Previous Page  96 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 96 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

94

Grondorganiese materiaal kan jou

watergebruik

optimaliseer

“B

iomimic” – die nabootsing

van die natuur deur geenbe-

werking, dekgewasse en vee-

integrasie. Dít is hoe mnr

Izak Dreyer, ‘n produsent van Vrede in die

Vrystaat wat al tien jaar bewaringslandbou

toepas, die toer wat hy verlede jaar na

Noord-Amerika meegemaak het, opsom.

Hy het oorsigtelik die kennis wat hy

opgedoen het by produsente wat daar

bewaringslandbou toepas, tydens die

bewaringslandboukonferensie van die Ot­

tosdal No-till Klub op 13 Maart vanjaar

gedeel.

“Ons het verlede jaar in Augustus die voor-

reg gehad om bewaringslandbouprodu­

sente in Noord-Amerika te gaan besoek.

Die groep het bestaan uit twaalf produsente

wat van Bismarck in Noord-Dakota tot

by Kansas City in die suide – ongeveer

2 500 km in totaal – gereis het. Die grootste

gedeelte van daardie area was bedek met

mielielande. Die reënval by Noord-Dakota

is ongeveer 460 mm/jaar, wat nie so hoog

is nie en waarvan ongeveer ‘n kwart in die

winter in die vorm van sneeu is, waarna dit

toeneem na ongeveer 800 mm en ‘n bietjie

minder by Kansas City.”

Hy het gesê dat die toer hulle oë oopge-

maak het om sake anders te benader.

Volgens hom is vog nie die grootste

beperkende faktor in Suid-Afrika nie, maar

wel grondorganiese materiaal om die vog

doeltreffend aan te wend.

Grondorganiese

materiaalinhoud is koning

“Ons het een dag by mnr Gabe Brown in

Noord-Dakota deurgebring. Hy het vir ons

‘n ontleding van sy grond vergeleke met

dié van sy bure, gegee – sien

Tabel 1

. Die

bure wie se data gebruik is, is ‘n organiese

produsent, ‘n geenbewerkingsprodusent

met ‘n lae diversiteit van gewasse

(byvoorbeeld mielie > sojaboonwisselbou­

stelsel) en ook ‘n

no-till

-produsent (me­

dium diversiteit, aansienlik chemikalieë,

wat beteken kunsmis en onkruid- en

plaagdoders).

Brown se eie benadering is geenbewer-

king, hoë diversiteit, geen chemikalieë en

‘n groot aantal lewende hawe (beeste, ska­

pe, varke, hoenders en bye).

op plaasvlak

Biomimic / Besoek aan Noord-Amerika

Bewaringslandbou

Adri Theron,

SA Graan/Grain

redaksiespan

Grafiek 1: Blue Dasher Farms se studente het bevind dat bewaringslandbou tien keer minder plae as

konvensionele boerdery het.

Grafiek 2: Die verband tussen grondorganiese materiaal en wins. Hoe hoër organiese materiaal­

inhoud en hoe laer jou gronddigtheid (dus meer grondorganiese materiaal), hoe hoër jou wins.