Previous Page  95 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 95 / 140 Next Page
Page Background

93

www.nampo.co.za

Graan|Grain

A

lgar-veehanteringstoerusting geniet voorkeur in die

veekraal met ons innoverende produkte wat aan elke

produsent se unieke kraalbehoefte voorsien. Dié jaar

word daar weer eens by ons fabriek ’n paar spesi­

ale produkte vir die groot NAMPO Oesdag van 14 tot

17 Mei op Bothaville beplan.

Ons glo daar bestaan nie iets soos ’n gewone kraal nie – elke

kraal en plaas het sy eie uitsonderlike uitdagings om diere te han­

teer en ’n vooruitstrewende boerdery te bevorder. Ons streef daarna

om altyd produkte aan die produsent te bied wat effektiwiteit en

doeltreffendheid tot gevolg het.

Een van ons uitstaande, enig-in-sy-soort-produkte is ’n ver­

stelbare drukgang vir groot- en kleinvee. Die gang is ontwerp met

tydsbesparing in gedagte en om werksverrigting met jong diere te

vergemaklik. Daar is ’n standaardwydte op die drukgang en dan is

daar die opsie om dieselfde gang te vernou na 350 mm vir beeste

of 250 mm vir kleinvee. Hierdie nou gang waarmee jong diere nou

hanteer kan word, verhoed dat die diere omdraai en opeenhopings

veroorsaak.

Vanjaar is ons fokus daarop om die klas van diere verder te ver­

eenvoudig. Daar is ook nuwe items op die mark vir produsente wat

nuut toetree tot die veebedryf. Beplan jou besoek aan NAMPO Oes­

dag 2019 só dat jy nie Algar se uitstalling op standplaas G23 misloop

nie: Ons staan gereed om jou totaal en al te beïndruk.

Carin Nortjé,

Algar

Veehanteringstoerusting

van topgehalte

Algar se verstelbare

weegkrat, wat ook

vernou kan word

soos die drukgang,

is ’n aanwins vir jou

veeboerdery.

Stand no

.

G23

produkinligting

P

2019