Previous Page  18 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 18 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

16

lede-landskap

2: Die Wilkense het op Douglas begin met die produksie van groente-

saad en lusern. In 1987 kon hul ‘n verdere 11,9 ha op Douglas met ‘n

lening bekom – en selfs die koers van 24% rente kon nie hul opgewon-

denheid om op hul eie grond te kan boer, blus nie. Gedurende 1993 is ‘n

addisionele 145 ha onontwikkelde, besproeibare grond aangekoop, wat

self ontbos en ontwikkel moes word. En vanaf 1994 het Louis voltyds

met koring, mielies en grondbone onder spilpuntbesproeiing begin boer.

Gedurende 2000 het hulle uitgebrei en ‘n veeplaas met Bonsmaras in die

omgewing bekom. Gedurende 2002 het hy saam met ‘n vriend ‘n vee-en-

besproeiingsplaas tussen Middelburg en Steynsburg in die Oos-Kaap

onder die Oranje-Visskema bekom – waarop 320 ha besproeiing gedoen

word. Dít terwyl hy steeds op Douglas ook boer. In Julie 2004 is die

groot stap geneem en het die Wilkense al hul eiendomme op Douglas

verkoop en hul vennoot se aandeel in die Oos-Kaap gekoop. Die gesin

het hul só permanent op die plaas Juriesbaken, Middelburg, gevestig.

3: Die plaas is ontwikkel tot 900 ha onder spilpunte en koring, mielies,

uie, aartappels, lusern, pampoene en hawer word verbou. Verder het

Louis drie veeplase aangekoop en boer hy steeds met sy Bonsmaras in

die Oos-Kaap. In 2008 het Louis jr, na afloop van sy studies, plaas toe

gekom en in 2011 het Jaco in sy ouer broer se voetspore gevolg. Die

maatskappy Wilgrow (Eiendoms) Beperk is gestig en die drie Wilkense

boer nou saam in die maatskappy. Met die waardetoevoeging wat die

seuns plaas toe gebring het, is die bestuur beter en was uitbreiding

moontlik. Presisieboerdery word toegepas om sodoende alles van die

begin af te meet. Om te meet is om te weet en baan die weg vir ingeligte

besluite. Vanaf die grondvoorbereiding tot die saadbed, hoeveelheid

grondvog, planterspasiëring en die spuitpakkette van die spilpunte

moet korrek wees. Wilgrow kry satellietbeelde, grawe grondprofiele

en word met skedulering deur GWK se Presisieboerdery-afdeling

bygestaan. Omnia is behulpsaam met kunsmisaanbevelings, trek van

blaar- en sapmonsters vir die opspoor van tekorte. Verder beskik die

Wilkense ook oor hul eie hommeltuig om spilpunte vir afwykings en

regstellings te besigtig.

4: Produksiepraktyke sluit in die verbouing van graan op alle grond

onder spilpuntbesproeiing. By al die spilpunte kan net koring of net

mielies in ‘n spesifieke seisoen aangeplant word. Mielies is tans meer

lonend, aangesien daar vele uitdagings met raaigras in die koring onder-

vind word. Die grond word tans met oesreste gerus tot die volgende sei-

soen. Kultivarkeuses word uitgeoefen deur prestasie van proewe in die

omgewing te besigtig. Die beskikbaarheid van die saad en saadgroottes

ten einde optimale plantestand te verseker, speel ook ‘n rol. Kultivar-

proewe is die afgelope drie jaar op koring gedoen en op aartappels word

verskillende kultivars op verskillende tye geplant ten einde vas te stel

watter kultivars die beste vaar.

5: Die Wilkense is ook aartappelmoerkwekers, met ‘n vyfjaarsiklus

tussen aanplantings. Die aartappelaanplantings bepaal die wisselbou­

stelsel, maar daar word gepoog om lusern ná ‘n aartappelaanplanting

te vestig ten einde opslagaartappels te beheer en raaigras uit te roei.

Aartappels het in die laaste drie jaar aansienlik gegroei en sal binnekort

die hoofvertakking van dié onderneming wees. Die Wilkense beplan

om steeds, met gronde wat bygehuur en ontwikkel word, ongeveer

10 000 ton mielies te verbou – dit is nou tesame met die ongeveer

1 miljoen sakkies aartappels. As gevolg hiervan bepaal die aartappel­

aanplantings ook die gewaskeuses, aangesien hulle probeer om die

grond in die omgewing siektevry te hou vir die aartappelmoerkwekery.

