Previous Page  96 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 96 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

www.nampo.co.za

94

Graan|Grain

G

edurende die wintermaande in die somerreënval­

gebied is een van die grootste probleme wat die

vleisbeesprodusent moet oorbrug, die negatiewe

effek van laekwaliteitweiding op die vermoë van

die dier om voldoende voer, oftewel voedingstow­

we, in te neem om aan sy voedingsbehoeftes te

voldoen.

Laekwaliteitweiding word gedefinieer as weiding wat eerstens

’n lae verteerbaarheid en tweedens ‘n lae voedingswaarde en

meer spesifiek ’n lae proteïeninhoud het.

Omdat weiding die primêre voedingsbron vir die herkouer

onder weidingstoestande is, sal die resultaat van laekwaliteitwin­

terweiding meebring dat die diere nie voldoende voedingstowwe

daaruit kan onttrek nie. Die diere sal dus massa verloor omdat voe­

dingstofinname laer is as dit wat nodig is om te voldoen aan die dier

se behoeftes vir onderhoud of groei.

’n Lekaanvulling se eerste doelwit is om die vermoë van die

rumenmikrobes te verhoog om ruvoer te verteer. Om dit doeltref­

fend te kan doen, benodig die mikrobes proteïen en spesifiek pro­

teïen wat in die rumen afgebreek sal word. Mikrobes gebruik stikstof

en eenvoudige aminosure as voedsel en boustene vir die vorming

van mikrobeproteïene. Die eerste beperkende faktor vir die doeltref­

fende werking van mikrobes is dus stikstof en wel in die vorm van

ammoniak. Die vlak waar die ammoniak in die rumen voldoende

is vir normale werking van mikrobes, is in die orde van 8 tot 10 mg/

100 ml rumenvloeistof. Ten einde dié vlakke van ammoniak in die

beeste se rumen te verkry, is ongeveer 180 g proteïen vanuit die lek

nodig.

Wanneer die vlak van proteïen in die weiding onder 6% daal,

sal dit die beskikbaarheid van proteïen of stikstof aan die mikrobes

nadelig beïnvloed. Dit is dus in dié tye wat die gee van proteïenge­

baseerde lekke ‘n positiewe bydrae sal lewer tot die vermoë van die

mikrobes om verbeterde werking te toon. Dit sal aanleiding gee tot

hoër weidingsinname en verteerbaarheid en gevolglik verhoogde

voedingstofinname.

Die feit dat Molatek gebruik maak van melasse in ons lekke, be­

voordeel die benutting van NPN in aanvullende voeding. Navorsing

wat by die Cornell Universiteit gedoen is en toegepas word in sui­

welrantsoene, het duidelik getoon dat die regte kombinasie en hoe­

veelhede van voedingstowwe soos stikstof (NPN) en energie (suiker

in melasse) die werking van mikrobes en dus verteerbaarheid en die

verskaffing van totale voedingstowwe, verbeter in herkouers.

Om natuurlike proteïen in lekke te gebruik, is egter duur en dit

moet dus aangewend word in tye wanneer dit die voordeel teenoor

die koste sal teruggee. So byvoorbeeld, kombineer Molatek natuur­

like proteïen met NPN in Molatek se Kondisielek. Dit kan deur die hele

winter vir jong, groeiende diere gegee word, asook vir laat-dragtige

koeie aan die einde van die winter, wanneer hul aanvullende pro­

teïenbehoefte hoër as 200 tot 220 g proteïen/koei/dag is.

Lekaanvullings

Die fokus met lekaanvullings moet wees om dit as ’n volledige stelsel

te benader en nie te kompartementeer in seisoene nie. Twee mas­

satydperke is baie belangrik by vleisbeeste, naamlik:

Die piekmassa aan die einde van die somer wat ’n groot invloed

het op die massaverandering wat deur die winter sal plaasvind. Hoe

laer die beginwintermassa, hoe laer sal die massa wees aan die

einde van die winter wat dan die proses van herstel by die koei sal

vertraag en die waarskynlikheid van suksesvolle dekking na kalf ver­

minder. Indien die weidingskwaliteit vroeg verlaag en die koei toon

dat die piekmassa laer en te vroeg gaan wees, moet ’n klaarge­

mengde produksielek soos Kondisielek of die onderhoudslekke,

Molatek se Proteïenlek, Dryveldlek en Wenlek, vermeng met graan

aan die koeie gevoer word. Sorg moet egter gedra word dat koeie

in laatdragtigheid 220 g proteïen en meer, afhangende van raam­

grootte en weidingskwaliteit, in die laat winter ontvang.

Dr Vlok Ferreira,

nasionale tegniese bestuurder: Herkouers, RCL Foods

Winterlekke

dra by tot sukses

P

2019