

Oktober 2018
52
Katoen:
Moontlike wisselbougewas
M
et die uitdagende winsgewendheidsituasie van graan
produksie is produsente op die uitkyk vir alternatiewe
gewasse, anders as die tradisionele mielies, sonneblom
en sojabone. Katoen is besig om kop op te tel en die
belangstelling daarin is besig om te groei.
Vaalharts Katoen (VHK) het ongeveer drie jaar gelede na ander
produksiegebiede (Stella, Setlagole, Migdol, Sannieshof, Mareet
sane, Buhrmannsdrif, Schweizer-Reneke en Bothaville) begin uit
brei. Met die hulp van verskeie medewerkers is proefaanplantings
gedoen en positiewe uitkomste is behaal – wat katoen ’n geskikte
ekonomiese alternatiewe gewas in ’n wisselboustelsel maak.
Praktyke en toerusting
Dit moet egter duidelik gestel word dat daar besliste uitdagings
rakende praktyke en toerusting is alvorens potensiële produsente
dié gewas kan oorweeg. Die onderstaande lys, waarin van hierdie
uitdagings gelys word, is deur Vaalharts Katoen opgestel:
Praktyke
Aanplant op oorlêlande is ’n noodsaaklikheid – voldoende
grondvog is krities tydens plant vir bevredigende ontkieming en
saailingontwikkeling.
Plantdiepte is ’n groot uitdaging, ± 20 mm tot 30 mm en die
gebruik van ’n roleg is belangrik.
Windskade op sandgronde is ’n werklikheid wat groot skade
kan aanrig.
Glifosaatweerstandbiedende onkruide is ’n belangrike faktor
om in ag te neem en daar moet verwante beheer na opkoms
plaasvind.
Toerusting
’n Katoenstroper is duur en groepe produsente sal dalk moet
saamwerk met die aankoop daarvan.
Die keuse tussen ’n spoel (
spindle
)- en/of aftrek (
stripper
)-
stroper is belangrik en produsente moet seker maak dat die
gepaste een vir sy praktyk en situasie aangeskaf word.
Pluiskapasiteit is beperk en Vaalharts Katoen is reeds in
gesprek met finansieringsinstansies om kapasiteit te verhoog.
Vervoer van produk na die pluismeule is ’n kostefaktor wat
tydens berekeninge in ag geneem moet word.
Kernkitsfeitelys vir droëlandkatoen
Die onderstaande kitsfeitelys beklemtoon die kritiese faktore en
uitdagings vir die aanplanting van droëlandkatoen.
Klimaat
Die klimaat waarin katoen die beste funksioneer, is warm droë
omstandighede.
Dit verkies woestynagtige klimaat om genoegsame hitte-
eenhede (1 300) bymekaar te maak – wat opbrengs en kwaliteit
bepaal.
Plantdatum
Grondtemperatuur speel ’n groot rol ten opsigte van ontkie-
ming en saailingsiektes na plant.
Aanbevole gemiddelde grondtemperatuur van 18˚C oor ’n
periode van ongeveer vyf dae (08:00, volle profiel).
Optimale plantvenster strek vanaf 25 September tot 30 Oktober.
Katoen het ’n 165 tot 180 dae groeiseisoen (ongeveer ses
maande rypvrye dae) nodig.
Ryp is ’n kernfaktor wat nadelig vir die oes kan wees (intreedatum
20 April en uittreedatum 10 Oktober).
Grondvoorbereiding
Katoen is gevoelig vir verdigtingslae (tand 45 cm - 50 cm).
’n Ferm saadbed is noodsaaklik en grond/saad-kontak is krities
vir ’n goeie stand.
Daar moet tydens die eerste somerreën geplant word
– produsente kan nie dan eers grondvoorbereiding doen nie.
Materiaal (oesreste)/dekgewas lewer ’n bydrae met wind
skade.
Die inplant van koring/gars vir windskade is ook wenslik.
Katoen leen hom uitstekend tot verminderde bewerking.
Saad
Kultivars: Dit is belangrik dat kennis daarvan geneem word
dat die aanplant van toevlugsoorde van kardinale belang en
verpligtend met Bt-kultivars is.
op plaasvlak
Wisselbou / Alternatiewe gewas / Uitdagings
Diversifikasie
Louis Olivier,
besturende direkteur, Vaalharts Katoen en
Petru Fourie,
navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA
1
2
1: ’n Inligtingsdag oor katoen is op 20 Februarie vanjaar by Schweizer-Reneke gehou.
2: Groepe produsente sal dit moontlik moet oorweeg om saam ’n katoenstroper aan te koop.