Previous Page  15 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 15 / 132 Next Page
Page Background

13

5

6

7

2: Cobus en sy broer, Theo, probeer sover moontlik alles, wat die

bestuur en verskillende take van die plaas betref, self doen. Cobus se

boerdery-ondervinding is, te danke aan pa Theo was sy kennis op ‘n

daaglikse basis met hom deel, eerstehands in praktyk, op die plaas,

opgedoen. Dit is iets waaroor hy ontsettend dankbaar is. Cobus is

betrokke by die plant-, stroop- en spuitbedrywighede, sowel as die

instandhouding van toerusting, meganisasiewerk op die plaas, aankope

van insette en die dag-tot-dag-bestuur van take en arbeid. Pa Theo is

‘n meester met nuwe plase en sorg dat nuwe en/of huurgrond goed

skoongemaak word. In hul distrik is wisselvallige en lae reënval een van

die grootste uitdagings en kultivars wat droogteverdraagsaam is, sal

bydra tot ‘n oplossing vir hierdie boerdery.

3: Die Van Zyls verbou op droëland mielies, sonneblom en sojabone en

benut ook droëland vir aangeplante weidings. Vroeër jare is koring tot

‘n groot mate aangeplant, maar met die afwesigheid van lentereën, was

die gewasverbouing net nie volhoubaar nie. Alle beskikbare lande word

aangeplant, met die somergewasse op ‘n rotasiestelsel. Daar is geen

ruslande meer nie. Hawer word op swakker gronde aangeplant en kan

sonder ‘n wisselboustelsel verbou word. Die Van Zyls maak seker dat

hul hul eie hawersaad oes en plant ook vir eie saad. Saad word in sakke

geberg om vermenging te voorkom. Minimumbewerkingspraktyke word

toegepas om vog op gewasse met veral penwortelstelsels (soos sonne-

blom en sojabone) te bewaar, om sodoende beter opbrengste te verse­

ker. Mielies word ook minimum bewerk, maar het steeds ‘n ripbewerking

nodig vir beter opbrengste tesame met ‘n sojaboon-mielie-rotasie. Va­

riërende saad- en kunsmistoediening word toegepas na aanleiding van

grondkartering. Sojabone word op die minste hektare verbou as gevolg

van stroperdruk en wisselvallige opbrengste, met die res van die hektare

wat verdeel word tussen mielies en sonneblom.

4: Die veefaktor bestaan uit ‘n beesboerdery wat uit drie vertakkings

bestaan. Die Sussex-stoet het 'n aantal koeie en kalwers met ongeveer

70 tot 80 vervangingsverse en ‘n bulkalf-groep, waarvan ten minste

50 bulle grootgemaak word vir verkoop op tweejarige ouderdom, terwyl

die uitskot-bulkalwers in hul eie voerkraal afgerond word. ‘n Boran

Stoet, bestaande uit 'n aantal koeie en kalwers, het ongeveer 30 vervan-

gingsverse, 20 bulle tussen een- en driejarige ouderdom vir bemarking,

met die uitskot wat ook in die voerkraal afgerond word. Die Van Zyls

se kommersiële kudde bestaan uit 160 F1-koeie, ‘n kruising tussen die

Sussex en Boran en 30 vervangingsverse. Die koeie word gepaar met ‘n

Sussex-bul vir ‘n terminale kruis en alle kalwers word in hul eie voerkraal

afgerond. Alle speenkalwers word vanaf April op 500 ha hawergroenvoer

aangehou ten einde verse op twaalf maande te kan paar en uitskot man-

like diere vir hul eie voerkraal te kan aanpas (

background

). Alle verse

wat gekalf het, word ook op hawergroenvoer aangehou, totdat natuur-

like somerweiding voldoende is.

5: Bemesting word

gedoen met dolomitiese

kalk, wat op ‘n vierjaar-

siklus gestrooi word en

NPK wat op mielies en

sonneblom toegedien

word. Mielies word op

gekalkte lande geplant en

sojabone word nie bemes

nie, aangesien die koste

te hoog is en die potensi-

aal dieselfde bly. Regstel-

lings word na afloop van

die seisoen gemaak wan-

neer daar eerder in die grond teruggesit word wat die sojabone daaruit

geneem het. Kultivarkeuses word gemaak na aanleiding van stabiele

toetse in droë sowel as nat seisoene en ‘n nuwe kultivar word jaarliks

bygevoeg om potensiaal te toets. Langtermyngemiddeldes word gebruik

om realistiese opbrengsmikpunte te bepaal. Mielieproewe is al op die

plaas gedoen en tans word die jaarlikse Clearfield-sonneblomproewe op

die plaas geplant.

6: Onkruidbeheer word met ‘n hoogloopspuit met valarms gedoen, soos

wat dit oor die algemeen by mielies gebruik word, ten einde die chemi-

kalieë meer doeltreffend toe te dien. Water-tot-chemikalieëverhoudings

word ook aangepas volgens die maksimum temperatuur vir die dag.

Beheer in die winter behels die dis van kweekkolle om wortels aan ryp

bloot te stel en onkruide word gespuit – afhangende van onkruiddruk.

Beheer in die somer behels voor-opkomsbespuiting en skoffelbespui­

ting, wat gedoen word tydens die korrekte plantstadium.

7: Die Van Zyls het hierdie seisoen vir die eerste keer presisieboerdery

begin toepas met die fisiese kartering van 1 ha-lande. Volgende jaar sal

chemiese kartering ook gedoen word. Die meganisasiebestuur behels

volledige rekordhouding van die meganiese toerusting op die plaas

en tot op hede word alle trekkers behou as gevolg van die boerdery se

konstante uitbreiding. Instandhouding is van uiterste belang en kontrak-

teurs word slegs vir grondverskuiwings en vir die stroop van sojabone

gebruik – indien dit met die sonneblomstroopproses bots.

8: Graanbemarking en verskansing vind plaas deur middel van kontrakte

met landboumaatskappye en daaglikse markinligting word gebruik

om ingeligte besluite te neem. Die meeste van die bemarkingsbesluite

word geneem op grond van ‘n aanvoeling vir die graanmark deur jare

se ondervinding en geen buite-instansies is betrokke by die bemar­

kingstrategie nie. Die Van Zyls glo dat indien nog markte vir die surplus

produksiejare – veral vir mielies – geskep kan word, die winsgewendheid

van die graanbedryf positief beïnvloed sal word. Verder is dit vir Cobus

uiters belangrik om ewig stygende insetkoste so laag as moontlik te hou

ten einde beter produktiwiteit te verseker.

2

3

4

8