6: Water is die grootste beperking op die plaas en daarom sal die beste

bepaling van omset die effektiefste gebruik van water wees. Grondhulp-

bronne en gewasse word bestuur volgens kubieke meter waterverbruik.

Die Karoo-gronde is oor die algemeen vlak met ‘n klei-inhoud van tot

30%, wat neig na hoë natriumvlakke. Oesreste word sover moontlik in

die grond teruggewerk ten einde soute te loog. Die Wilkense het tot die

gevolgtrekking gekom dat hoër opbrengste nie noodwendig hoër winste

beteken nie – en dat ‘n balans gevind moet word om maksimum wins te

behaal, aangesien hoër opbrengste maklik met meer kunsmis gekoop

kan word. Hoër opbrengste lê nie net altyd in meer saad, kunsmis en

water nie, maar in bestuur: Hoe, waar en wanneer dinge gedoen word.

Die waterbronne is vir die Wilkense krities. Die boerdery se wins word

daarom in rand per kubieke meter water verbruik, bepaal en nie meer in

rand per hektaar nie. Hierdie benadering werk goed en maak die Wilkense

al hoe meer opgewonde oor die monitering van hul waterhulpbron.

7: Bewerkingspraktyke word aangepas vir die Karoo-besproeiings-

gronde, wat oor die algemeen vlak en betreklik alkalies is met ‘n hoë

soutinhoud. Bewerking word deur middel van tand- en skottelimple­

mente gedoen vir die deurlugting van grond, ten einde reste in die

bolae van die grond te vermeng en loging van soute te bewerkstellig.

Die skottelimplemente sny die reste kleiner en die tandimplemente

maak die grond los vir dreinering. Soms word die reste op die oppervlak

gelos – afhangende van die opvolggewasse; en koring of mielies word

dan met geenbewerkingsplanters geplant. Aartappelaanplantings word

voorafgegaan deur mielie-aanplantings, aangesien die mieliereste ‘n

bydrae lewer om die gronde waarop aartappels aangeplant word, te

deurlug, dit koel te hou en waterindringing te bevorder. Mielies word op

30 cm- tot 50 cm-hoogte liggies geskoffel om die grond te deurlug en die

kors op te breek, ten einde waterindringing te bewerkstellig. Bemesting

word bepaal deur ‘n ontleding van wat in die gronde beskikbaar is en

wat benodig word. Gronde word eerder opgebou as gemyn. Organiese

bemesting word nog tot ‘n mindere mate op ander gewasse – maar veral

op lusern – gebruik. Mikro-elemente word gewoonlik met gifspuite op

die blare gespuit om vinniger plantbeskikbaar en -opneembaar te wees.

Slegs korrelkunsmis, wat self op die plaas tot vloeibaar vermeng word,

word gebruik, aangesien die vervoerkoste van vloeibare kunsmis nie

tans sin maak nie.

8: Die uitstekende finansiële prestasie van die boerdery word toe-

geskryf aan die wisselbouprogram, wat oor ‘n tydperk van drie tot vyf

jaar vooruit beplan word en waarvan nie sommer afgewyk word nie.

Verder beskik die besigheid oor ‘n behoorlike kontantvloeibegroting,

sowel as ‘n begroting vir kapitale uitbreiding en aankoop van imple-

mente, waarby almal streng hou. Die boekhoustelsel is belangrik en

twee keer per jaar word met die ouditeure vergader ten einde belasting-

beplanning te doen, sowel as vir die voorbereiding van finansiële state.

Die Wilkense het ook ‘n langafstandvervoerbesigheid, bestaande uit

sewe vragmotors, wat vervoer buite die landbousektor doen. Mega­

nisasiebestuur is ook belangrik; hulle hou rekord van diesel-, petrolver-

bruik en op watter spilpunt, watter werk met watter implement gedoen

is. Verder word diensrekords van trekkers bygehou en elke masjien

word op meriete oorweeg – indien vervanging ter sprake kom.

2

4

5

6

7

8

3