Previous Page  101 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 101 / 132 Next Page
Page Background

Sonneblompakket

presteer in

onvoorspelbare seisoen

D

ie 2017/2018-seisoen was ‘n hoogs

onvoorspelbare seisoen. Ten spyte

van uiterste klimaatstoestande, het son­

neblom homself in die afgelope seisoen

weer bewys as ‘n gewas wat in strawwe

produksietoestande goeie opbrengste kan

realiseer. Laasgenoemde kan toegeskryf

word aan ‘n goed ontwikkelde penwortel

wat vog vanuit dieper grondlae kan onttrek.

In die 2017/2018-seisoen is talle produsen­

te verras deur die prestasie van die kultivars

in die Agsun-sonneblomreeks. Hier is enkele

van die suksesverhale.

Heilbron

Mnr BG Strydom van die plaas Marthinus

Rust in die Heilbron-omgewing het die

afgelope seisoen twee van Agricol se

hoë-opbrengssonneblombasters geplant,

naamlik AGSUN 8251 en AGSUN 5103

CLP. Volgens Strydom groei die Agsun-

reeks besonder egalig en vergemaklik dit

die stroopproses. Die kultivars het ook

uitstekende skepelmassa en is minder toe­

ganklik vir voëlskade as ander kultivars.

Strydom het die afgelope seisoen ‘n op­

brengs van 1,9 t/ha gerealiseer te midde van

‘n uitdagende seisoen.

Wolmaransstad

So ook kan mnr André Jordaan van

Mashandi Boerdery op Wolmaransstad

getuig van AGSUN 8251 se sukses. Ten

spyte van die uitdagende omstandighe­

de het AGSUN 8251 met vroeë aanplan­

tings steeds ‘n gemiddelde opbrengs van

2,1 t/ha gelewer. Volgens Jordaan het

hy Agricol se sonneblomkultivars die

afgelope seisoen gemeet teen ander son­

neblomkultivars wat in die Wolmarans-

stad-distrik geplant word. Hy het

waargeneem dat die Agsun-sonneblom­

reeks uitstekende weerstand teen siektes

toon. Alhoewel hy vanjaar voorkomend

teen Alternaria gespuit het, is daar by

die Agsun-kultivars nie naastenby die

skade as gevolg van swamsiektes, ge­

meet teen ander kultivars wat aangeplant

is nie. Jordaan is ook beïndruk met die

kultivars se goeie opkomsvermoë en

opbrengsstabiliteit en beweer “Agricol se

sonneblom is vir my ‘n goeie

all-rounder.

Ek kan dit vroeg of laat plant; die kultivars

doen altyd goed. Agricol se sonneblom het

altyd ‘n beter skepelgewig as ander kul­

tivars en toon uitstekende graankwaliteit.

Die silo’s is ook aansienlik tevrede met die

graanmonster. Dit is maklik om die monster

se vreemde materiaal te verminder. Die

stay green

-eienskap het heelwat hiermee

te doen. Ek sukkel nie met dowwe pitte nie.”

Hartbeesfontein/Ottosdal

Mnr Flip de Bruyn (jr) en sy pa, mnr

Flip de Bruyn (sr) van Hageland Boerdery

tussen Hartbeesfontein en Coligny in

die Noordwes Provinsie plant Agricol se

sonneblombasters al vir ‘n geruime tyd

met groot sukses op ongeveer 1 600 ha

droëlande. Die hoofaanplanting bestaan

uit AGSUN 8251 en daar is al ‘n gemiddeld

van 2,7 t/ha van die kultivar gestroop.

Die langtermyn-gemiddelde opbrengs van

die kultivar is ongeveer 2 t/ha. Volgens

De Bruyn is AGSUN 8251 se opbrengs­

stabiliteit in droë en nat seisoene een van

die eienskappe van die kultivar waarvan

hy hou. Die kultivar bevat ook die

stay

green

-eienskap, wat die plant minder

vatbaar vir omval as gevolg van sekere

stamsiektes maak en verseker dat die

plante ‘n uiters goeie staanvermoë het.

In die Hartbeesfontein-gebied kom daar

ook groot getalle duiwe voor en is die

vreetskade aansienlik minder as gevolg van

die kompakte kopvorm van die kultivar.

Bethlehem

“Ek plant AGSUN 8251 al vir ‘n paar jaar,

met uiters stabiele opbrengste. Voordele

van die kultivar wat dit op my plaas laat

uitstaan, is sy staanvermoë en kopgrootte

– wat voëlskade beperk. Die kultivar

groei ook nooit te hoog nie – wat stroop

vergemaklik.” Só beweer mnr Henry

van der Merwe van die plaas Deelpan in

die Bethlehem-area. Van der Merwe het

AGSUN 8251 vanjaar op 700 ha teen ‘n

gemiddelde opbrengs van 2,2 t/ha geplant

en sê hy kan AGSUN 8251 vir enige mede-

produsent aanbeveel.

Vir produsente gaan die geheim tot sukses

vir die komende seisoen se sonneblom­

aanplantings op kultivarkeuse berus. Die

twee belangrikste eienskappe wat in ge­

dagte gehou moet word, is opbrengsstabili-

teit asook siekteverdraagsaamheid. Hierdie

twee faktore speel die grootste rol in ‘n

kultivar se langtermynstabiliteit. Die Agsun-

sonneblomreeks is sinoniem met opbrengs­

stabiliteit.

AGSUN 8251 het die afgelope seisoen weer bewys dat dit

‘n moet is vir enige sonneblompakket.

Joubert Swanepoel,

Agricol

99

Promosie-artikel