Previous Page  69 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 69 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

67

www.nampo.co.za

Graan|Grain

N

WK Lojaliteitsprogram-lede wat by die NWK Retail-stalletjie aankope doen tydens NAMPO 2019 en ’n

inskrywingsvorm voltooi, staan ’n kans om ’n Lekke­

slaap-geskenkbewys ter waarde van R15 000 los te

slaan. Lojaliteitspunte kan terselfdertyd verdien word,

indien ’n lojaliteitsklant sy/haar NWK-rekeningnommer

met dié aankope verskaf.

Klante wat nog van plan is om te registreer, kan vir hulle gerief

tussen 14 Mei en 17 Mei by die NWK-stalletjie in die NAMPO-saal ’n

kontakvorm voltooi sodat NWK hulle kan kontak en van hulp kan

wees om hul registrasie te voltooi. Alle registrasies wat vanaf 14 tot

31 Mei 2019 afgehandel word, sal in aanmerking kom vir ’n NWK

Retail-koopbewys ter waarde van R3 500.

Benewens die Lekkeslaap-kompetisie en NWK Retail-koopbe­

wys tydens NAMPO 2019, sal die toppunteverdiener van 2018/2019

se Lojaliteitsprogram-seisoen hierdie jaar nog verder beloon word vir

sy/haar lojale ondersteuning van NWK. Die toppunteverdiener sal ’n

bootreis ter waarde van R25 000 vir twee persone aan boord van

die MSC Orchestra na die Portugese Eilande ontvang. Die prys sluit

vlugte, vervoer, etes, drankies, verblyf en die bootreis in.

Unieke program

Hoewel NWK nie die enigste landbou-onderneming is wat klante vir

hul lojaliteit beloon nie, is die program uniek in die sin dat lojaliteits­

klante se punte maandeliks verdien word en die beloning jaarliks

uitgekeer word.

“In ag genome die tydwaarde van geld en aangesien mede­

dingers die beloning aan deelnemers eers na bykans 15 jaar uitkeer,

kan lede van die NWK Lojaliteitsprogram hul voordeel aansienlik vin-

niger benut,” het mnr Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van

NWK, onlangs tydens ’n erkenningfunksie vir die top 10-puntever­

dieners van die eerste seisoen (2017/2018-finansiële jaar) gesê.

By dié geleentheid is mnr Marius Nel van M. Nel Boerdery as die

topverdiener van NWK-lojaliteitspunte vir die eerste jaar aangekon-

dig. Hy boer al 38 jaar lank, waarvan hy 35 jaar ’n

NWK-klant is. Marius sê die droogte en uitdagende

ekonomiese klimaat maak dit moeiliker om volhou-

baar te boer, maar NWK se Lojaliteitsprogram bied

sekuriteit vir hom en sy boerdery-onderneming. “Dit

sal ook omsien na my kinders se finansieringsbehoef­

tes in die toekoms,” het hy gesê.

Die ander toppresteerders was mnre Frik van

Rooyen, Kobus du Preez, Dawie Maré, Louis Meyer,

Wilhelm Liebenberg, Johan Steyn, Dries Dreyer, Louis

Taljaard en Pieter Roux. “Dit is ’n beskeie begin, maar

ons is opreg dankbaar. NWK beplan om die program

op verskeie vlakke uit te brei om lojale klante selfs

meer te beloon,” het Theo bygevoeg.

“Byna alle geregistreerde lede van die program

sal aandele ontvang wat as kollateraal kan dien. Toe-

gekende aandele kan in waarde styg en dividende

kan verdien word op dié aandele wat bykomende

bronne van inkomste verseker. Daar is geen beper­

king op die aanwending van die waarde nadat dit

toegeken is nie,” aldus Theo.

ʼn Totaal van 1 345 rekeninge, wat nagenoeg

53% van NWK se rekeninghouers verteenwoordig, het

tot dusver vir die program geregistreer. ’n Totaal van

2,8 miljoen punte is in die tydperk tot 30 April 2018 verdien teen ’n

waarde van R8 miljoen – hoofsaaklik deur van NWK se silodienste en

’n wye reeks insetmiddele gebruik te maak. Dié lojale klante is be-

loon met krediet vir verdere aankope of hul verdien aandele in NWK

Beperk of NWK Beherend Beperk.

Tydens NAMPO 2019 kry lojaliteitsklante weer die geleentheid

om nóg voordeel te trek uit hul aankope by NWK. Dit is eenvoudig:

Maak ’n draai by die NWK-stalletjie in die NAMPO-saal, doen hier

aankope by NWK Retail en kom in aanmerking vir ’n lywige Lekke­

slaap-geskenkbewys van R15 000. Onthou egter om jou NWK-reke­

ningnommer op die inskrywingsvorm in te vul en die voltooide vorm

in die inskrywingshouer te plaas. Verdien ook lojaliteitspunte op die

aankope by NWK Retail deur jou NWK-rekeningnommer aan die kas-

siere te verskaf.

Nog nie geregistreer nie?

Alle afgehandelde nuwe registrasies tydens NAMPO en tot en met

31 Mei 2019 staan ’n kans om ’n NWK Retail-koopbewys van R3 500 te

wen. Voltooi ’n kontakvorm by NAMPO en laat een van ons vriende-

like konsultante jou help om die registrasie te voltooi.

Om dit maklik te maak, kan jy aanlyn of telefonies registreer.

Gaan só te werk:

Registreer aanlyn vir NWK Online by

https://www.nwk.co.za/

Online/Registreer.php

en registreer dan met jou NWK Online-

kodewoord vir die Lojaliteitsprogram by

www.nwklojaliteit.co.za .

Kontak ’n NWK-finansieringskonsultant by 018 633 1000.

Doen navraag by jou naaste NWK Retail-winkel of NWK Graansilo.

Jacques de Wet,

bemarkingsbestuurder, NWK

Lojale klante kan weer

maai wat hul gesaai het

Theo Rabe van NWK skud blad met verlede jaar se topverdiener van

lojaliteitspunte, Marius Nel.

Kyk hier na ’n kort video

oor M. Nel Boerdery.

P

2019