Previous Page  113 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 113 / 140 Next Page
Page Background

111

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Eugene Muller,

besturende direkteur, K2 Saad

G

egewe die huidige situasie in ons land, word die

antwoord op bogenoemde vraag beïnvloed deur

aan wie dit gerig is, asook deur dié individu se

toekomsperspektief.

Om volhoubaar te boer is nie so maklik vir pro­

dusente oor die algemeen nie. Daar is ’n magdom

faktore om in ag te neem. Die skrywer kan nie al die faktore bespreek

nie, maar op die oog af blyk dit asof baie hiervan produsente eerder

daarvan weerhou om te investeer en op die plaas te bly.

Uitdagings

Die meer algemene uitdagings sluit in:

Die bestuur van ’n volhoubare, winsgewende boerdery is ’n groot

uitdaging aangesien die produsent ’n prysnemer ten opsigte van

insette asook kommoditeite is.

’n Veranderende klimaat, met ’n onvoorspelbare – en versteurde

– reënvalpatroon oor die laaste paar seisoene.

’n Gelaaide politieke omgewing met gerugte van onteiening.

Die emosionele impak van opmerkings ten opsigte van veilig­

heid op die plaas.

Die beskikbaarheid van finansiering wat al hoe moeiliker word.

Suid-Afrikaanse produsente maak ’n enorme bydrae tot ons land

se ekonomie. Sommige bronne bereken die indirekte bydrae tot so

hoog as 15%. Dit terwyl Suid-Afrika in werklikheid gesien word as ’n

semiwoestyn en beskik oor minder as 5 miljoen hektaar se hoëpoten­

siaallandbougrond.

Onlangs is ’n 3 000 ha-plaas in die Noord-Kaap (met 1 600 ha-

besproeiing in plek) verkoop vir nagenoeg R440 miljoen. Dit beteken

slegs een ding – daar is steeds produsente wat hoop het vir die

toekoms en glo dat dit sinvol is om op die plaas te bly en ’n verskil

te maak.

Uiteindelik is dit wat ons glo ook ons realiteit. By K2 (en ons groen­

te-afdeling Nuvance) glo ons die volgende wanneer dit by boerdery

kom:

Dit is in ons bloed om na aan die natuur te leef, die getuienis van

die skepping te sien in alles rondom ons en as rentmeesters werk­

lik ’n verskil te maak.

Indien ons die voorreg het om grond te kan bewerk, dit op te bou

en goeie saad te plant, is die geleentheid geskep vir ’n honderd­

voudige oes.

Met soveel faktore (soos byvoorbeeld die voorspelling van reën)

waaraan ons baie min kan verander en wat die eindresultaat

beïnvloed, moet ons dit wat ons wel kan beheer, so goed as

moontlik doen – en vertrou vir die res.

Ons besef daar is baie bestaansboere en opkomende boere wat

ook toegang moet kry tot die nuutste genetika, diens en tegnolo­

gie om hul voortbestaan te verseker. Die impak van sukses in dié

opsig is verreikend. Hierdie mense sal dan ook vir hulself kan sorg,

’n kleiner las op ons land se ekonomie plaas, en tesame met die

groter kommersiële produsente bydra tot voedselsekerheid en

-sekuriteit in ons land.

Doen die regte dinge

Geen fout uit ons verlede kan reggestel word deur nog ’n fout nie,

en daarom is dit belangrik dat ons altyd doen wat reg is. In die geval

van saad kan daar slegs ’n oes wees indien die saad eers sterf. In die

lig hiervan stel ons ook by NAMPO 2019 ’n vernude K2/Nuvance aan

ons huidige en toekomstige kliënte bekend.

K2 is ’n filiaal van Zaad Holdings wat op sy beurt aan Zeder be­

hoort. Sy aandeelhouers is ten volle verbind tot Suid-Afrika. Fondse

word plaaslik belê en winste word plaaslik aangewend, eerder as

om dit na die buiteland te kanaliseer.

Ons het onlangs uitstekende resultate gesien op verskeie gewas­

se wat onder andere ingesluit is in onafhanklike LNR-proewe. Daar­

om is ons oortuig daarvan dat ons vooruitgang maak en dus die

nuutste genetika, wat ook goed aangepas is vir ons omstandighede,

beskikbaar stel aan die mark.

By K2 glo ons steeds, ten spyte van uitdagings, in die toekoms

van ons land en sy produsente. Ons besef dat dit nodig is om be­

trokke te wees by alle aspekte wat ons produsente raak, maar ook

dat dit geen verskil sal maak om emosioneel deel te neem aan ge­

laaide gesprekke nie. Ons wil werklik ’n verskil maak op die plaas en

ons produsente se hande vat om te verseker dat hulle kan voortgaan

om dit te doen waaroor hulle passievol is. Ons word gedryf deur die

viering van gedeelde suksesse en ons span kundiges sien uit daarna

om jou tot diens te wees. Kom loer gerus in by ons NAMPO-stalletjie,

en wie weet, dalk kry jy die geleentheid om vir Toks van der Linde

persoonlik te ontmoet.

Of jy nou glo dat dit sin maak om aan te hou of nie – dit wat jy

glo, sal jou realiteit wees! Kom ons vat hande en dra elkeen by om

Suid-Afrika voortreflik te maak – gee jou beste, hou aan reg doen,

spreek lewe, gun elkeen ’n plekkie in die son en hou aan glo.

Is dit nog

sinvol om

te boer

in Suid-Afrika?

Wanneer dit voel

of jy wil tou opgooi ,

onthou hoekom jy

begin het. Hou aan

saai op goeie grond

produkinligting

P

2019