WILLEM VOOGT,
bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA
LEDE-LANDSKAP
‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite
Graan SA-streeksvergaderings is
weer ‘n belangrike raakpunt
g
raan SA gebruik streeksvergaderings om op ‘n jaarlikse
basis op ‘n persoonlike vlak met produsente te kommu-
nikeer rakende die werksaamhede van Graan SA en ook
om die toekomstige strategiese fokusareas aan produ-
sente mee te deel.
Tydens die vergaderings word daar verder in detail gekyk na graan-
markte en die syfers rondom die vraag en aanbod-scenario’s. ‘n
Oorsig van inset- en produksiekostes per gewas is ook voorgehou
gegewe die huidige insetpryse wat heers.
Dit skep ook die ideale geleentheid vir lede om belangrike knelpunte
in hul streek onder die Dagbestuur van Graan SA se aandag te bring.
Voorts besluit lede ook na afloop van die vergaderings oor wie die
afgevaardigdes na Kongres sal wees.
Soos Suid-Afrikaners dit goed kan doen, geniet elke streek ná hul
onderskeie vergaderings ook ‘n gesellige saamkuier. Die afgelope
reeks vergaderings is teen einde Februarie afgehandel en was ‘n
reuse sukses. Ten spyte van die droë toestande in meeste gebiede,
ervaar ons ‘n ongelooflike positiwiteit onder lede.
Welcome
Elray Stuurman was appointed
in December 2014 as supporting
officer in the Marketing divi-
sion. Prior to joining Grain SA,
Stuurman worked at Potatoes
South Africa as a transformation
administrator. –
Coretha Usher,
HR officer, Grain SA