

53
October 2018
Saadbehandeling: Saad is behandel met swammiddel: Gaucho-
verwante behandeling vir insekte (plantluise en blaaspootjie).
Plantdigtheid
9 kg tot 10 kg saad/ha (grondtipe en klimaat bepalend van die
hoeveelheid kg saad/ha).
± agt tot tien pitte/m.
± 10 cm inrypitspasiëring.
0,91 m rywydte (6-rye, lasry, stroper).
Tweelingry (
twin row
): 0,75 m.
Plantestand wissel vanaf ± 80 000 plante/ha tot 100 000 plan
te/ha (hoëpotensiaalgronde wissel vanaf 90 000 pitte/ha tot
110 000 pitte/ha).
Beheer
Aalwurmbeheer: Katoen pas goed aan op sandgronde, maar
aalwurmbeheer is krities aangesien dit een van katoen se
grootste vyande is.
Insekbeheer: Beheer stinkbesies, bladspringer en plantluise
verkieslik op aanbeveling.
Onkruidbeheer: Wandelende Jood is ’n uitdaging wat regdeur
die seisoen ervaar word en moet betyds (tydens tweeblaar
stadium) behandel word. Glifosaatverwante beheer na opkoms
is belangrik; Atrasien-gevaar.
Bemesting
Grondontleding is belangrik: Grondtipe sal bepalend vir kuns
mistoediening wees.
Wisselbou (voorafgaande gewas) sal die hoeveelheid stikstof
bepaal. Hoë hoeveelhede organiese materiaal en die grond se
klei-inhoud is ook bepalend.
Stikstof (N): 60 kg/ha tot 100 kg/ha (80% - 90% voor agt weke
na opkoms, ongeveer 10% in Januarie).
Fosfaat (P): 30 kg/ha tot 45 kg/ha (voor plant).
Kalium (K): 50 kg/ha tot 70 kg/ha (optimaal verbruik vanaf die
eerste blomknop vir die volgende 40 dae).
Vogbehoefte
300 mm/jaar tot 700 mm/jaar (streek, groeiseisoen, metode en
kultivar).
Opbrengs en water het ’n positiewe korrelasie: ’n Volle profiel
voor plant is noodsaaklik.
Reën vanaf eerste blomknoppe (25 Desember) tot einde Janu
arie speel groot rol in opbrengsbepaling.
Katoenverbouing is uiters intensief, gevolglik skram sekere pro
dusente dikwels daarvan weg ten gunste van ander gewasse soos
mielies, wat nie so intensief is nie. Produsente moet hulle egter
nie hierdeur laat afskrik nie, aangesien dit wil voorkom asof katoen
se winsgewendheid oor die algemeen meer belowend as dié van
mielies is, alhoewel deeglike winsgewendheidsanalises en proewe
eers gedoen moet word.
Bemarking staan op twee hoofpilare: Wisselkoers en New York-
toekomspryse (NYF)-prys wat VSA sent/pond (USC/lb) is. Verskan
sing word gebruik in beide instrumente. Vaalharts Katoen werk
saam met Fulcrum Bemarking, wat op hulle beurt betreklik nou saam
met ’n Australiese bemarkingsagent (Campbell) werk om ons van
markinligting te voorsien.
Katoenproewe
Dit wil voorkom asof katoen spesifiek in produsente in die westelike
produserende gebied se behoeftes voldoen weens sy goeie prys,
opbrengs en sy droogteverdraagsaamheidseienskappe.
Na vele pogings en wisselende resultate as gevolg van die geweldige
lae reënval die afgelope drie seisoene, het daar uiteindelik ’n lig in die
tonnel verskyn. Vaalharts Katoen het saam met ’n groep produsente
in die weste strookproefaanplantings gedoen en uit die afgelope
seisoen se resultate is dit duidelik dat katoen groot belofte in dié
areas inhou.
In
Figuur 1
is die verskillende strookproeflokaliteite wat die komende
seisoen aangeplant gaan word om die aanpasbaarheid van vier
verskillende kultivars in verskillende streke te toets, aangebring.
Slotsom
Volgens katoenkenners is die “wegspring” van katoen alles. Indien
produsente katoen vir die eerste keer wil aanplant, is daar heelwat
huiswerk wat gedoen moet word. Produsente moet hulself eers
deeglik van al die uitdagings in die bedryf vergewis voordat ’n klomp
geld daarin belê word.
Vir meer besonderhede kontak Louis Olivier van Vaalharts Katoen
by 082 948 2111 of
louis@vhcotton.co.za
vir enige vrae oor die
katoenbedryf.
Figuur 1: Lokaliteite van katoenstrookproewe.
3: Jozeph du Plessis (graanprodusent van Schweizer-Reneke en hoofbestuurslid van Graan SA) by sy
eerste katoenoes in 30 jaar.
4: Vervoerkoste na die pluismeule is ’n kostefaktor wat in ag geneem moet word.
4
3