Previous Page  107 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 107 / 132 Next Page
Page Background

Korporatiewe lede

versterk Agri SA se hand

S

ake-ondernemings binne die land-

bouwaardeketting kan nou by

Agri SA se nuutgeskepte kor­

poratiewe kamer aansluit. As deel

van Agri SA se groter strategie om die

totale waardeketting in gesprek met me­

kaar te bring, bied dit nuwe skakel- en

kontakgeleenthede waar samewerking en

ondersteuning tussen die verskillende rol­

spelers in landbou bevorder kan word.

“Korporatiewe lede kan hierdie kanaal

gebruik om eerstehandse inligting van die

produsent en die groter sektor se behoeftes

te verkry. Hoewel ondernemings reeds

op voetsoolvlak met verskeie produsente

skakel, is hierdie ‘n addisionele gesprek

op nasionale vlak wat tendense en hoe

rolspelers hulself kan posisioneer, on­

dersoek,” sê mnr Pietman Roos, hoof:

Korporatiewe Aangeleenthede en Kommu­

nikasie by Agri SA.

“Dit moet benadruk word dat Agri SA en

die lede van die korporatiewe kamer ten

doel het om die belange van die produsent

te bevorder. Die lede besef self dat hulle

onmiddellike lewensvatbaarheid asook die

volhoubaarheid van ekonomiese groei in

Suid-Afrika van ‘n gesonde landbousektor

afhang. Dit is ‘n prysenswaardige gebaar

om by Agri SA as korporatiewe lid aan

te sluit met die doel om die produsent te

beskerm,” sê hy.

Die vloei van inligting kom egter nie net

primêr van die produsente se kant af nie.

Agri SA sien ook toe dat die organisasies

kundigheid na die tafel bring – wat aan

beleidsgesprekke veel meer diepte gee.

“‘n Mens moet in gedagte hou dat die

ondernemings nie net plaaslike spesialiste

in hul onderskeie velde is nie, maar ook

internasionale kundigheid kan trek.“

Die kamer bestaan tans uit 33 uiteenlo­

pende lede. Dit sluit groot internasionale

maatskappye soos AB InBev, British

American Tobacco en Woolworths in, as­

ook Suid-Afrikaanse maatskappye met

‘n nasionale voetspoor soos Nedbank en

Santam. Insetverskaffers waaronder Rolfes

Agri, Syngenta, Dow Dupont en BASF is

ook aktiewe lede, asook verspreiders soos

Laeveld Agrochem en Intellichem.

Daar is ook ‘n stewige kontingent pro­

fessionele diensverskaffers wat alreeds

kundigheid in verskeie landbou-areas op­

gebou het en wat dit nou met Agri SA

deel. Hier kan onder andere verwys word

na EY en MacRobert Prokureurs en nis-

diensverskaffers soos Sonfin en Agri

Tourism. Verder is daar die tradisionele

landboubesighede soos Obaro en GWK wat

verantwoordelik is vir groot innovasie en

nuwe denke binne landbou.

Volgens Roos bied lidmaatskap aan on­

dernemings die geleentheid om op gelyke

voet met ander besluitnemers in landbou

te gesels. Omdat die lede so uiteenlopend

is – met verskeie behoeftes en maniere

van dinge doen – is daar heelwat werk

wat agter die skerms plaasvind om seker

te maak Agri SA verstaan hul behoeftes

en dat hul die regte gesprekke met ander

rolspelers voer.

“Afgesien van die gesprekke wat deur die

jaar plaasvind, hou die korporatiewe kamer

gereelde kamervergaderings en spesiale

sittings. Agri SA het in 2018 reeds ‘n

sessie met regter Antonie Gildenhuijs, die

erkende gesag binne onteieningsreg, ge-

reël ten einde onteiening sonder vergoe­

ding indringend te bespreek.

“Die kamer is tans besig met ‘n verskei­

denheid van oorkoepelende projekte,

alhoewel transformasie die grootste fo­

kuspunt is. Daar is ‘n magdom energie

binne transformasie en ons wil graag die

ondernemings en organisasies, wat elk

met hul onderskeie en uitstekende projekte

besig is, nader aan mekaar bring en so­

doende sinergie ontsluit. Die verwagting

is ook dat die korporatiewe kamer wesenlik

oor die medium termyn sal groei.

“Danksy die bostelegram is daar al hoe

meer ondernemings met hegte bande binne

landbou, asook dié wat groter geleenthede

binne landbou sien, wat ons kontak om aan

te sluit by die korporatiewe kamer. Agri SA

pas egter ‘n standaard profielondersoek op

nuwe lede toe en aansoeke word deur die

direksie goedgekeur,” sê Roos.

Ongeag die hoeveelheid korporatiewe lede

word hulle stemreg binne Agri SA tot 10%

beperk.

105

September 2018

Aktueel

clarify under what circumstances it will be ‘fair and equitable’ (as

required by the Constitution) to expropriate without compensation.

Whatever is done must stand up to the scrutiny of the courts. As a

country we will not be at the mercy of populist politicians.

Ultimately, it is also important to remember that the leaders of

the governing party know that they have to strike a careful balance

if they want to stay in power. They have to do something fast to

address the growing impatience around land, but they can't do

anything that will collapse the economy. Hence the wording of the

ANC resolution at Nasrec that expropriation of land may not un-

dermine future investment in the economy, damage other sectors

of the economy or negatively impact on agricultural production or

food security.

For the peaceful future of the country we have to listen to what

is actually being said by those who are making the decisions

and reject those who are trying to scare us in order to grow their

own power bases.

This article was published by

News24

on 23 May 2018 and is republished with their permission.

Mariëtta Cronjé,

SA Graan/Grain

medewerker