

107
www.nampo.co.zaGraan|Grain
sing het en geskik is vir aanvullende besproeiing. SST 374 het ’n kort
groeiseisoen – ideaal vir later planttye – en beskik oor goeie graan
kwaliteit en pitvastheid asook weerstand teen Russiese koringluis.
Onder besproeiing is SST 8135 die nuwe wenner-hoëpoten
siaalkultivar met ’n medium-kort groeiperiode en uitstekende grade
ringskwaliteit. SST 8154 met ’n kort groeiperiode en SST 8156 is nuwe
kultivars met uitstekende opbrengspotensiaal. SST 895, SST 875 en
SST 835 het wye aanpassing met goeie opbrengspotensiaal.
SST 806 is ’n bekende medium-lang kultivar en SST 884 is ’n semi
dwergkultivar met ’n kort groeiperiode – hulle het beide uitstekende
opbrengspotensiaal en wye aanpassing. SST 843 is aangepas vir
laat aanplantings en toon verdraagsaamheid vir droogte- en sout
toestande.
Sensako se reeks hawer- (SSH) en rogkultivars (SSR) lewer
uitstekende biomassa en hergroei oor ’n wye planttydspektrum.
Nuwe hawerkultivars (SSH 4185, SSH 4186 en SSH 4187) asook ’n
nuwe rog- (SSR 789) en voergarskultivar (SSG 066V) is beskikbaar vir
weidingsaanplantings, sny en baal asook graanproduksie. Verder is
’n nuwe lusernkultivar (SSL 5148) met goeie biomassaproduksie ook
beskikbaar.
Somergewasse
Sojaboonkultivars vrygestel deur Sensako – SSS 5449tuc, SSS 5052tuc
en SSS 6560tuc – word reeds kommersieel aangeplant met goeie
opbrengsprestasie in al die produksiegebiede. Die kultivars is on
bepaalde groeiers, met glifosaatweerstand en goeie agronomiese
en siekte-eienskappe.
Deur samewerking met Syngenta word die vrygestelde Clear
field-baster SY 3970CL ook bemark. Die kultivar spog met kom
peterende opbrengste, wye aanpassing en die voordeel van
Clearfield-tegnologie in onkruidbeheer – ’n wennerkombinasie in
droëlandverbouing.
Uit ons konvensionele mielieteeltprogram is die geelmielie-baster SNK 2768 vrygestel. Die mediumgroeiperiodekultivar is
vergelykbaar met die beste konvensionele basters in die mark
wat opbrengsprestasie aanbetref. Agronomiese kenmerke sluit
in meerkoppigheid, oorwegende enkelstammigheid en goeie
siekteverdraagsaamheid. ’n Witmieliekultivar (SNK 61) is ook beskik
baar. Dié oopbestuifde kultivar het verskeie aanwendings, wat
graanproduksie, weimielies en kuilvoer insluit. Hy is aangepas vir
lae- tot mediumopbrengspotensiaalgebiede.
Onthou dat die agronomiese bestuurspraktyke asook die
klimaatsomstandighede tydens die seisoen, die uitdrukking van
die genetiese potensiaal van enige kultivar sal bepaal. Optimale
gewasbestuur moet die keuse van ’n kultivar ondersteun, veral as die
kultivar spesifieke bestuurspraktyke vereis om genetiese potensiaal
te verwesenlik.
Die kombinasie van al die kultivareienskappe en bestuursinsette
word versinnebeeld in die verhoogde opbrengste wat behaal word:
Prestasie saad met beproefde genetika.
Om saam te vat: Ons kultivars het hulself herhaaldelik bewys as
staatmakers onder ’n wye reeks produksietoestande. Sensako bly
die beste keuse! Kultivars word direk versprei asook deur uitgesoekte
agribesighede.