

VISIT GSIAFRICA.CO.ZA
STORAGE
+ CONDITIONING
+ MATERIAL HANDLING
+ STRUCTURES
THE PROFIT CENTER
124 Ridge Road, Laser Park,
Honeydew, Ext 15, Gauteng
P O Box 4012, Honeydew, 2040,
South Africa
Phone: +27 (011) 794 4455
Fax: +27 (011) 794 4515
Email: sales@gsiafrica.co.za
Website: www.gsiafrica.co.za
TURN YOUR OPERATION INTO
PROFIT CENTER
®
Steenkoolproduksiepraktyke het egter groot dele van hierdie
vrugbare grond opgeneem. Volgens ‘n studie wat deur die Buro vir
Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) gedoen is, kan Suid-Afrika in die
volgende klompie jare ‘n land word waar voedseltekorte voorkom
as die tempo van landbougrond wat na mynbou oorgeskakel word,
sou voortduur.
Suid-Afrika het egter nog heelwat bewerkbare grond, wat tans braak
lê, beskikbaar. Die meeste van die grond is geleë in die kusgebiede
van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en in Mpumalanga. In ‘n poging
om produksie in dié dele te verhoog, het Graan SA met die hulp van
sekere vennote ses voorligtingskantore in dié gebiede gevestig.
Produsente is gevolglik in studiegroepe georganiseer en opgelei om
nuwe era-boere touwys te maak in die vestiging van kommersiële
ondernemings. Weens die feit dat nuwe era-boere nie titelaktes vir
die grond het nie, het hulle nie volle eiendomsreg nie en kan hulle
daarom nie aansoek doen vir finansiering nie. Die meeste van dié
grond is kommunale grond en kan nie gekommersialiseer word alvo-
rens dié finansiële uitdaging nie aangespreek en opgelos is nie.
Langtermynstrategie
Graan SA is van mening dat die huidige praktyk om landbougrond
in myne te omskep, in hersiening geneem sal moet word ten einde
te voorkom dat ons ‘n land word waar voedseltekorte heers. Die
uitdagings met finansiering vir gewasproduksie sal tegelykertyd
aangespreek en opgelos moet word. Nalatigheid in die aanspreek
van hierdie tendense en hindernisse, sal tot gevolg hê dat Suid-
Afrika in dieselfde kategorie as byna die res van die Afrika-vasteland
sal val, naamlik voedselonsekerheid.
Weens die landelike ekonomie se afhanklikheid van landbou sal ‘n
wankelende landbousektor arm landelike gebiede ernstig benadeel.
Titelaktes bly die spil waarom kommersiële produksie en voed
selsekerheid draai.
Graa en grondhervorming het noue verband
Graan SA
Grondhervorming
Graan SA/Sasol fotokompetisie