Previous Page  94 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 94 / 140 Next Page
Page Background

92

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Van die beste diere van Suid-Afrikaanse telers word by NAMPO vertoon.

AKTUEEL

“Ons het ʼn versoek van die Friesperdtelersgenootskap ont­

vang waarin hulle gevra het dat ons die ring groter moet maak,

aangesien hulle nie ’n perdeprogram in sy geheel kan aanbied en

vertoon nie, omdat die ring te klein geword het.

“Na bespreking het die Oesdagkomitee besluit om die ring

te skuif tot agter die Beeskompleks. In dieselfde asem het ons die

parade-ring toe ook groter gemaak om die perdegenootskappe

vanjaar en in die toekoms beter te akkommodeer. Waar die ring

langs die Caltex-saal was, vestig ons ses nuwe standplase

met veeverwante uitstallers.”

Besoekers sal opmerk dat die Kleinvee­

kompleks, wat produsente dalk beter ken

as die Skaapkompleks, vanjaar op die

terrein en in die program sal bekend

staan as die BKB Kleinveekom-

pleks. Wim bevestig dat die

geleentheid vir ’n nuwe naam­

borg deur BKB aangegryp is.

Die geboue sal vir minstens

die volgende drie jaar BKB

se naam dra.

Wildprodusente

Wildprodusente kan met

verwagting uitsien na die

verskerpte fokus wat op

hulle behoeftes by die

NAMPO Oesdag geplaas

word. Terwyl die saal weer

deur van die sleutelrolsplers

in die bedryf gebruik gaan

word, is diepadbuitedie saal

tot naby die heining nou ten

volle geplavei.

Wild- en wildverwante

uitstallers sluit onder meer

Crown National, Kentmaster, Nic

van Rensburg, Nitecore SA, Path­

finder, SA Jagters- en Wildbewa­

ringsvereniging, Wildebees Outdoor

en die WRSA in. Daar is egter steeds

ruimte vir uitstallers wat die voordeel

van een sambreel vir dieselfde voete

wil benut.

Jeugskou

Besoekers wat ’n passie vir dierehan­

tering het en graag die jong klomp

in hulle vaardighede wil ondersteun,

kan uitsien na die jaarlikse NAMPO

Jeugskou. Die spoggeleentheid word

in die nuwe parade-ring, agter die

Beeskompleks, aangebied. Die ver­

skillende kategorieë van die jeug­

skou vind daagliks tussen 10:00 en

12:00 plaas en Vrydag vanaf 13:00

tot 15:00.

Daar is saam met die betrokke

rolspelers besluit om nie vanjaar die

Jong Afslaerskompetisie te hou nie.

Byna al die

veerasse

byeen

>