April 2015
10
Bemagtigingsmodelle
wat in die Wes-Kaap werk
I
n die eerste deel van hierdie artikel (in die Maart-uitgawe van
SA Graan/Grain
) is na die eerste stappe gekyk wat hulle op
Windheuwel en Genadeshoop Boerderye gevolg het: Vergifnis,
opoffering, opleiding, eie grond/sekuriteit en eienaarskap.
Die res van die stappe word vervolgens bespreek.
Stap 6 en 7: Ondersteuning
Die kontrakteurs het ondersteuning nodig en hulp moet verleen
word sodat hulle so goed as moontlik in hul kontrakarea kan werk,
met behulp van byvoorbeeld beter tegnologie (GPS) sodat ander
tyd/koste-besparende aksies toegepas kan word.
Dit is hier waar langtermynfinansiering nodig is. Dit is egter af-
wesig in Suid-Afrika by tradisionele banke en bly ‘n groot uitda-
ging. ‘n Mens wil nou graag wegbeweeg vanaf krisisbeheer na
langtermynvoorkoming.
‘n Werkswinkelbestuurder is aangestel wat moes toesien dat alle
dienste getrou gedoen word en dat alle toerusting altyd reg is vir
werk. Die werkswinkel moet toerusting in sekere tydgleuwe diens.
Buiten kontrakwerk, is daar ook baie ander take op die plaas wat
gedoen moet word (onderhoudswerk, diere, voer en draadwerk).
Daar is besluit op ‘n uur/dagloon..
Die begunstigdes is die vryheid gegun om self te besluit wat hulle
wou doen, maar met die verstandhouding van geen werk geen
betaling. Die vennote van verskillende besighede moes nou leer
om goed, hard en effektief met mekaar saam te werk. Soms word
ander kennisse wat behoeftig is gevra om sekere werke onder kon-
trak te doen.
Op Donderdae word vir die volgende week beplan en word dit in
die bymekaarkomplek op ‘n kennisgewingbord geskryf. Elkeen van
die manne is gemotiveerd om hard te werk en ekstra te doen, so-
dat hulle die voordeel kan trek om so gou moontlik toerusting af te
betaal en dan “een voor” te wees.
Namate masjinerie afbetaal word, kan die individu beter toerusting
aanskaf, wat hom weer in ‘n beter (meer hektare teen laer kostes)
posisie plaas. As masjinerie afbetaal is, sal daar groter winste toon,
wat begunstigdes se lewenstandaarde baie sal lig.
Die uitdaging vir die individu is om nou gefokus skuld af te handel.
Geen uitgawes buite die begroting moet aangegaan word nie.
Eerste dinge eerste. Die versekering moet egter gegee word dat
die manne wat die plantkontrakte het, byvoorbeeld altyd die plan-
terkontrakte sal kry, die stropermanne die stroperkontrakte, die
transportman die transportkontrakte en die spuitman die spuit-
kontrakte. Elkeen is dus verseker van hul funksie in die besigheid,
solank as wat die kontrakte goed gediens word.
Hierdie kontrakte word elke sewe jaar heroorweeg. Die eerste
termyn is tot ‘n groot mate ‘n toets vir pa en seun. ‘n Mens sal nou
sien of die wil, dissipline en die regte, positiewe gesindheid daar
is. Met die tweede termyn, word dit egter verleng tot 14 jaar, omdat
die toets dan reeds geslaag is.
Solank as wat die gesindheid en verhoudings op plaas reg is, sal
daar nooit werk agterweë gelaat word nie. Elke persoon het egter
self die vryheid om te kies waar hy sy gewig wil ingooi, maar liefde
sonder dade is nie liefde nie. As mens dus oor tyd selfgesentreerd
aanhou om jouself, jou emosies, begeertes en gevoelens voorop te
stel en die res van die familie tweede, gaan jy jouself uitwerk.
“Papierwerk” en administrasie bly altyd ‘n uitdaging. ‘n Gemeen-
skaplike finansiële administrateur asook ‘n finansiële konsultant/
bestuurder, is aangestel. Alle boerderygegewens, rekeninge, kon-
trakure/fooie en dae gewerk op watter plaas, word nou weekliks
op datum gehou, terwyl die finansiële bestuurder elke Vrydag ‘n
verslag voorhou van presies waar elke boerdery, maar ook elke
individu, teenoor sy begroting staan.
Met tyd sal besef word hoe belangrik dit vir vennote is om hier-
die inligting deurentyd te hê, om sodoende op ‘n ingeligte wyse
besluite te kan neem. Daar is ‘n reëling dat een persoon (die voor-
sitter) teen ekstra vergoeding almal help dat hulle gegewens reg en
betyds deurgegee word.
Dit is vir almal belangrik dat daar een finansiële kantoor is wat al-
mal diens en omdat ons inmekaargevleg is, moet almal ‘n bydrae
maak om salarisse aan die finansiële kantoor te betaal. Só kan
hierdie koste vir almal laer gehou word. Vanaf die finansiële kan-
toor se kant kan hulle weer beding vir ‘n beter prys by ‘n boekhouer
en vir ‘n belastingopgawe. ‘n Samewerkingsooreenkoms is tussen
die onderskeie besighede opgestel.
In ons geval, het manne die gebruik van die werf om hulle besigheid
vanaf te bedryf, verblyf in huise asook die stoor van toerusting in
store, mentorskap en ook hulp met sekuriteit (plaaskoop), in ruil
daarvoor dat:
Elkeen self vir sy huis/erf verantwoordelikheid neem vir die
instandhouding en verbetering daarvan.
Ook is elkeen verantwoordelik vir eie krag/water/vullisverwy-
dering.
Elkeen het ook ‘n verpligting om die verantwoordelikheid te
neem vir die area op die werf waar sy toerusting gehou word en
om dit netjies te hou.
Werf-, plaas- en huisreëls, wat redelik streng is, om ‘n hoë
standaard te handhaaf, moet deurlopend eerbiedig word.
Hierdie samewerkingsooreenkoms word jaarliks hersien. Daar
is egter ook ooreengekom dat wanneer toerusting afbetaal is,
die kontrakteur dan vorentoe huur gaan betaal vir stoorplek. Dit
is ‘n motivering om groter te dink en te spaar vir byvoorbeeld ‘n
industriële erf. Ook om ‘n eie plaas af te betaal en nog ‘n plaas met
store aan te skaf.
Dit is baie belangrik dat die finansiële kantoor beman word deur
hulpvaardige mense met groot harte. Hulle speel ‘n baie groot rol
GRAAN SA
STEPHANUS RICHTER,
produsent, Windheuwel en Genadeshoop Boerderye, Piketberg
– Deel 2b