Previous Page  47 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 47 / 68 Next Page
Page Background

45

February 2019

koring se gehalte sal verlaag nie. Die intrinsieke waarde van koring

bepaal die gehalte. Dit word grootliks deur middel van genetika en

klimaatsomstandighede geaffekteer.

Wat is die prysverskilvoorstelle?

Deel van die gesprekke wat tydens die gradering plaasgevind het,

het op die prysverskille tussen verskillende grade gefokus. Daar is

boonop konsensus binne die forum bereik – sien die prysverskille

tussen die grade in

Tabel 2

.

Dit beteken dat die prys wat by die JSE verhandel gaan word ’n B1

sal wees – wat die basis sal vorm. Die super graad sal teen ’n basis

+2% wees, B2 sal basis -1% wees en die B3 sal basis -4% wees.

Dít hou ’n groot voordeel vir die produsent, maar ook vir die kopers

van koring, in.

Vir die produsent beteken dit dat daar nou slegs -1%-aftrekking

tussen B1 en B2 is, wat beteken dat die produsent in die huidige mark

ongeveer R45/ton meer kan kry vir B2-koring.

Die feit dat daar ’n voorstel vir ’n premie op super graad (12,5%) is,

beteken dat produsente wat ’n hoë proteïenvlak-koring produseer,

ook addisionele vergoeding sal geniet.

In die huidige mark is die B1 Safex-prys ±R90/ton. As net dit oor-

weeg word, is daar reeds vir koringprodusente ’n beduidende

voordeel beding ten einde die verbouing van koring meer volhoubaar

te maak.

Vanaf ’n Graan SA-bemarkingsoogpunt is dit verblydend dat ons

deel van ’n proses kon wees om hierdie voordeel vir Suid-Afrikaanse

koringprodusente te bewerkstellig.

’n Opsomming van die veranderinge is in

Tabel 3

aangebring.

Wat behels die proses wat nog gevolg

moet word?

Die mikpunt bly om hierdie gradering in die 2019-seisoen in werking

te stel, maar daar is eers ’n paar stappe wat gevolg word.

Gradering:

Ten tye van die skryf van die artikel was die forum besig om

die aansoek vir verandering op gradering by die Departement

van Landbou, Bosbou en Visserye in te dien. Dit moet dan deur

die normale aansoekproses gaan, deur byvoorbeeld in die

Staatskoerant gepubliseer te word. Die Minister van Landbou sal

dit dan moet goedkeur en afkondig.

Die forum het die JSE in kennis gestel dat daar ’n moontlike

verandering in gradering met die voorgestelde verandering gaan

plaasvind.

Daarby is die voorstel van die veranderinge in die graadprysver-

skille ook aan die JSE gestuur.

Die veranderinge is uiters positief en Graan SA is van mening dat

dit produsente in die toekoms kan ondersteun om koring meer

volhoubaar te produseer.

Onthou: Alle entings word nie noodwendig

in die mortaliteit weerspieël nie, maar ’n

groot persentasie in die kalfpersentasie

gereflekteer.

Grafiek 2 (op bladsy 41) illustreer dat die

produksiewaarde tussen 3,5% mortaliteit

en 15% mortaliteit ongeveer R400 is terwyl

die besparing in kostes ongeveer R117 is.

Dit maak nie sin om entings nie te doen nie.

Praat met ’n veearts in jou gebied om die

regte entings vir jou area te kry.

Hoë kalfpersentasies is

ononderhandelbaar

Kalwers is die kommoditeit wat in ’n

speenkalfstelsel verkoop word. Hoe meer

doeltreffend en effektief jy as produsent is,

hoe meer kalwers sal beskikbaar wees om

verkoop te word. In

Grafiek 3 (

op bladsy 41)

is die effek van verskillende kalfpersentasies

aangebring.

Dit bewys dat produsente alles in hul

vermoë moet doen om soveel as moontlik

kalwers tot op bemarkingsvlak te produseer.

Jy as produsent moet dus sorg dat daar ten

alle tye genoeg weiding beskikbaar is, dat

die regte lekke en voer betyds gevoer word,

die entings tydig gedoen word en die bulle

in staat is om hul werk te doen – om net ’n

paar faktore te noem.

Swaarder kalwers bring meer geld in. ’n

10%-verandering in kalfmassa met verkoop

het ’n dramatiese invloed op die uiteindelike

winsgewendheid. Uit berekeninge wat

gedoen is deur net die speenmassas met

10% te verhoog, het die inkomste vir

die stelsel met ongeveer R200 per GVE

verhoog. Doen alles in jou vermoë om die

kalwers so swaar as moontlik te kry en dat

die gemiddelde daaglikse toename (GDT)

van die kalwers die beste is wat dit kan

wees.

Gegewe die verwagting dat die pryse dalk

vir die komende seisoen relatief sywaarts

kan beweeg, sal produsente moet klem

lê op die effektiwiteit en doeltreffendheid

van produksie. Doen moeite om jouself

te evalueer en te vergelyk met ander pro-

dusente. Op dié manier kan jy die wins-

gewendheid van jou boerdery verhoog.

Evalueer jou

beesboerdery

gereeld krities vir volhoubaarheid

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Hennie van Zyl 2012