Previous Page  75 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 75 / 140 Next Page
Page Background

73

www.nampo.co.za

Graan|Grain

produkinligting

D

it is ’n feit soos ’n koei dat die landbousektor in Suid-

Afrika die ruggraat van ons nasie se ekonomiese sta-

biliteit vorm en dit bly ook steeds een van die grootste

werkverskaffers in die land. Sonder kundigheid, tegnolo-

gie, vaardighede en die optimale gebruik van beskik-

bare grond, infrastruktuur en toerusting, sal dit beslis ’n

perd van ’n ander kleur wees.

Om volhoubare landboupraktyke vir ons land se toekoms te

verseker, wat gepaard gaan met die kwessie van voedselsekuriteit

en die tegnologiese revolusie wat ons vandag in landbou sien, is dit

baie belangrik dat daar in die formele onderrig en ontwikkeling van

voornemende boere belê word. As uitvloeisel van die selfbemagti­

ging met kennis en vaardighede, kan dié boerderye nie anders as

om meer lewensvatbaar te wees en ’n volhoubare toekoms vir die

kommersiële produsente van môre te bied nie.

As gevolg van ’n reusebehoefte in tersiêre opleiding in die land-

bouwetenskappe, het die Noordwes-Universiteit (NWU) van Januarie

vanjaar hulle landbouprogramme ook na die Potchefstroomkampus

uitgebrei vir ’n formele kwalifikasie in dié rigting. Twee BScAgric-pro-

gramme mag dalk so rég in jou kraal pas!

Ons bied voorpuntopleiding van hoë kwaliteit aan wat jou

toelaat om ’n graadkursus in BScAgric met Landbou-ekonomie en

Agronomie of Grondkunde en Agronomie te volg.

Ons navorsing

1. Die NWU se navorsingsgroep vir geïntegreerde plaagbeheer

(IPM) fokus op toegepaste, ekologiese navorsing met betrekking

tot artropode en nematodes wat gewasse en diere in Suid-Afrika

parasiteer. Navorsing oor landbouverwante dierparasiete word

ook gedoen.

2. Ons landbou-ekonome se navorsing fokus op mededingend-

heid, waardekettinganalise, prystransmissie, internasionale han-

del, landbou-ontwikkelingstrategieë asook markintelligensie en

-inligting.

3. Navorsing word ook gedoen oor herlewingslandboustelsels, wei-

dingsbestuur, veldverbetering en die herstel van veld na die be-

heer van bosindringing.

4. Navorsingsaktiwiteite in gewasfisiologie fokus op die impak van

klimaatsverandering op gewasproduktiwiteit. Die effek van ver-

hoogde CO

2

-vlakke, droogte en temperatuur op gewasse word

ondersoek. Verder word alternatiewe gewasse ondersoek vir

droogte- en temperatuurtoleransie.

5. Navorsingsprojekte in die toepassing van presisieboerdery word

tans ontwikkel.

Johan van Zyl,

namens die Noordwes-Universiteit

Formele landbou-opleiding

’n moét vir volhoubaarheid

en vooruitgang

Is jy geïnteresseerd in die wetenskaplike onderbou van landbou? Is boerdery, landboubesigheid, landboudienste,

landbounavorsing of ‘n landbou-akademiese loopbaan op jou horison? Die Noordwes-Universiteit se nuwe BSc

(Agric) programme sal so rég in jou kraal pas!

Twee nuwe vierjaar graadkursusse is beskikbaar wat op Agronomie, Grondkunde en Landbou-ekonomie fokus:

• BSc (Agric) met Landbou-ekonomie en Agronomie

• BSc (Agric) met Grondkunde en Agronomie

Hierdie programme sal spesifieke behoeftes aanspreek binne die hoofsaaklik somergraan-streke, met onder

andere, wetenskaplik gevorderde presisieboerdery.

Minimum toelatingsvereistes:

• Nasionale senior sertifikaat met universiteitsvrystelling

• Minimum APS-telling vanaf 22

• Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 (50- 59%)

Kontak ons gerus vir meer inligting:

Me Chantel Zaayman

Tel: 018 2994213

chantel.zaayman@nwu.ac.za

NWU – jou implement vir

vooruitgang in landbou

P

2019