Previous Page  105 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 105 / 140 Next Page
Page Background

AKTUEEL

103

www.nampo.co.za

Graan|Grain

insluit, tot gaste se beskikking gestel. Daar is gastehuise, gastekamers

en woonhuise wat in gastehuise omskep word en ook, soos die af­

gelope vier jaar reeds, die gesogte Tentehotel. Die presiese hoeveel­

heid beddens wat voor en tydens die skou beset word, wissel jaarliks.

Binne ’n radius van sowat 100 km is daar nou ongeveer

870 kamers beskikbaar. Aanvullend hiertoe bied die NAMPO-

kampterrein sowat 40 standplase vir karavane en/of tente. Daar

is ook ’n kampterrein op die rugbyveld van Laerskool Bothaville.

Weens die beperkte aantal gastehuise op Bothaville word

privaat wonings, wat aansoek doen om as verblyfverskaffers

aanvaar te word, deeglik gekeur. Slegs kamers in gegradeerde

huise word dan aan Oesdaggaste verhuur.

Soos altyd word daar ook gebruik gemaak van die Hoër­

skool Bothaville se skoolkoshuis, waar ’n groot aantal kamers

beskikbaar is. Spesiaal vir die Oesdag word van die klaskamers

by Laerskool Bothaville ook volgens behoefte ingerig en uit­

verhuur. In beide gevalle is netjiese en gedeelde badkamers

beskikbaar.

Talle produsente van die omgewing verhuur ook huise op

hul plase. Die huise word spesiaal vir die Oesdag voorberei en

is dikwels deur die loop van jaar onbewoon. Produsente ver­

huur ook reeds vir baie jare kamers in privaat huise van plaasbe-

woners uit aan gaste.

Rek jou bene in landelike gerief

Sou jy die daaglikse verkeer na NAMPO Park wou systap, sal die

goedgevestigde Harambee Tentehotel met sy permanente, gerief­

like en skoon badkamergeriewe die antwoord wees. Dit is nou as

jy betyds spring vir dié gewilde opsie. Die baie netjiese Tentehotel

is langs die Noordhek (Hek 3) geleë, direk langs die uitstalgebied

op die park en dit bied veilige, gerieflike en stapafstandverblyf

aan gaste.

By die Tentehotel kan besoekers in A-raamtente tuisgaan.

Besprekings kan so gedoen word dat aankomstyd reeds so

lank as ’n week voor die skou vir besoekers open, is. Hier kan

gaste kies tussen ’n dubbelbed of twee enkelbeddens. Elke tent

het ’n kragpunt vir selfoonherlaaiing asook ’n bedlampie, wat

gerief verseker. Vars linne, kussings en skoon handdoeke sal jou

rus soveel meer na huis laat voel.

Soos dit ’n behoorlike, stylvolle hotel betaam, word ’n

heerlike buffetontbyt as ’n opsie by die prys ingesluit. Nadat

jou maag môre gesê is, stap jy net eenvoudig die uitstalterrein

binne om die dag, kollegas en besoekers ook te gaan groet.

Gelukkig is die pad terug Tentehotel toe aan die einde van elke

uitstaldag net so kort en sorgloos. Dáár wag dan ’n gerieflike

ontspansitkamer, kroeg en restaurant met geurige aandetes.

Gastehuise bied ’n ware tuiste

Huiseienaars van en rondom Bothaville wat verblyfopsies vir die

NAMPO Oesdag wil aanbied, kan vir Bothaville Info kontak. Hulle

besoek dan die aansoekers se huise, evalueer dit en keur die huise

goed vir verhuring.

Volgens Bothaville Info se graderingstandaarde word

elke gekeurde gastehuis dan van meer luuks na mees basies

gegradeer as een van die volgende:

Goue Mielie

Wit Mielie

Geel Mielie

Groen Mielie

Al dié gastehuise is op Bothaville en in die omliggende area geleë.

Vanjaar is daar sowat 200 gastehuise betrokke. Die gastehuise bied

meestal ’n volledige ontbyt en heerlike aandetes. By sommige is

braaigeriewe ’n opsie. Ete-opsies verskil en voornemende gaste kan

direk by die betrokke gastehuis navraag doen oor hul etebehoeftes.

Sommige privaat wonings voorsien net koffie en beskuit.

Plaasvriendelike gasvryheid wag ook by die Louvre Gaste­

huis Anneks, waar Hettienne von Abo-Moolman besprekings

neem vir spesiaal goedgekeurde kamers by privaat huise,

digby haar gastehuis. Gaste kan dan ook ’n heerlike boere-

ontbyt en lipleklekker aandete by die gastehuis geniet.

Om tydens NAMPO Oesdag 2019 jou heel beste voetjie

voor te sit, vra vir ’n goedversorgde slaapplek, ’n lekker warm

bad of stort en ’n behoorlike maaltyd. Bespreek tydig om jou

span se rusplek te verseker.

Harambee Tentedorp-besprekings word

gedoen by

info@harambeehotel.com

of

bookings@harambeehotel.com

. Skakel Celia

by 082 745 9540 of 082 773 5142.

Gastehuisbesprekings deur Bothaville Info kan gedoen

word by

info@bothaville.info

of

hanlie@bothaville.info.

Skakel Liesl by 056 515 3042 of 056 515 3619

of besoek

www.bothaville.info.

Louvre Gastehuis Anneks-besprekings

kan gedoen word by

admin@louvreguesthouse.co.za

of skakel 056 515 3549 of 084 083 4000.