Previous Page  97 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 97 / 132 Next Page
Page Background

95

September 2018

“Op die vergelyking is sy stikstof (N) by-

kans sewe keer hoër as sy bure s’n, sy

fosfaat (P) is omtrent vyf keer meer en sy

kalium en organiese koolstof (OK) is albei

oor ‘n duisend – wat beteken sy grond­

organiese materiaalinhoud is by die 10%.

In Suid-Afrika is ons grondorganiese ma­

teriaalinhoud ongeveer 1%,” vertel Dreyer.

Dieretuin onder ons voete

Hoe kry hy dit reg om hierdie “dieretuin

onder ons voete” aan die gang te kry? Toe

hy in 1993 met die herstel van sy grond

begin het, was die organiese koolstofin­

houd van die grond ook maar ongeveer 1%.

Hy het weggespring met geenbewerking,

waarna die koolstofinhoud so ‘n bietjie

verbeter het. Nadat hy wisselbou ingespan

het, het dit matig nog verbeter. Na

monokultuurdekgewasse het dit nie regtig

verbeter nie en met multispesie-dekge­

wasse het dit redelik begin toeneem.

Dit was egter eers nadat hy lewende hawe

ingebring het, wat hy werklik goeie resultate

bereik het. In 2013 was sy organiese kool­

stofinhoud op 6% en toe Dreyer-hulle

verlede jaar die VSA besoek het, was dit op

10% (sien

Foto 1

op bladsy 97).

“Tydens die besoek – dit was in Augustus,

wat die ekwivalent van ons Februariemaand

is – het hy vir die seisoen tot ‘n week

voor ons besoek 50 mm reën gehad.

Twee dae voor ons daar was, is nog

20 mm aangeteken. Sy dekgewasse het

op daardie stadium besonder goed gelyk

– sien Foto 1. Sy lewendehawe-integrasie

sien soos volg daaruit: Beeste onder

ultrahoëdrukbeweiding, dan skape, dan

varke en uiteindelik hoenders wat hy in

hoenderhuise met sonpaneeldeure huisves

soos in

Foto 2

op bladsy 97 gesien kan

word. Die deurtjie gaan in die aand toe en

in die oggend oop. Daarvandaan kry hy

gesonde hoendereiers. Dan het hy boonop

byekorwe en ook ‘n groentetuin.”

Wat maak hy met die

voedsel wat hy produseer?

Omdat hy gesonde voedsel (waarop

geen chemikalieë gebruik word nie) vir ‘n

groeiende mark wat spesifiek daarom vra,

produseer, is die bemarking daarvan via

hul webtuiste (wat sy seun bestuur) na die

inwoners van die stad Bismarck, wat naby

hulle geleë is, geen uitdaging nie.

Twee maal ‘n week haal die tuisteskeppers

hul produkte op spesifieke punte, waar sy

seun dit aflewer, af. Volgens Brown doen

hy per hektaar (in geldwaarde) 20 keer beter

as sy bure.

“Dit is interessant dat Amerikaanse kon­

sultante hul kliënte adviseer om hul plase

kleiner te maak, omdat hulle nie groot

plase doeltreffend kan bestuur nie.”

Navorsingsplase

In Amerika is daar per distrik, of ‘n paar

distrikte, ‘n navorsingsplaas waarvan die

produsente op die direksie dien en waar hul

kundiges het wat navorsing doen.

“Op een van die plase was ons by ‘n navor-

ser, mnr Dwayne Beck, van die navor­

singsplaas Dakota Lakes Research Farm.

Daar het ons erdwurms gesien – wat hulle

nightcrawlers

noem – wat so ‘n groot gat

maak dat jy jou pinkie daar kan indruk. Op

‘n land waar dit die vorige week gehael het,

het van die erdwurms van die mielieblare in

hul gate ingetrek. Só benut die Amerikaners

die natuur om hul infiltrasietempo mak­

simaal te benut.” Op

Foto 3

op bladsy 97

kan ‘n mens sien hoe die struktuur van

daardie grond lyk.

“Die struktuur van die grond was deur die

bank die hooftema by elke plaas waar ons

aangedoen het. Niemand is daar bekom­

merd oor gronddiepte nie; almal konsen­

treer op grondstruktuur.” Die grondstruktuur

wat hulle nastreef, lyk soos dié op Foto 3.

Beck het vir 27 jaar lank met sojabone en

mielies in ‘n 50/50-wisselbouproef geëks­

perimenteer. Na 27 jaar het hy besluit om dit

te staak, want hulle het gevind dat te veel

stikstof in grond die grond kliphard maak,

aangesien dit die organiese materiaal te

vinnig afbreek.

“Ons wat in die ooste van Suid-Afrika boer,

is almal op hierdie stelsel, so dit was veral

vir ons insiggewend,” het Dreyer gesê.

“In Beck se proefdata wat hy beskikbaar

gestel het, het sojaboonopbrengs na ‘n

monokultuurdekgewas met 500 kg/ha ver­

hoog en in ‘n diverse dekgewasmengsel

is sojaboonopbrengs met 1 t/ha verhoog.

Die Amerikaners stroop oor die algemeen

ongeveer 3 t/ha tot 4 t/ha.”

Sinergisme van

dekgewasse bewys

Op Menoken, nog een van die na­

vorsingsplase, is in ‘n proef in ‘n droë

jaar vier verskillende monokultuurdek­

gewasse geplant en in die vyfde proef is

al die gewasse gemeng. Uiteindelik was

die droëmateriaalproduksie op die ge­

mengde proef vier keer dié van die mono­

kultuurdekgewasse.

Die sinergisme van dekgewasse (tussen

verskillende spesies plante) word op dié

manier uitstekend bewys. Dieselfde pro­

dusent pas ook hoëdrukbeweiding op sy

dekgewasse toe. Hulle het nie genoeg wer­

kers nie, daarom gebruik hy ‘n motorfiets

om draad te span – plant penne in, rol draad

af en koppel elektriese drade – om vir die

beeste kampe te maak.

Insekbestuur

“By mnr Scott Gonnerman (York, Nebraska)

het ons gesien hoe ‘n mens sonder om

enige insekdoders te gebruik of deur BT-

mielies te plant, insekte tot jou voordeel kan

bestuur. Hy het kontak met entomoloë en

‘n laboratorium, so as hy ‘n plaag teëkom,

neem hy foto’s van die plaag en die insekte

wat dit veroorsaak en stuur dit vir die

entomoloë. Volgens hom kom die boodskap

dan 95% van die kere terug dat die insekte

op sy foto predatore is en dat hy hul net so

drie dae kans moet gee, dan sal die insekte

mekaar self uitsorteer.

“Rondom die lande is bestuiwers geplant

en hulle beplan ook die gras en bome daar

rondom met die oog daarop om die insekte

te kan bestuur.”

Dit was interessant dat sy spilpunte

onbenut gestaan het – omdat hy nie nodig

gehad het om te besproei nie, as gevolg

van die verbetering in grondgehalte en

waterhouvermoë.

BESTUUR

N (dpm)

P (dpm)

K (dpm)

OK*

Organies

2

156

95

233

Geenbewerking, lae diversiteit

27

244

136

239

Geenbewerking, medium diver-

siteit, hoë sinchronisasie

37

217

199

262

Geenbewerking, hoë diversiteit,

geen chemikalieë, lewende hawe,

chemikalieë

281

1 006

1 749

1 095

* Organiese koolstof

Getoets deur dr Rick Haney, ARS, Temple, Texas

TABEL 1: ‘N VERGELYKING VAN GABE BROWN SE GROND MET DIÉ VAN SY BURE.