

15
September 2018
JD le Roux, Hoopstad
Rustlandkraal, Hoopstad
Silo Warehouse...
Your grain storage solution.
Top quality turnkey projects
Tel: 012 332 1469
www.silowarehouse.co.za
E-mail: info@silowarehouse.co.za
silowarehouse
buite te bevorder en om die beeld van landbou en produsente,
maar spesifiek die standaard van plaaslike graanproduksie, te
beklemtoon.
Vermoëns en vaardighede
Du Plessis meen ’n toekenning soos hierdie is beslis nodig om
graanprodusente in Suid-Afrika se vermoëns en vaardighede ten
toon te stel. Die breër publiek is onbewus van wat dit vereis om
’n suksesvolle produsent te wees – van wat ingesit word, waar
produsente vandaan kom, waarmee hulle begin het en op watter
gesofistikeerde wyse graanproduksie bedryf word.
“Hierdie toekenning is weens ’n paar redes vir Graan SA ontsettend
belangrik. Eerstens gee dit erkenning aan ons graanprodusente,
wat onder uitdagende omstandighede uitstekend presteer
en vooruitgaan. Dit is vir Graan SA uiters belangrik om aan
graanprodusente erkenning vir uitnemendheid te gee.
“Tweedens gebruik Graan SA hierdie toekenning om die beeld van
landbou in die algemeen en graanproduksie in die besonder te
bevorder en uit te bou in ’n land waar die meerderheid landsburgers
glad nie besef op watter gesofistikeerde vlak graanproduksie bedryf
word nie en wat dit behels om werklik suksesvol te kan boer nie.
“Derdens is die finaliste – en veral die wenner van die toekenning
– ’n voorbeeld en inspirasie vir nuwe produsente en die jonger
geslag produsente, wat eerstehands kan sien wat gedoen is om
sukses te behaal en by wie ’n mens heelwat kan leer. Die finaliste
vertel stories wat inspireer, ’n hoë standaard stel en beklemtoon
dat sukses in niemand se skoot geval het nie,” verduidelik hy.
Fokus op graanproduksie
Hoewel die finaliste diversifikasie toepas, het die primêre beoorde-
ling hoofsaaklik op al die fasette van graanproduksie gefokus.
Strategiese, finansiële, arbeids-, meganisasie- en graanbemarkings
bestuur is geëvalueer.
Klem is gelê op die doeltreffende verbouing van graan en produ
sente se doeltreffendheid is gemeet aan verskeie kriteria, wat
onder meer agronomie, finansiële, hulpbron- en bemarkingsbestuur
insluit. Ander faktore wat ook beoordeel is, is produsente
se betrokkenheid in die gemeenskap en beleidsomgewing,
produksiepraktyke, plaag- en onkruidbeheer, meganisasie en
arbeidsbestuur.
“Gewasproduksie en alles wat verband hou met agronomiese
bestuur is uiters belangrik. ’n Boerdery is egter dikwels só geïnte
greer dat ’n mens noodwendig ook die interaksie en sinergie met
die ander vertakkings en die impak daarvan moet ontleed,” sê hy.
Innoverende produsente
Du Plessis meen Suid-Afrika is geseën met skitterende produsente
wat innoverend is, planne kan maak en die nuutste tegnologie
winsgewend kan implementeer ten einde volhoubaar ekonomies en
ekologies te kan boer. Hulle is nie bang om berekende kanse te waag
om te verbeter, om uit te brei en vooruit te gaan nie.
“Ek het nog nooit ’n graanprodusent teëgekom wat nie bereid was
om ’n medeprodusent met raad te bedien nie. Daarom moet ons
elkeen die geleentheid gebruik om by ons medeprodusente te leer.
Ons moet ’n leergierige gesindheid hê.
“Heelwat kundigheid is ook beskikbaar – professionele persone
wat hoogs opgelei en bekwaam is in verskillende velde. ’n Produsent
kan nie altyd ’n kundige op al die verskillende gebiede wees nie
– betaal daarom vir mense wat wéét
hoe om jou te help waar jy aan
kundigheid tekortskiet.
“Laastens moet ons altyd ont
hou om in nederige afhank
likheid van ons Hemelse
Vader te leef en te boer. Dit
wat ons is, is net genade.
Dit wat ons het, is net vir ons
geleen om as rentmeesters
daarvan op te tree tot Sy eer,”
sê hy.
Volgens Jozeph du Plessis word uitnemende
graanprodusente elke jaar deur hul verteenwoor-
digers vir die toekenning van Graanprodusent
van die Jaar genomineer.