Previous Page  50 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 50 / 140 Next Page
Page Background www.nampo.co.za

48

Graan|Grain

2

019 is ’n verkiesingsjaar. Die impak van nuwe of

nuut-afgestofde politieke leierskap op die landbou

sal verseker deel wees van die nasie se gesprek by

NAMPO 2019. Gesprekke oor wat produsente te doen

staan, hoeveel vordering daar in die landbou ge-

maak word en hoe leierskap die sektor beïnvloed,

maak dus sin.

Volgens die bestuurder van

Nasie in Gesprek

, mnr Werner

Scholtz, sal die tema van vanjaar se reeks gespreksonder­

werpe, slegs ’n week na die nasionale en provinsiale verkie­

sing, verseker wyd aandag trek.

Die mediabekendstelling van

Nasie in Gesprek

vind

plaas op Maandag, 13 Mei om 18:00 in die Senwes Konfe­

rensiesentrum, Klerksdorp. Daar sal ’n paneelbespreking

wees oor handelsooreenkomste. Die fokus is op die gehalte

van Suid-Afrikaanse landbouproduksie; geleenthede vir groei; die

impak van politiek en die bestuur van internasionale verhoudings.

Werner bevestig dat

Nasie in Gesprek

weer ’n ten volle toe-

geruste hoëdefinisie-ateljee gaan inrig. Sowat 80 gaste per bespre­

king sal in die gehoor kan sit. Elke gesprek word regstreeks gestroom

na die

Nasie in Gesprek

-slimfoonapp en verskeie aanlynplatforms.

Besoekers op die terrein kan gesprekke regstreeks volg op die groot

skerms by die BBP-area.

Nasie in Gesprek

rig ook radio-ateljees in vir regstreekse uitsen­

dings, oorskakelings, onderhoude en potgooie. Onderhoude word

regoor NAMPO Park deur veldverslaggewers gedoen. By die ateljees

sal die redigeerders deurlopend nuusgrepe voorberei vir die media-

kanale.

Almal wat graag as toeskouers in die

Nasie in Gesprek

-ateljee

wil wees, kan aanlyn by

www.nasieingesprek.co.za

registreer.

Besprekings open sodra die program gepubliseer word. Paneellede

en tye vir media-uitsendings word ook op die webwerf gelys. Hoog­

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Die

nasie

is opnuut

in gesprek

Theo Vorster (aanbieder), Wandile Sihlobo (Agbiz), Francois Strydom

(Senwes), dr Ferdi Meyer (BFAP) en Jannie de Villiers (Graan SA)

tydens een van verlede jaar se besprekings.

P

2019

V

ir baie mense is die dreuning van ’n ou trekkerenjin uit

die jare toet ’n klank wat hulde bring aan die groot im-

pak wat boerdery op ons land se geskiedenis gehad

het. Met hierdie jaar se NAMPO Oesdag sal daardie

nostalgiese klanke weer eens die lug vul by die Engen

Museum. Elke dag sal die versameling van ou trekkeren-

jins aangeskakel word om Oesdaggangers te laat hoor hoe daardie

verlede geklink het.

’n Klompie jare gelede het Engen die samewerking van die

Noordwes Trekker-en-veteraanenjinklub verkry en sedertdien word

daar hard gewerk om die versameling uit te bou en behoorlik te struk-

tureer. Vanjaar sal daar ongeveer 40 trekkers, vier vragmotors asook

20 stilstaande enjins uitgestal word – alles in ’n lopende toestand.

Daarbenewens word ’n aantal hooimaak- en ander implemente ook

in die museum gehuisves.

Daar sal ook weer skaalmodelle van ’n stoomlokomotief en

-trekkertjie wees wat deur me Meisie Theron van Bothaville se pa ge-

bou is. Dit word met lugdruk aangedryf en vind groot byval by die

besoekers.

Rubberwieltrekkers

Mnr Johan Gouws, sekretaris van die enjinklub, vertel dat daar tans

daarop gefokus word om die Farmall-reeks rubberwieltrekkers wat

as die letterreeks bekendstaan, so volledig as moontlik bymekaar te

kry. Die eerste modelle is in 1939 vervaardig wat beteken dat die

reeks vanjaar sy 80ste bestaansjaar vier.

“Verder wil ons ook die Ferguson- en Massey Ferguson-reeks

vanaf 1948 tot 1979 bymekaar kry. Hierdie trekkers is baie gewild

aangesien daar nog van die modelle op plase werk. Die oorspronk-

like modelle in die reeks, waarvan ons reeds ’n paar het, trek veral

baie aandag. Dit is ongelukkig so dat al hoe meer landboutoerus­

ting aan skroothandelaars verkoop en na smelterye gestuur word.

Daarna is dit verlore vir die nageslag om te bewonder,” sê Johan.

“Ouer persone wat in die verlede met die toerusting te doene

gehad het, stel veral belang in die museum. Daar is gewoonlik ’n

jonger persoon saam en daar word dan interessante staaltjies uit die

verlede vertel en dat Oupa presies so ’n trekker gehad het. Daar

word dikwels littekens van ’n oupa of ’n pa aan ’n seun gewys waar

hy met sodanige toerusting jare gelede ’n besering opgedoen het.”

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Enjins dreun

by museum