Previous Page  17 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 132 Next Page
Page Background

9: Die finansiële sukses van die boerdery word toegeskryf aan die dryf na konstante verbetering op huidige produksiepraktyke. Daar word noukeurig

rekord gehou van alles wat op die plaas gedoen en gebruik word en die data word weer ingespan tydens beplanning vir die opvolgende seisoen. Die

Van Zyls is ‘n familieboerdery en al drie die Van Zyls is aktief betrokke by besluitneming. Die arbeidsbestuur van die plaas is ongekompliseerd, met

arbeiders in beide die saai- en veevertakkings.

10: Die Van Zyls se liefde vir die boerdery is in hul bloed en hulle is aktief betrokke by hul plaaslike landbouverenigings. Cobus voel sterk oor groeps-

bedinging, aangesien produsente groter koopkrag kan beding – wat insetkoste kan beheer. Alhoewel groepsbedinging nog nie in praktyk toegepas

word nie, is omliggende produsente in gesprek daaroor en vorm dit ‘n belangrike deel van die Van Zyls se toekomstige beplanning. Hulle glo dat indien

produsente net deur hierdie onsekere tydperk kan kom, as hulle kan aanhou doen wat hul doen, tot die beste van hul vermoë, elke dag, landbou soos

altyd ‘n noodsaaklike rol in Suid-Afrika sal speel. Hulle is van mening dat die produksie van landbougewasse ‘n absolute noodsaaklikheid vir die voort-

bestaan van die land is en terwyl daardie aanvraag bestaan, sal hul voortgaan om graan te produseer.

1: Wilgrow (Eiendoms) Beperk, geleë in die Oos-Kaap, is ‘n familieboerdery bestaande uit Louis sr, Louis jr en Jaco Wilken. Louis sr het op Kanon-

eiland naby Upington grootgeword, waar sy pa besproeiingsgrond gehad het waarop koring, mielies, lusern en wingerd verbou is. Sonder enige

geleentheid om grond te erf, het Louis gaan studeer, maar moes halfpad in sy BCom-graad opskop om op die plaas te gaan help. Sy hart het met ‘n punt

boerdery toe getrek, maar met ‘n hoop studieskuld en verpligte weermagdiens, het Louis by die polisie aangesluit en na Kimberley verhuis. In Kimber-

ley het hy Isabel, die liefde van sy lewe, ontmoet. Die Wilkense het daarom, steeds met die hoop om te boer, Douglas toe getrek. Met meet en pas en

spaar het hy op 1 Augustus 1985 sy eerste stukkie besproeiingsgrond van 12,2 ha op Douglas aangekoop. Hy kon met al die spaargeld slegs ‘n deposito,

wat hul oor die jare uit hul salarisse kon spaar, neersit. Met ‘n vyfjaar-verband, teen 16,5% rente per jaar, het Louis en Isabel deeltyds begin boer. Die

Wilkense: Jaco, Anneste, Louis (sr), Isabel, Louis (jr), Anneke en hul seuntjie, LJ.

lede-landskap

Wilgrow

Middelburg, Oos-Kaap

1

15

September 2018

9

10