Previous Page  14 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 14 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

12

9: Die Van As-boerdery is op sterk finansiëlebestuursbeginsels geba-

seer; beplanning word deeglik en realisties gedoen en aan ekonomiese

norme gekoppel. Die broers is finansieel goed gedissiplineerd en voel

sterk daaroor dat getekende finansiële state na afsluiting van die

boekjaar op 31 Augustus, teen begin Desember beskikbaar moet wees.

Verder word maandelikse kontantvloeistate voorberei, tesame met

bestuurstaatontledings, gekoppel aan die boerdery se beplanning. Dié

beplanningsdokument is dié belangrikste dokument op die plaas en sit

onder meer die begrotings uiteen, wat gewasse, opbrengste, insette,

weidingsverhoudings en fyn besonderhede oor die getal teelooie,

bemarkbare lammers en wol spesifiseer. Dit verskaf voorts die totale

boerderykoste vir graan, vee en weidings, sowel as produksiewaardes,

meganisasiedata, graankomponentinligting, huur en uitgawesentrums.

Van As Broers is ook deel van die Swellendam/Heidelberg Finansiële

Studiegroep en het toegang tot beide ontledings van deelnemende

produsente, sowel as die drie- en vyfjaar-skuiwende gemiddeldes.

Rekordhouding is van kardinale belang en verskeie rekenaarstelsels

en rekordhoudings word ingespan. Bestuursbeplanning en -evaluering

word kwartaalliks gedoen en aanpassings aangebring soos en waar

nodig. ‘n Volledige rotasieprogram vir wisselbou – met al die plase

en kampe – is elektronies beskikbaar, met data vanaf 2011 en vooruit

bereken tot 2021.

10: Van As Broers het meer as 40 arbeiders in diens en die arbeidsmag

word van onskatbare waarde geag – en as die boerdery se grootste

bate gesien. Alhoewel arbeidskoste ‘n groot kostefaktor is, is ‘n tevrede

arbeidsmag absoluut noodsaaklik en voltydse arbeiders word volgens

meriete, bekwaamheid en diensjare vergoed. Arbeiders vorm ‘n integrale

deel van die bestuur

en besluitneming

geskied deur middel

van weeklikse ske­

dulebesprekings met

afdelingsbestuurders,

sowel as daaglikse

kommunikasie deur

middel van terugvoer

en verslagdoening. Elkeen in die boerdery het sy spesialiteit, aangesien

almal nie alles kan doen nie en die broers vertrou mekaar ten volle. Die

vier bestuurders op die plaas speel elk ‘n belangrike rol en moet besluite

binne die neergelegde raamwerk kan neem. Arbeiders is net so goed

soos wat die plaaseienaars is; dit is vir die broers belangrik om erken-

ning vir goeie werk te gee.

11: Johan en Dirkie speel albei leidende rolle in landbou-organisasies,

sowel as in hul gemeenskap. Bo en behalwe verskeie direksie- en

bestuursposte is verskeie toekennings deur die boerdery ontvang,

insluitend die 2004 Skaapboer van die Jaar-finalis en ‘n 2012 SOILL-

erkenning vir bydrae tot Southern Oil se sukses as grootste produsent

van kanolasaad. Die Van As-Broers voel sterk daaroor dat landbou

die hoeksteen van die Suid-Afrikaanse ekonomie is en glo dat ‘n sterk

landbousektor, gedryf deur positiwiteit wat stabiliteit, volhoubaarheid

en voedselsekerheid eerste stel, die sleutel tot sukses is. Hulle glo dat

grond ‘n goeie belegging bly. Hulle is positiewe mense en alhoewel daar

altyd uitdagings en opslagballe van alle kante sal kom, moet produsente

steeds daarna streef om doeltreffend te produseer.

10

11

9

Van Zyl Familietrust

Ladybrand

1: Theo van Zyl se pa is oorlede toe hy slegs

vier jaar oud was en sy ma het as koshuis-

moeder gaan werk om die pot aan die kook te

hou. Haar droom en belofte aan kleine Theo

was dat sy hul eendag die geleentheid sou gee

om te boer en sy het hard gewerk om soveel

as moontlik te spaar. Die Van Zyl-seuns het

swaar grootgeword, maar twaalf jaar later

kon hulle ‘n deposito op 200 ha grond op

Ladybrand neersit en Theo het in die laat

1960’s, tydens sy eerste jaar van onderwys­

kollege, plaas toe gegaan om te gaan boer.

Hulle moes sonder arbeiders klaarkom en het

alles self gedoen.

Tans is die Van Zyl Familietrust ‘n uiters

suksesvolle boerdery en daarby kon Theo al

twee sy seuns laat deel in sy droom. Dit het

opoffering, harde werk, bloedsweet en genade

vereis om dit reg te kry. Cobus het sommer

reeds as klein seuntjie saam met sy pa alles op

die plaas gedoen. As hoërskoolleerling het hy

elke moontlike geleentheid gebruik om eerder

plaas toe te gaan – op voorwaarde dat hy sy pa

kon help boer. In 2001 het Cobus amptelik be-

gin boer – met ‘n voorliefde vir die saaivertak-

king op die plaas Priarie. Die trotse Van Zyls:

Chantelle, Cobus, Gerda, Theo (sr) en Theo (jr).

Paulette, Theo jr se eggenote, was nie by toe

die foto geneem is nie.

1

lede-landskap