Previous Page  93 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 93 / 140 Next Page
Page Background

91

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

V

eeboerdery word beskryf as die teling van diere vir ple­

sier of vir gebruik. Vir die produsent is ’n sinvolle beleg­

ging in gesonde vee van gehalte verseker ook ’n hawe

van verskansing teen klimaatsrisiko. Miskien is dit daar­

om nie verkeerd dat vee ook “lewende hawe” genoem

word nie.

Die sukses van verskillende veerasse in verskillende streke word

direk bepaal deur onder meer die endemiese siektes en die verskil­

lende klimaatstoestande in elke streek in berekening te bring.

Volgens mnr Wim Venter (administratiewe beampte: NAMPO

Oesdag) word amper al die bekendste beesrasse wat by SA Stam­

boek geregistreer is by die NAMPO Oesdag uitgestal. “Hier word

vanjaar, soos in die afgelope jare, van die beste van Suid-Afrikaanse

telers vertoon.”

Die NAMPO Oesdag laat slegs bees-, skaap, vark-, perde- en

bokrasse toe wat as amptelike rasse by SA Stamboek geregistreer is.

Wat beeste, skape en varke betref, word bykans al die rasse wat op

die amptelike register is deur telersgenootskappe en verteenwoordi­

gers by die Oesdag uitgestal.

Wagyu maak sy buiging

’n Welkome nuwe toevoeging tot die beesrasse is die prominente

teenwoordigheid van die Wagyu-beestelersgenootskap. “Hulle stal

vanjaar die eerste keer uit en sal te sien wees in die veilingskompleks

– wat voortaan as die Wagyu-kompleks bekend sal staan,” sê Wim.

Hy sê die veilingskompleks word nie meer tydens NAMPO ge­

bruik nie, aangesien daar nie meer veilings tydens die Oesdag

aangebied word nie. Dit is nie die regte tyd van die jaar om ’n veiling

aan te bied nie. “Die Wagyu-beestelersgenootskap het aangedui

dat hulle belangstel om die lokaal vir drie jaar te huur om

sodoende hul ras aan die publiek bekend te stel en

bemarking vir die ras en genootskap te doen.”

Die Wagyu is ’n Japanse vleisbeesrasgroep,

wat gekoppel is aan die streek van herkoms

in Japan en vleis met verskillende name

oplewer. Voorbeelde hiervan is

Matsusaka beef, Kobe beef,

Yonezawa beef, Mishima beef,

Ōmi beef

en

Sanda beef

. Volgens

die rasgenootskap is hul doel in

Suid-Afrika om die Suid-Afrikaan­

se beesvleisbedryf te omvorm

na ’n hoogs winsgewende

besigheid wat aan plaaslike

verbruikers se vereistes vir

prima vleis voldoen.

Die welbekende per­

de- en parade-ring

langs die Caltex-

saal is ook in voor­

bereiding vir die

NAMPO Oesdag

2019 afgebreek en

nuut agter die Beeskom­

pleks opgerig.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Byna al die

veerasse

byeen

Daaglikse veeprogram

Beesprogram

08:00 - 17:00 Statiese vertoning van beesrasse in

Yara Animal Nutrition Beeskompleks en

Suiwelkompleks

08:15 - 13:00 Interrasbeoordeling van grootvee: By

vee-arena agter Yara Animal Nutrition

Beeskompleks (slegs Vrydag)

14:00

Beesrasbekendstellingsparade in

vee-arena agter Yara Animal Nutrition

Beeskompleks

Skaapprogram

08:00 - 17:00 Statiese vertoning van skaaprasse in die

BKB Kleinveekompleks

11:00 en

14:00

Statiese vertoning – skaapskeer-, wol-

klas- en hanteringsdemonstrasie by

BKB Kleinveekompleks

Perdeprogram

08:00 - 17:00 Statiese vertoning van opreggeteelde

perde agter BKB Kleinveekompleks

15:00

Perderasbekendstellingsparade in

vee-arena agter Yara Animal

Nutrition Beeskompleks

Jeugskou

10:00 - 12:00

(Dinsdag tot

Donderdag)

Demonstrasies in vee-arena agter

Yara Animal Nutrition Beeskompleks

13:00 - 15:00

(Vrydag)

Demonstrasies in vee-arena agter

Yara Animal Nutrition Beeskompleks

>

P

2019