Previous Page  9 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 132 Next Page
Page Background

Ds koos kirsten

woord

Uit die

m

et of sonder die Here. Hoe wil jy deur die lewe

gaan? Sonder die Here loop dinge maar erg skeef,

soos ons in Josua 7 en 8 lees. Israel het Jerigo

ingeneem en wou nou vir Ai ook inneem, maar het

die eerste aanval verloor.

Agan het van die bangoed van Jerigo vir homself gevat en die hele

volk het die gevolge daarvan gedra. Sy sonde is ontbloot, hy is

saam met sy gesin verbrand en ‘n groot hoop klippe is op hulle

gegooi. Die klippe getuig van ‘n lewe sonder die Here: ‘n Lewe van

mislukking wat tragies eindig.

Met die tweede poging het die Here Ai aan Israel oorgegee. Hulle

het die stad ingeneem en verwoes en dit verbrand. Die koning van

Ai is lewendig gevang en later die dag gehang. Sy lyk is by die

stadspoort gegooi en met ‘n groot hoop klippe toegegooi: Nog ‘n

hoop klippe wat getuig van ‘n lewe sonder God. ‘n Tragiese lewe

van mislukking, want hy kon nie sy stad en mense red nie. Hy wou

nie net sonder God nie, maar ook teen God optree en daarom het sy

lewe so tragies geëindig.

Na hierdie oorwinning het Josua ‘n altaar vir die Here gebou. Hy

het ongekapte klippe gebruik. Nog ‘n hoop klippe, maar hierdie

keer is dit klippe wat getuig van ‘n lewe met God, in die

teenwoordigheid van God: ‘n Lewe van oorwinning. Toe Josua

die brand- en dankoffer gebring het, het die volk weerskante van

die altaar op die berge Gerisim en Ebal gestaan. Só het hulle gewys

dat die Here in die middel, in die sentrum van die volk se lewe is. Hy

was weer God mét hulle. Dié God wat aan hulle die oorwinning gee

en hulle seën.

Jesus het na die wêreld gekom om God met ons, God in ons

midde, te wees. Hy het gekom om die sonde te oorwin en aan ons

‘n lewe van oorwinning en seën te gee. Sonder Hom is ons soos

Agan en die koning van Ai. Sonder Hom stuur ons lewens af op

mislukking en tragedie.

God het ook die Heilige Gees aan ons gegee om nou nie meer net

God met ons te wees nie, maar ook God in ons. Die Heilige Gees

in ons lei ons om nou ‘n lewe naby, in die teenwoordigheid van

God, te lei. Onder sy leiding kan ons nou ‘n lewe van oorwinning

en seën hê. Plaas dan jou hand in die hand van God en leef in die

geloof naby aan Hom.

7

September 2018

The real

South Africa

– not the new South Africa

I

f I recall correctly it was during a strategic session with the

Agri SA team that Mr Chris Klopper explained the concept

of moving from the old South Africa to the new South Africa.

The new South Africa is not really where we want to be, as in

the new South Africa corruption, discrimination, poverty and poor

service delivery reign.

He painted a picture of the real South Africa that exists in our

minds. I immediately grasped this vision because it related to my

personal mission in life, which is built on the premise that agricul-

ture is the only true way to heal our country. This is the reason for

many hours spent on rebuilding relations and using agriculture to

give our people back their dignity.

All of us will agree that the 1994 election, and all the events sur­

rounding it, was the moment when we moved from the old to the

new South Africa. For me the Bela-Bela Land Summit on 23 and

24 August this year was the moment when we moved from the

new South Africa to the real South Africa. People found each other

in the 63 stories that were shared.

This is where the impossible became possible. The same impossible

that Nelson Mandela dreamed of: ‘It always seems impossible until

it’s done…’

The foundation for these newly established relations was not

found in the BEE act, but quoted from a chapter and verse out of the

Bible. All these stories did not start a week ago, but started ten years

ago – or even longer back. You can ask yourself why we only hear

all these stories of hope now? I firmly believe that it is the Lord’s

perfect timing. Only He knows.

What I know about the Lord’s timing is that it is always on time;

never too soon or too late. I saw hope in peoples’ eyes. I saw a

picture of the real South Africa and what it can look like as described

by Klopper a few years ago.

Behind the scenes a lot of work had been done and we as leaders

had to take immense strain in the run-up to this historic moment, so

we all can move to the real South Africa. But man, is it worth it!

Jannie de Villiers,

CEO, Grain SA

Bela-Bela Land Summit