Previous Page  100 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 100 / 132 Next Page
Page Background

Op een spesifieke land van Gonnerman

(

Foto 4

op bladsy 97) het sy pa gesê dat

hy in sy lewe nooit ‘n oes daarop sou maak

nie. Op die foto kan ‘n mens sien hoe lyk

die sojabone wat hy daar geplant het na die

regte bewaringslandboupraktyke.

Die antwoord lê in

grondgesondheid

By Blue Dasher Farms naby Esteline,

Suid-Dakota, is ‘n proef gedoen om ‘n

vergelyking te tref tussen die impak van

konvensionele boerdery en bewarings­

landbou op biodiversiteit – veral insekte.

Op

Foto 5

op bladsy 97

is studente

besig om ‘n insekinventaris op te stel en

daarmee saam doen hulle ook ‘n koste-

winsvergelyking op konvensionele en

bewaringslandbou. Hulle het bevind dat be­

waringslandbou tien keer minder plae as

konvensionele boerdery het – sien

Grafiek 1

op bladsy 94.

Hulle het voorts gevind dat bewarings­

landbou ‘n effe laer opbrengs het, maar

sodra dit kom by winsgewendheid, dit

dubbeld die wins van konvensionele

boerdery genereer.

Die enigste verband wat hulle kon trek om

die wins te verklaar, was grondgesondheid.

Hulle het ook bepaal dat hoe hoër jou

persentasie organiese materiaalinhoud

(POM), hoe hoër jou wins en hoe laer

jou gronddigtheid (hoe meer organiese

materiaal jy in jou grond het – GOM), hoe

hoër jou wins – sien

Grafiek 2

op bladsy 94.

Dit is die enigste korrelasie wat hulle in die

navorsing kon vind.

Sojabone floreer met

insekte en grondlewe

“‘n Algemene praktyk wat ons waargeneem

het, is dat die produsente direk na

koring ‘n dekgewas (mengsel met rog as

hoofbestanddeel) plant. Hulle plant ook

sojabone binne-in ‘n groen dekgewas en

spuit of rol dan die dekgewas later dood.

“Só het mnr Chris Teachout van Shenan­

doah, Iowa, se sojabone vertoon – sien

Foto 6

op bladsy 97. Mnr Lourens van Eeden

(op die foto met sy rug na die kamera) is ‘n

Kapenaar, wat heeltemal meegevoer geraak

het met die insekte en die grondlewe in die

land. Kyk ook hoe droog is daardie grond

– hierdie produsent het vier weke gelede

reën gehad en kyk hoe mooi is daardie

sojabone,” het Dreyer opgemerk.

Boots natuur na

“In die VSA (waar ons was) word ultra-hoë­

drukbeweiding oor die algemeen deurgaans

toegepas by almal wat lewende hawe inbring.

Al ons ervarings op hierdie toer het net weer

bevestig: Gaan kyk wat die natuur doen en

probeer om dit na te doen.”

op plaasvlak

Bewaringslandbou

Grondorganiese materiaal