

Oktober 2018
14
Gesogte
graantitel
binnekort weer toegeken
A
fwagting heers oor die bekendmaking van Graan SA se
Graanprodusent van die Jaar vir 2018, wat op 12 Oktober
vanjaar by ’n glansgeleentheid in Midrand plaasvind.
Dié toekenning, wat alreeds in sy 19de jaar is, is ’n
toonaangewende vertoonvenster vir die uitstaande graanprodu
sente van Suid-Afrika.
Die wenner van dié gesogte titel word uit drie finaliste gekies:
Van As Broers (Eiendoms) Beperk van Swellendam in die Wes-
Kaap, die Van Zyl Familietrust van Ladybrand in die Vrystaat en
Wilgrow (Eiendoms) Beperk van Middelburg in die Oos-Kaap. In
Julie het die beoordelaarspaneel die drie finaliste besoek en kan
nie uitgepraat raak oor hul ervaring tydens dié besoeke nie.
Nominasies vir
toekenning
Mnr Jozeph du Plessis, ’n hoof
bestuurslid van Graan SA en
sameroeper van die beoorde
laarspaneel, sê uitnemende graan
produsente word elke jaar deur
hul verteenwoordigers vir die
toekenning van Graanprodusent
van die Jaar genomineer. Hulle
voltooi dan ’n beoordelingsvorm,
waarop ’n klomp vrae oor hul
boerderye gevra word.
Die beoordelaarspaneel besoek
hierna elkeen van die finaliste vir
ten minste ’n halwe dag lank om
hul boerderye te evalueer en te
beoordeel, waarna hulle ’n keuse
moet maak van wie die gesogte
toekenning moet kry. Die stemmery
word vertroulik gedoen en na
Graan SA se ouditeure gestuur
– wat die uitslag eers tydens die
swierige funksie op 12 Oktober sal
bekendmaak.
Die kundige beoordelaarspaneel
bestaan uit vyf lede wat twee
hoofbestuurslede van Graan SA
wat self produsente is, ’n land
bou-ekonoom en twee ervare
landboukundiges – gewoonlik ’n grondkundige en ’n agronoom
– insluit.
“Vanjaar is die Van As-broers van Swellendam, die Van Zyl-familie
van Ladybrand en die Wilken-familie van Middelburg se boerde
rye beoordeel. Die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om ’n
wenner tussen dié drie finaliste te kies, want almal is waardige
wenners,” vertel Du Plessis.
’n Ervare produsent
Du Plessis, wat al 13 jaar op die beoordelaarspaneel dien, is self
’n ervare produsent. Hy boer saam met sy familie in die Schweizer-
Reneke distrik. Hy verteenwoordig ook dié streek op Graan SA
se hoofbestuur. Sy boerdery staan bekend as Locklore Boerdery
en bestaan uit droëlandgewasse soos mielies, sojabone en katoen,
asook ’n vleisbeesvertakking met geregistreerde Santa Gertrudis-
beeste.
Hy sê dit was vir die paneel ’n groot voorreg om by sulke skitterende
produsente op hul plase te kuier. “Die paneel kon eerstehands sien
en beleef hoe hulle hul besighede positief en met passie opgebou
het en vorentoe vat – ondanks die uitdagings waaraan graanpro
duksie in ons land onderhewig is. Ons was hierdie jaar diep geraak
deur elkeen van die drie finaliste se verhale van hoe hulle begin
boer het.
“Min mense besef vandag dat
dit nog nooit maklik was om
’n boerdery van die grond af
te kry en te vestig nie. Ons
het by al drie finaliste gehoor
van uitsonderlike harde werk,
groot persoonlike opofferings
en groot uitdagings met
uiters uitdagende klimaats
toestande, asook uitdagende
finansiële en ekonomiese
omstandighede.
“Van hulle het in hul beginjare
groot terugslae beleef, maar
weer opgestaan, uitgehou
en aangehou tot hulle suk
sesvol aan die gang was.
Hierdie verhale was vir ons
almal uiters emosioneel en
aangrypend – veral in die tyd
waarin ons vandag lewe waar
mense dink die lewe skuld
hulle alles.”
Waardige wenners
Du Plessis sê elkeen van die
drie finaliste is in sy oë ’n
wenner, maar die toekenning
kan ongelukkig net aan een
deelnemer oorhandig word.
“Elke finalis sal egter ’n
waardige ontvanger van hierdie toekenning wees. Elkeen se boerdery
word op ’n besonder hoë vlak bestuur, in harmonie met sy omge
wing en op ’n volhoubare, ekonomiese manier.
“In die proses skep hulle almal goeie werksgeleenthede en dra
hulle heelwat by tot volhoubare voedselsekerheid vir ons land, wat
só belangrik is gegewe ons groeiende bevolking en groot getal
arm mense. Hulle is almal passievol, positief en innoverend. Boonop
is hulle geloof en deursettingsvermoë ’n voorbeeld vir almal
van ons.”
Aangesien Suid-Afrika vernuftige graanprodusente het, is dit vir
Graan SA uiters belangrik om die beeld van graanprodusente na
Graan sa
Elizabeth Botha,
SA Graan/Grain
medewerker
“
Ons het by al drie
finaliste gehoor van
uitsonderlike harde
werk, groot persoonlike
opofferings en groot
uitdagings met
uiters uitdagende
klimaatstoestande,
asook uitdagende
finansiële en
ekonomiese
omstandighede.
“