Previous Page  108 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 108 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

www.nampo.co.za

106

Graan|Grain

Dr Willem Otto, Stephan de Groot, Roean Wessels

en

Driecus Lesch,

Sensako

E

lke produsent besef terdeë dat die regte kultivarkeuse

(wat opbrengs en graankwaliteit asook stabiliteit in

opbrengsreaksie oor jare insluit) ’n produksiebesluit van

kritieke belang is. Om winsgewend te kan produseer,

moet die keuse by elke produksiestelsel se vereistes inpas.

Opbrengs en graankwaliteit bly koning, terwyl be­

troubare en objektiewe proefresultate oor die stabiliteit van op­

brengsreaksie oor jare belangrik is om produksierisiko’s te bestuur.

Sensako is ’n bekende naam in die saadbedryf en ontwikkel

reeds vir 60 jaar verbeterde koringkultivars vir die mark. Ons is trots

daarop om steeds ’n eg Suid-Afrikaanse maatskappy te wees. Die

maatskappy spits hom toe op die ontwikkeling van ’n produkreeks vir

die Suid-Afrikaanse mark om ons plaaslike produsente winsgewend

in bedryf te hou. Die vrystelling van nuwe kultivars vereis intensiewe

opbrengstoetse, asook uitstekende graankwaliteit – waarvoor veral

ons koringreeks bekend is.

Waar kan elke saai- en veeboer die nuutste inligting kry oor

die reeks kultivars wat tans beskikbaar is? Sensako se nuutste kulti­

vargidse is die antwoord.

Wintergewasse

Vir die winterreëngebied is SST 0166 die nuwe toppresteerder met

wye aanpassing. SST 087 het ’n lang groeiperiode en is aangepas

vir alle gebiede. SST 0127, SST 0117 en SST 0147 het uitstekende op­

brengspotensiaal met medium-lang groeiperiodes en goeie siek­

teweerstand. SST 056 het ’n medium-kort groeiperiode en is geskik

vir droër gebiede. Die staatmakerkultivars SST 88, SST 096, SST 027

en SST 015 is op voorafbestelling beskikbaar.

Daar is verskeie kultivars met goeie aanpasbaarheid, opbrengs

en die gewenste kwaliteit- en siekte-eienskappe beskikbaar vir droë­

landaanplantings in die somerreëngebied, wat die planttydspek­

trum van vroeg tot laat kan dek.

Die egte winterkultivar, SST 3149, met ’n lang groeiperiode

is beskikbaar vir vroeë aanplantings. SST 387 en SST 347 het hoë

opbrengspotensiaal en lang groeiperiodes met wye aanpassing.

SST 398 is ’n nuwe hoëpotensiaal- intermediêre kultivar vir vroeë

en laat aanplantings met hoë opbrengs en goeie graankwaliteit.

SST 317 is ’n medium-lang kultivar met goeie opbrengspoten­

siaal, met SST 356 wat ’n medium groeiperiode met wye aanpas­

Prestasie saad met

beproefde genetika

P

2019