Afrika.

29

April 2015

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

GEWAS

HEFFING

Mielies

R2,50

Sojabone

R5,00

Sonneblom

R5,00

Sorghum

R2,50

Grondbone

R10,00

Koring

R3,00

Kanola

R4,00

Gars

R3,00

Alle ander grane

R3,00

TABEL 1: HEFFING OP GEWASSE.

Alle bedrae is BTW uitgesluit

Willem Voogt brei uit oor die bedryfsheffing en die 2015/2016-begroting.

Andries Theron het sy dank teenoor die lede uitgespreek vir die getroue

bydrae wat hulle lewer.