

Oktober 2018
18
’n Kykie na instandhouding
van
gronddamme
I
n die geskiedenis van Suid-Afrika is die gronddam al menigmaal
besing en vorm dit ’n integrale deel van ons geskiedenis as
bron van water vir rekreasie, besproeiing en veesuiping. Vir
hierdie struktuur is instandhouding egter, soos met soveel ander
strukture op die plaas, noodsaaklik.
’n Tipiese damwal sal bestaan uit ’n kern van digte klei wat strek
vanaf die ondergrond, 1 m tot 1,5 m onder die grondoppervlak,
tot bo in die kruin van die wal. Aan weerskante van die wal is
’n driehoekvormige vul wat dien
as stabilisasie van die wal. Hierdie
grond is gedeeltelik deurlatend.
Die lewensverwagting van dié dam
me is dikwels beperk omdat die
materiaal kwesbaar vir verwering
deur die elemente en vertrapping
deur diere is. Die grondwal en
vloeduitloop het voortdurend aan
dag nodig.
Grondwal
Die grondwal is onderhewig aan
verwering weens die reëndruppel
effek en ook as gevolg van bran
deraksie wat ontstaan as gevolg van
winde.
Onderhoud behels die volgende:
Verwering van die wal kan
vertraag word deur ’n goeie
stand gras op die wal te vestig
sodat ’n beskermende deklaag
op die grondoppervlak vorm om
die effek van reëndruppels op die
grond te beperk.
Bome wat op die wal groei,
lyk vreeslik mooi, maar die wortels van die bome groei
deur die wal en wanneer die boom uiteindelik doodgaan,
laat dit ’n reeks kanale agter wat optree as deurgang waar
deur water vloei en die damwal laat swig. Verwyder liefs
die bome.
Op die watervlak van die dam ontwikkel branders wat op die
oewer van die dam breek en sodoende erosie veroorsaak.
’n Laag klip op die volwatervlak kan brandererosie beperk.
Dit is egter ’n uitdaging en duur om dit op bestaande damme
aan te bring. Die kliplaag kan gerek word deur ’n mat van ou
motorbande te plaas en alle holtes in die mat met klip te vul.
Dit is bevind dat die boonste 3 m van die waterstand van die
dam beskerm moet word en 1 m bo die watervlak moet wees.
’n Volgende goedkoper oplossing is om biesies op die watervlak
te vestig. Fluitjiesriet kan ook gebruik word, maar neig om vinnig
te vermeerder en kan ’n dam inneem. Dit groei tot op ’n diepte
van 1,5 m onder die oppervlak van die water. Biesies op die
watervlak sal die branders demp en die krag van die branders
beperk.
Die grond waarvan die dam gebou word, sal met tyd konsoli
deer – wat sal veroorsaak dat die kruin van die wal sak. Die ideaal
is om elke tien jaar ’n lengtesnitmeting van die wal te onder-
neem om versakking te monitor. Dit sal aandui of verhoging van
die wal nodig is om te verseker dat die vloeduitloop sy volle
kapasiteit sal behou, te voorkom dat vloedwater die damwal
oorstroom en die wal wegspoel.
Die gate wat knaagdiere en
erdvarke veroorsaak, moet
gereeld opgevul word.
Damme wat lek
Indien ’n dam lek, is dit die
eerste teken dat daar ’n gevaar
bestaan dat die dam mag breek.
Die erns van die lek kan bepaal
word deur vas te stel of die
syferwater skoon of troebel is.
Indien die water skoon is, is die
gevaar dat die wal gaan breek,
gering.
Die oorsaak kan bepaal word
deur vas te stel waar die syfering
voorkom. Kom die water direk
uit die dam uit of kom dit uit die
kant van die vallei?
Waar die terrein in die Karoo
geologiese sisteem voorkom,
kom die rots in lae wat ho
risontaal lê, voor. In hierdie
geval kan die syferwater uit die
kant van die dam in die bult langs die dam insyfer en langs die wal
verbybeweeg. Die water verskyn dan aan die onderkant van die wal
langs die vallei. Hierdie water is gewoonlik skoon en daar kan nie veel
aan gedoen word nie.
Waar ’n grondwal op alluviale grond gebou is: Dit is waar die
grond feitlik waterpas lê, op die valleibodem. Dit is neergelegde
grond wat oor eeue opgebou het, waar gruis en sandlae voorkom
waardeur die water syfer. Die syfering kom dan gewoonlik aan die
voet van die wal uit die ondergrond. Dié water is gewoonlik skoon.
Syfering aan die stroomafkant teen die toon kan beteken dat ’n
afsnykern nie in die ondergrond aangebring is nie. Die boonste laag
van die oorspronklike grondoppervlak is dan nie verwyder nie. Die
ou wortelsone bevat heelwat wortels en humus wat ontbind en ’n
kanaal nalaat.
Fokus
Besproeiing
Schalk Jacobsz,
ingenieur,
SW Jacobsz
Ingenieurs Konsultante
“
Die lewensverwagting
van dié damme
is dikwels beperk
omdat die materiaal
kwesbaar is vir
verwering.
“