Previous Page  103 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 103 / 140 Next Page
Page Background

101

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

G

een Oesdagganger hoef verby ’n lafenis vir die dors,

kosstalletjies of ’n winskoop te stap weens ’n gebrek

aan kontant nie. Nedbank, Standard Bank, Absa en

FNB sal vanjaar weer eens sorg dat daar kitsbanke

op verskeie plekke op NAMPO Park beskikbaar is.

As gesinslede dus elk sy eie koers wil kies, kan daar

maklik kontant in elkeen se hand gestop word.

Vir diegene wat egter bietjie meer oor hulle geldsake kopkrap

en graag banksake wil gesels, sal daar verteenwoordigers van al

vier banke op die terrein teenwoordig wees. Kliënte sal met raad en

daad bedien word oor die jongste finansiële dienste en produkte op

die mark.

Indien jy dus die aankoop van daardie groot kruipbandtrekker

oorweeg, kan jy die finansiële sin daarvan daar en dan met jou bank

opneem. Die finansiering kan ook dadelik aangespreek word.

Nedbank stal in die Roodebank Saadkompleks uit, terwyl Standard

Bank op standplaas A32 is. Absa kan besoek word by standplaas B40

en FNB is op standplaas B43.

M

et die bekendheid wat NAMPO as die grootste

landbouskou in die Suidelike Halfrond verwerf

het, is internasionale uitstallers gretig om aan dié

prestigeskou deel te neem. Van die hoofredes is dat

daar in dié proses goeie besigheid gedoen word

en dat daar geen twyfel bestaan nie oor die hoë

standaard wat die Oesdagorganiseerders handhaaf.

Internasionale uitstallers word ’n gulde geleentheid gebied om

vanaf een afsetgebied hulle produkte en dienste nie net aan Suid-

Afrikaanse besoekers by die Oesdag te bemark nie, maar ook aan

internasionale besoekers van ander lande regoor die wêreld, inslui­

tende die res van Afrika.

Vir ons plaaslike landbouers is daar ook die kans om op eie

bodem kers op te steek oor hoe hulle eweknieë van anderkant die

groot waters landbouprodukte en -dienste in die praktyk aanwend.

Vanjaar sal NAMPO weer ’n eg kosmopolitiese teenwoordigheid

weerspieël met 50 uitstallers vanaf Argentinië, die VSA, Frankryk,

Brasilië, Kanada, Italië, Turkye, Oostenryk, China, Denemarke en die

Verenigde Koninkryk.

Heelwat van die onderskeie lande stal in pawiljoene uit, wat

beteken uitstallers van ’n bepaalde land word saam gegroepeer.

Tydens hierdie jaar se NAMPO Oesdag sal Argentinië, die VSA, Italië,

Frankryk, Kanada en die Verenigde Koninkryk onderskeidelik elk ’n

pawiljoen hê.

Kanada vereer NAMPO weer hierdie jaar met sy teenwoordig­

heid na sy afwesigheid verlede jaar – die Kanadese stal slegs elke

tweede tot derde jaar uit.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Banke laat hulle

geld

by Oesdag

Van heinde en ver

kom hulle uitstal

Kitsbanke van Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank sal op

verskeie plekke op NAMPO Park beskikbaar wees.

Israel was een van die uitstallers by verlede jaar se Oesdag.

P

2019