Previous Page  110 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 110 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

108

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Saadproewe

bly gewild

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

AKTUEEL

D

ie midsomer-droogte van 2018 in die noordelike dele

het vanjaar se saadproefaanplantings op die NAMPO

Oesdag-saadplotte verseker geraak. Die hele sei­

soen was laat, teenstrydig met vorige jare, volgens

prof Willem Landman van die Universiteit van Pretoria.

Hy het vroeër gesê dat daar nog nie bepaal is of dit ’n

langtermynverskynsel kan word nie.

Volgens mnr Wim Venter, administratiewe beampte van die

NAMPO Oesdag, kon die saadplotte eers vroeg in Januarie geplant

word toe die eerste somerreëns begin val het. Die hittegolwe het

ook ’n effek op aanplantings

en gewasse gehad.

“Die gewasse lyk tans

goed, alhoewel hulle agter is

weens die laat aanplanting.

Die feit dat dit onder besproei­

ing is, help darem met die

droogte- en hittetoestande,”

sê Wim.

’n Produsent weet dat

’n belegging in goeie saad

baie meer werd is as saad van

twyfelagtige gehalte. Daar

word geglo dat die enigste

ware toets van saadgehalte ’n

ontkiemingstoets is, maar dit

gaan egter oor veel meer as

net ontkieming. Wanneer ont­

kieming, siektebestandheid en plantjies se reaksie op droogte, plant­

voeding en -stimulasie bewys kan word, sal die betrokke saad met

soveel meer gemoedsrus aangeskaf kan word. Dit is hier waar die

waarde van saadplotte met tydig geplante saad en kontrolegroepe

tydens die NAMPO Oesdag lê.

Gemeet aan standplaasbesprekings is daar vanjaar een min­

der saadplot op NAMPO Park bewerk. Wim meen die rede hiervoor

kan die droogtetoestande en hoë temperature wees wat vroeër in

die seisoen ervaar is.

Vir produsente gaan besoeke aan die saadplotte by NAMPO

vanjaar sommer nog makliker word. ’n Paar van die maatskappye

wat voorheen by die ander saadbesighede uitgestal het, se uit­

stallings het na die saadplotte toe verskuif. Sodoende hoef besoekers

hulle nie meer op twee plekke te gaan soek of besoek nie.

Produsente sal hierdie jaar die uitstallings van Agricol,

Capstone Seeds, Braz-Grass en Brasuda op hul saadplotte self kry.

“Dit maak sin, want die saadplotte is basies mos maar ’n uitbreiding

van die uitstaller se produkte en

dienste,” bevestig Wim.

Uitstallers bied vanjaar

weer geleentheid vir geskedu­

leerde en ongeskeduleerde

besoeke aan hul saadplotte.

Uitstallers het volgens Wim vrye

teuels om self te besluit of hulle

enige spesiale dae, inligting­

sessies of demonstrasies by die

saadplotte wil hou.

Net soos wat uitstallers hul

saadplotte en besoeke aan die

proefaanplantings so besoe­

kersvriendelik as moontlik hou,

het die organiseerders dit ook

makliker en geriefliker gemaak

om die saadplotte te besoek.

Volgens Wim het die Oesdagkomitee, net soos op die res van

die terrein, vanjaar probeer om deur ’n nuwe plaveiselpad voor die

saadplotte wateraflope te skep. “Dit is egter moeilik as ons nie ’n val

op die terrein het nie.”

Nog ’n nuutjie by die saadplotte is SANSOR, CropLife SA en Fertasa

wat vanjaar vir die eerste keer by die saadplotte sal uitstal.

By die saadplotte kry besoekers die geleentheid om onder meer

voorbeelde van graan- en voergewasse van nader te bekyk.

VIR KWALITEIT SAAD

EN BESTE DIENS

Met Link Seed se Toppresteerders verbou die boer

sukses. Noukeurige toewyding in die teelproses

verseker ons toegewydheid aan kwaliteit, opbrengs

en stabiliteit in elke kultivar. Beplan nou en bestel on-

middellik om teleurstelling te voorkom.

“Ons onderskryf kwaliteit en diens - jou tevre-

denheid is ons trots!”

Hoofkantoor:

Tel: +27 33 417 1494/6

E-pos:

linkseed@linkseed.co.za

www.linkseed.co.za

Lambert Blom

(Mpumalanga / Limpopo)

082 786 6875

Louis Pearson

(Noordwes / Wes-Vrystaat)

079 079 5857

Albert Kriek

(KwaZulu-Natal / Oos-Vrystaat /

Oos Kaap) 082 824 5442