Previous Page  46 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 46 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

44

Voorgestelde veranderings

in

koringgradering

D

ie koringbedryf werk al meer as vier jaar aan ’n om-

draaistrategie. Een van die mikpunte in dié strategie was

om die graderingsmaatreëls te verander. Talle gesprekke

en onderhandelings het binne die forum – en meer spesifiek

binne die Handels- en Bemarkingswerkgroep – plaasgevind.

Verskeie voorstelle is gemaak en mandate is vir elke weergawe

vanaf produsente deur die Wintergraanwerkgroep asook tydens

Graan SA Kongres en produsente-inligtingsdae ontvang. In die

middel van 2018 was daar uiteindelik ’n werkbare voorstel waarmee

al die partye in die forum tevrede is.

Die voorstel is by die Koringforumvergadering goedgekeur vir

indiening by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Wat behels die nuwe

voorgestelde gradering?

Die verandering wat binne die forum voorgestel is, is in

Tabel 1

aangebring. Die nuwe voorstelle is besonder voordelig vir pro-

dusente in dié sin dat produsente ’n graad sal kan produseer wat

vergelyk kan word met invoere en internasionale standaarde sonder

om die kwaliteit van koring te laat daal.

Produsente kan ook op insette bespaar in die sin dat stikstoftoedie-

ning verminder kan word weens die laer proteïenvlakbehoefte.

Volgens ’n studie wat vroeër verlede jaar deur Buro vir Voedsel-

en Landboubeleid (BVLB) gedoen is, kan die besparing gemiddeld

in die orde van R222/ha wees. Dit hang natuurlik grootliks af van

klimaatsomstandighede en individuele praktyke. Neem ook in ag dat

ons stikstof – en totale produksiekoste – volgens die International

Agri Benchmark-program wat die BVLB in Suid-Afrika verteenwoor-

dig, van die duurste in die wêreld is.

Natuurlik is die insluiting van die super graad ook ’n positiewe punt

vir produsente omdat dit nog steeds vir die produsent wat ’n hoë

proteïenvlak koring produseer, ’n spasie in die mark bied. Dit is ’n

beduidende voordeel as ’n mens in ag neem dat die produsent ook

hiervoor vergoed sal word.

Die feit dat die gradering meer simplisties en homogeen is, beteken

ook dat die produsent ’n regverdiger prys vir sy kommoditeit sal kry.

Is dit op die regte vlak? Verseker nog nie: Grotendeels omdat die

Suid-Afrikaanse pryse afgelei word van die Russiese koringprys. Dit

lewer egter ’n bydrae om in die omdraaistrategieproses nader aan

’n prys, wat die kwaliteit van die produk reflekteer, te beweeg.

Verdere stappe met die oog daarop om nader aan die regte prys

vir die regte kwaliteit te beweeg, is om die invoertarief opnuut te

analiseer en om die opbrengs te verhoog deur middel van nuwe

genetika.

Die verandering is slegs ’n verandering in die proteïenvlak binne

die gradering van koring en veroorsaak nie dat die Suid-Afrikaanse

OP PLAASVLAK

Koringbedryf / Omdraaistrategie / Graderingsmaatreëls

Gradering

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

GRADE MINIMUM PROTEÏENE* HLM

VALGETAL

Super

12,5%

76 kg 250 s (30 s-afwyking)

B1

11,5%

76 kg 250 s (30 s-afwyking)

B2

10,5%

76 kg 250 s (30 s-afwyking)

B3

9,5%

74 kg 250 s (30 s-afwyking)

TABEL 1: KORINGGRADERING.

TABEL 2: PRYSVERSKILLE TUSSEN GRADE.

GRADE

MINIMUM PROTEÏENE PRYSVERSKIL

Super

12,5%

+2%

B1

11,5%

Basis

B2

10,5%

-1%

B3

9,5%

-4%

GRADERING TANS

NUWE GRADERINGSVOORSTEL

GRADE PROTEÏENE HLM VALGETAL PRYSVERSKIL* GRADE PROTEÏENE HLM VALGETAL PRYSVERSKIL

Super

12,5% 76 kg

250 s

+2%

B1

12% 77 kg

250 s

Basis

B1

11,5% 76 kg

250 s

Basis

B2

11% 76 kg

250 s

-2%

B2

10,5% 76 kg

250 s

-1%

B3

10% 74 kg

250 s

-4%

B3

9,5% 74 kg

250 s

-4%

B4

9% 72 kg

200 s

-6%

Utiliteit

8% 70 kg

150 s

-8%

* ± word op formulebasis by JSE bereken

TABEL 3: OPSOMMING VAN GRADERING EN PRYSVERSKILLE.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

* 12% vog