Previous Page  74 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 74 / 140 Next Page
Page Background

72

www.nampo.co.za

Graan|Grain

produkinligting

B

randvlei Verspreiders (Pty) Ltd is in 2007 gestig met die idee

dat sukses slegs bereik kan word deur eerlike sakeprak-

tyke in kombinasie met harde werk. Ons streef daarna om

kwaliteitdiens te lewer waarop ons trots kan wees.

Met ons hoofkantoor geleë net buite Randfontein

in Gauteng, en verspreidingsdepots in Rustenburg, Brits,

Klerksdorp en Levubu, kan hoëgehaltepetrol, -diesel en -olie by jou

perseel afgelewer word binne 36 uur na die bestelling ontvang is.

Die Brandvlei Verspreiders-vloot bestaan uit verskeie groottes

afleweringstrokke wat bestuur word deur ’n hoogs bekwame admini­

stratiewe en operasionele span. Ons verskaf dienste aan die land-

bousektor, munisipaliteite, hospitale, logistieke besighede asook

individue en streef daarna om ’n toonaangewende groothande-

laar van skoon brandstof te wees regoor Gauteng en die Noordwes

Provinsie.

Brandvlei Verspreiders glo aan die opvoeding van die gemeen-

skap, ondersteun skole en skenk ook aan evangelisasie-organisasies.

Ons is trots op ons gevestigde verspreidingsmaatskappy wat

voortdurend poog om nuwe maniere te ontwikkel, te verbeter en te

implementeer om professionele en doeltreffende diens aan al ons

kliënte te lewer teen die beste, mees bekostigbare pryse. Ons word

geassosieer met betroubare petroleumverskaffers in die bedryf en kan

vol vertroue sê dat ons sterk en langdurige verhoudings opgebou het.

Etiese optrede en professionaliteit is ons kernwaardes; ons streef

daarna om al ons beloftes na te kom. Ons steeds groeiende kliënte-

basis is ’n bewys van ons nimmereindigende pogings om ons kliënte

met uitstekende diens tevrede te stel. Die skep van ’n koste-effek-

tiewe oplossing vir elke kliënt is baie belangrik vir ons.

Kom besoek ons gerus by NAMPO-standplaas F20d. Daar wag

’n opwindende verrassing en ’n spesiale aanbieding op diesel.

Deon Lindeque

en

Lydia Joubert,

Brandvlei Verspreiders

Ons brandstof

maak ʼn verskil

Brandvlei Verspreiders

word gekenmerk deur hul

rooi brandstoftenkwaens

en voertuie.

P

2019