Previous Page  22 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 22 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

20

G

rondbone word in Suid-Afrika op ’n heelwat kleiner skaal

as die vier groot graangewasse, naamlik mielies, koring,

sojabone en sonneblom, aangeplant. Die grondboon-

bedryf is in vele opsigte uniek met ’n verskeidenheid

uitdagings, maar bied ook net soveel geleenthede.

Dink byvoorbeeld aan die bemarkingskanale wat radikaal van an-

der gewasse verskil. Grondbone is in dié opsig een van die min

graangewasse waar ’n mens wel vergoed word vir die gehalte van

die graan. Produksiepraktyke moet dus nie net die gewenste

opbrengs tot gevolg hê nie, maar ook grondbone van voortref-

like gehalte.

By die aanplant van grondbone moet die geskiedenis van die

beplande lande deeglik bestudeer word. Gee aandag aan die

volgende belangrike aspekte:

Maak seker die grond is nie suur nie en dat voldoende kalsium

en magnesium vir opname beskikbaar is. Bekalking die jaar voor

aanplanting is ’n slim praktyk.

Bemes voldoende stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K), swael

(S), kalsium (Ca) en magnesium (Mg) volgens die potensiaal.

Genoegsame fosfaat, kalium, swael, kalsium en sink is belangrik

vir normale groei en ontwikkeling om ’n hoë opbrengspoten-

siaal en bevredigende gehalte te bewerkstellig. Bespreek be-

mestingsbeplanning met ’n kundige adviseur.

Plant verkieslik ’n mielieland wat met glifosaat en grasdoders

skoongehou is of waar betreklik min atrasien/breëblaar-on-

kruiddoder toegedien is (teen dosisse wat geskik is vir wissel-

bou met grondbone). Atrasien en ander breëblaar-onkruiddoders

kan oordra na die grondbone, en opbrengs en gehalte drasties

inperk. Bespreek onkruidbeheer met ’n kundige adviseur.

Grondbone is een van die beste wisselbougewasse – veral in

rotasie met mielies. Ongelukkig het wisselbou ook nadele soos

winderosie wat dikwels die opvolgende mielieoes van potensiaal

ontneem.

Oesreste van die voorafgaande mielieoes is soms ’n uitdaging

en kan vroegtydig ingeploeg word. Waar ’n diep rippraktyk as

bewerkingsmetode toegepas word, kan dit bo-op die grond

gehou word.

Grondbone kan elke vyf jaar op droëland geplant word en elke

drie jaar onder besproeiing – mits daar nie voorheen siektes

soos swartpeul- of Sclerotinia-vrot voorgekom het nie.

Lande wat oorgelê het en skoongehou is, bekalk is en ’n bietjie

meer klei (7% - 10%) in die bogrond het, is die beste opsie vir die

aanplant van grondbone. Die grootste voordeel hiervan is dat

daar met betreklik min reën redelik vroeg in die seisoen geplant

kan word.

Die besluit om grondbone aan te plant word agt uit tien keer uit

’n koste-oogpunt geneem. Daar word aanvaar dat die gewas heelwat

goedkoper as van die ander graangewasse verbou kan word. Dit is

wel waar wat die kort termyn betref, maar beslis nie as dit op die lang

termyn betrekking het nie.

As grondbone as ’n marginale gewas bestuur word, sal dit selde die

wins per hektaar van ander graangewasse oorskry. Die teendeel

is egter waar sou die gewas goed bestuur word – met voortreflike

opbrengs en gehalte as resultaat. In hierdie geval is daar geen

graangewas wat grondbone sal klop nie.

Lesse tydens planttyd

By grondbone is die plantdatum krities en daar moet minstens

’n rypvrye periode van ±150 dae wees ten einde volwassenheid

te bereik. Die ideale plantdatum is dus vanaf Oktober tot

25 November.

WAARDEVOLLE

grondboonwenke

FOKUS

Grondbone

Mini-

KOBUS VAN ZYL,

senior landboukundige, Omnia Kunsmis

Grondbone is in dié

opsig een van die

min graangewasse

waar ’n mens wel

vergoed word vir

die gehalte van

die graan.

PLANTE/HA

TUSSENRYSPASIËRING (M)

0,3

0,45

0,6

0,75

0,91

1,52

444 444

296 296

222 222

177 778

146 520

87 719

445 000

300 000

225 000

180 000

150 000

90 000

KG SAAD/HA

60/70 (±2 321 sade/kg)

191

127

96

76

64

39

70/80 (±2 678 sade/kg)

166

112

84

67

56

33

Aangepas uit

Grondbone, altyd ’n wenner

, CJ Swanevelder

TABEL 1: PLANTESTAND (PLANTE/HA EN KG SAAD/HA) VIR VERSKILLENDE RYWYDTES OM VOLDOENDE STAND TE REALISEER,

MET 75 MM-INRYSPASIËRING.