Previous Page  55 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 55 / 140 Next Page
Page Background

53

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

P

2019

W

ees ’n ingeligte NAMPO Oesdagbesoeker. Dit is

maklik – maak net van Graan SA se netwerk van

ondersteunende radiostasies, webtuistes, TV-dag-

boeke, publikasies en die trefkrag van die NAMPO-

app gebruik.

Om alles seepglad te laat verloop wanneer jy

die pad Vrystaat toe vat vir die Oesdag (wat gelukkig ’n volle vier

dae lank is), is genoeg inligting oor alle aspekte van die jaarlikse

vlagskiptentoonstelling noodsaaklik.

Vanjaar is daar ’n omvattende lys belangrike plekke waar be-

soekers alle noodsaaklike inligting oor hierdie toonvenster van land-

boutegnologie kan kry.

Van die belangrikste info

Die webtuistes

www.nampo.co.za

en

www.grainsa.co.za

saam met

die NAMPO-app en die deelnemende radiostasies is die vinnig-

ste manier om akkuraat op hoogte bly. Die NAMPO Facebook- en

Twitter-blaaie is ook gekoppel.

Op die webtuiste is volledige inligting oor alle aspekte van

NAMPO Oesdag 2019. Jy kry verblyfkontakte, toegangskoste, ter-

reinkaarte, vervoerinligting en ’n lys van uitstallers en algemene

kontakbesonderhede daar.

Maak seker dat Dinsdag 14 Mei tot Vrydag 17 Mei opsy gesit is

om saam met plaaspersoneel, familie en vriende by NAMPO Park

uit te kom. Knoop dié datum en afsprake by die Oesdag behoorlik

vas in die dagboek of op jou slimfoon.

Onthou daar is vyf toegangshekke: Twee is in die suidelike par-

keerarea en drie in die noordelike parkeerarea, waarvan twee vir be-

soekers is. Parkering by NAMPO is in alle gevalle gratis. Die hekke open

vanaf Dinsdag tot Vrydag om 07:00 en sluit weer om 17:00 elke dag.

Radio bly intyds

Luister deurgaans op radio, op die internetklankstroom of op DSTV

se oudiokanale na RSG, OFM en Pretoria FM. Hulle deel daagliks

inligting oor die program en reëlings vir vanjaar se tentoonstelling.

Tydens NAMPO kan daar in die nabyheid van die park op

99.2 FM na Graan SA Radio geluister word. Die stasie saai direk vanaf

die terrein uit en word reeds vir die sesde jaar moontlik gemaak deur

samewerking tussen Graan SA en OFM. Die fokus is op vars nuus asook

noodsaaklike inligting en gesprekke.

OFM self sal ook daar wees en van die stasie se gunsteling­

omroepers sal regstreeks, volgens oorskakeltye, vanuit hulle ateljee

op die park op die lug wees. Volgens die stasiebestuurder, mnr Nick

Efstathiou, gaan hulle elke dag sekere programme regstreeks uit-

saai. “Vanjaar gaan ons egter vanaf 12:00 tot 13:00 van Dinsdag

tot Vrydag ons normale programme vervang met ’n landboufokus-

spesialiteitsprogram.”

Nick moedig besoekers aan om ook aanlyn by

www.ofm.co.za

deur klankstroming na die uitsendings te luister. “Laai gerus ook die

OFM-slimfoon-app af en luister terwyl jy NAMPO geniet.”

Deur hul verbintenis tot vanjaar se

Nasie in Gesprek

sal

Power FM, RSG se

Monitor

en

Spektrum

en Radio 702 waarskyn-

lik ook weer direk van die terrein af werk. Oudergewoonte saai

Pretoria FM deurlopend inligting uit oor wat tydens NAMPO gebeur.

Sou jy nie tydig by die aanlyn- en radio-inligting uitkom nie, kan

jy alles rustig lees in enige een van die talle spesiale NAMPO-bylaes

in jou gunstelinglandboupublikasies.

NAMPO-app

Die unieke NAMPO Oesdag/NAMPO Harvest Day-app laai tjop-

tjop af uit die App Store deur jou Android- of Apple-slimfoon. Tik net

NAMPO in en siedaar. Met die app kry jy onder meer die uitstallers­

lys, elke dag se volledige program, die terreinkaart en kontaknom-

mers vir verblyf. Nuwe inligting word deurlopend bygewerk.

Die NAMPO-app is selfs nog vriendeliker en sal jou ook kan help

as jy miskien op soek is na ’n spesifieke produk of uitstaller.

Om vanjaar te sê dat jy nie geweet het waar om jou seun se guns­

telingtrekker of die lekkerste NAMPO Oesdagbederwe in die dame-

saal vir vroulief aan te skaf nie, sal nie eers ’n halwe waarheid kan wees

nie. Alle inligting is beskikbaar met die druk van ’n knoppie.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Hou jou

ore gespits

en jou

oë oop