Previous Page  98 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 98 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

96

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

Van die inskrywings tydens verlede jaar

se NAMPO Oesdag.

L

andbou Boereplanne – dit is hoe die voor­

malige Boerepatente-kompetisie voortaan

bekend staan.

Landbouweekblad

is van vanjaar af

ook ’n vennoot in die kompetisie wat reeds

vir meer as 30 jaar ’n vaste instelling by die

NAMPO Oesdag is. Mnr Chris Schoonwinkel (dag­

bestuurslid van Graan SA) wat Graan SA al vir meer

as ’n dekade by dié kompetisie verteenwoordig, sê

dat

Landbouweekblad

se betrokkenheid na ver­

wagting tot meer inskrywings sal bydra.

Saam met die nuwe mediavennoot en die

nuwe naam, het die afdelings waarin deelgeneem

word, ook verander. Deelnemers kan in enige van

dié afdelings deelneem:

Afdeling A: Nuut – masjinerie, implemente en

landboutoerusting

(rekenaarprogrammatuur,

slimfoontoepassings en enige ander tegnologie

ingesluit).

Afdeling B: Gemodifiseerd – masjinerie, imple­

mente en landboutoerusting (rekenaarprogram­

matuur, slimfoontoepassings en enige ander

tegnologie ingesluit).

Afdeling C: Gereedskap – alle gereedskap (elektries of nie-elek­

tries).

Afdeling D: Huis en tuin – planne wat in en om die huis, asook in

die kombuis aangewend kan word.

Afdeling E: Ope – enige item wat nie in die ander afdelings inpas

nie, met ’n vervaardigingskoste van minder as R5 000.

Oorsprong van die kompetisie

Chris vertel dat die kompetisie sy oorsprong gehad het by kuns­

misverteenwoordigers wat op plase gekom en gesien het watter

vindingryke planne produsente gemaak het om hul boerderye glad

te laat verloop – hetsy ’n nuwe ontwerp of ’n aanpassing aan ’n

bestaande landbou-implement.

“Daar is gevoel dat ander hierby kon baat vind en dat die idees

gedeel moes word. Só het die kompetisie ontstaan.”

Omnia Nutrilogie

®

borg die kompetisie en prysgeld al vir meer

as 30 jaar.

Deelnemers is self vir die vervoer van hul inskrywings na Bothaville

verantwoordelik, tensy anders met Omnia Nutrilogie ooreengekom.

Die planne word by NAMPO Oesdag – Standplaas 2B, langs Omnia

– uitgestal en word op die eerste dag (14 Mei) beoordeel. Die beoorde­

laars sal veral oplet na doelmatigheid, netheid en die doeltreffende

werking van die plan.

Die prysuitdeling is op Donderdag (16 Mei). Indien wenners nie

teenwoordig is nie, sal die prysgeld verbeur word.

Die kompetisie het mense oor die jare aangemoedig om skep­

pend te dink. Chris sê dat daar ’n handvol deelnemers is, onder

hulle twee oudonderwysers, wat jaar na jaar deelneem en met blink

planne vorendag kom. Een van die gereelde deelnemers het sowat

twee jaar gelede die gedeeltelike gebruik van sy hand verloor, maar

hy kom desnieteenstaande steeds met puik ontwerpe te voorskyn.

NAMPO Kaap

Die Boereplanne-kompetisie gaan vanjaar ook vir die eerste keer by

NAMPO Kaap wees. Chris vertel dat hy verlede jaar een aand na ’n

dag by NAMPO Kaap in ’n ry gestaan het om kos te koop. Iemand

anders in die ry het met hom begin gesels en gou het die gesprek om

NAMPO Kaap gedraai. Die man het toe vertel hoe teleurgesteld hy

was omdat die boerplanne nie daar was nie.

Chris het nie gras onder sy voete laat groei nie en die organi­

seerders oorreed om hierdie kompetisie ook in die Kaap aan te bied.

“Alles sal dieselfde wees – kategorieë, beoordelingskriteria en borge

– slegs die beoordelaars sal verskil.”

SA Graan

/Grain redaksiespan

Belangstellendes kan Chris Schoonwinkel by

082 492 7308 of

chris@morningside.co.za

of Wim Venter (Oesdagbeampte) by

086 004 7246 of

wim@grainsa.co.za

kontak.

Nuwe baadjie

vir boereplanne