Previous Page  48 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 140 Next Page
Page Background www.nampo.co.za

46

Graan|Grain

P

2019

AKTUEEL

A

s jy meer tyd op die Oesdagterrein wil spandeer, is

dit belangrik om lang toue by die ingange te vermy.

Maak dus seker jy koop jou kaartjies aanlyn en span-

deer die ekstra tyd by die opwindende “Platform vir

jou landboutoekoms”.

Volgens me Rialeen Lombard, Oesdagonder­

steuningsbeampte, is kaartjies reeds aanlyn beskikbaar by

www.ticketpros.co.za .

As gevolg van druk ekonomiese toestande

in die land, het kaartjiepryse nie vanjaar gestyg nie. ’n Kaartjie vir

’n dagbesoek op Dinsdag en Vrydag kos R90, terwyl ’n besoek op

Woensdag en Donderdag jou R100 uit die sak sal jaag.

Diegene wat nie hul kaartjies aanlyn wil koop nie, maar by

een van die talle afsetpunte, kan gerus die webblad

http://www.

ticketpros.co.za/portal/web/index.php/outlets/

besoek. Afsetpunte

verskil in elke provinsie. As jy egter in die tou val, onthou dat alle

kaartjies R20 duurder is wanneer dit by die hekke gekoop word.

Die Oesdagkomitee het ook hul kant gebring om te verseker

dat Oesdaggangers die terrein blitsvinnig kan binnekom met byko-

mende draaihekke wat by elke hek gevoeg is. Handskandeerders sal

nie langer gebruik word nie, aangesien toegangspunte met vaste

skandeerders by al die hekke aangebring is om toegang te verge-

maklik en lang rye uit te skakel. ’n Splinternuwe hekingang is gebou

om die druk op die Noordhek (Hek 3) te verlig. Dié nuwe toevoeging,

Noordhek (Hek 4), is by die Santam-saal geleë tussen die ledelokaal

en Noordhek (Hek 3).

Belangrik om te onthou

Vir aanlynkaartjies: Besoek

www.ticketpros.co.za .

Kliek op die

spesifieke dag waarvoor jy kaartjies benodig en betaal per

kredietkaart.

Onthou om kaartjies te druk en saam te bring na NAMPO Park.

Omdat kaartjies datumgebonde is, kan dit net vir die spesifieke

dag gebruik word.

Die hekke maak daagliks om 07:00 oop en sluit weer om 17:00.

Vir lede

Graan SA-lede sal slegs toegang tot hul 2019 NAMPO-kaartjies kan

kry deur middel van hul Graan SA- digitale lidmaatskapkaarte.

Die Joyn-app kan op Google Play Store of Apple se App Store

afgelaai word.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Niemand hou van

toustaan

nie

Koop jou kaartjies vooraf aanlyn en skakel toustaan by die

toegangshekke uit.

Graan SA-lede kan die QR-kode skandeer of

https://www.grainsa.co.za/week49/18/perspec-

tive.html

besoek om die artikel in

Perspektief

van Week 49 van 2018 (wat op 6 Desember

verskyn het) te lees vir meer inligting oor die

ledekaartjies op die Joyn-app.