

Graan en grondhervorming
het noue verband
G
raan SA is van opinie dat die huidige Grondwet voldoende
en ruim genoeg is om die regering in staat te stel om
regverdige en onpartydige grondhervorming op ’n vol
houbare manier te implementeer ten einde die ekonomie te
bevorder en terselfdertyd voedselsekerheid in stand te hou.
In sy voorlegging aan die parlementêre komitee wat ondersoek
instel na die implementering van ‘n ingrypende nuwe grondher
vormingsbeleid het Graan SA ook die belangrikheid van graan in die
voedselmandjie uitgelig.
Daar is beklemtoon dat graan die basis van voedselsekerheid
is. Mielies is nie net die stapelvoedsel van mense in Suid-Afrika
nie, maar dit vorm ook die basis vir dierevoeding. Dit het daarom
‘n toegevoegde waarde ten opsigte van ander produkte soos
pluimvee (vleis en eiers), suiwelprodukte en ook rooivleis. Volgens
Statistieke SA beslaan voedsel 15,48% van die verbruikers
prysindeks. Alle graan- en graangebaseerde produkte in die
voedselmandjie verteenwoordig 75% van die totale voedsel-
mandjie. Dit is nie net krities dat voedselpryse so laag as moontlik
gehou moet word ter wille daarvan om dit bekostigbaar vir armes
te maak nie, maar ook met die oog daarop om inflasie te beheer.
Graanbalansstaat
In die voorlegging is die graanbalansstaat ook onder die loep
geneem. Volgens die vraag-en-aanbodkomitee van die Nasionale
Landboubemarkingsraad benodig Suid-Afrika 10,5 miljoen ton
mielies per jaar. Die totale plaaslike mielie-aanvraag in die Suid-
Afrikaanse Doeane-unie (met inbegrip van Botswana, Lesotho,
Namibië en Swaziland) beloop 11,5 miljoen ton.
Wanneer die oes laer as 11,5 miljoen ton is, behoort pryse na
invoerpariteitsvlakke te neig. Die noodsaak van invoere weens te
korte beïnvloed weer plaaslike pryse. Op die oomblik beloop dit
sowat R4 000/ton. Wanneer die oes meer as 11,5 miljoen ton beloop,
sal pryse meer na uitvoerpariteit neig – met ander woorde die
pryse wat op internasionale markte verkry kan word. Dit staan op
die oomblik op sowat R2 000/ton, wat ‘n beduidende prysgaping
verteenwoordig en dus vir voedselsekerheid van uiterste belang is
– veral wat bekostigbaarheid betref. Plaaslike tekorte, byvoorbeeld
weens droogte, kan geredelik aangevul word deur invoere, maar dit
verteenwoordig ‘n aardige prys.
Witmielies is steeds die hoofstapelvoedsel vir menslike gebruik
in Suid-Afrika. Tekorte aan witmielies skep uitdagings, aangesien
witmielies nie in oormaat in die wêreld geproduseer word nie.
Geelmielies, daarenteen, word wêreldwyd geproduseer en daar is
gewoonlik ‘n ooraanbod daarvan. Dit is eintlik net in Suider-Afrika en
Mexiko en sy omliggende lande waar witmielies vir menslike gebruik
benut word.
Die VSA produseer wel witmielies, maar hoofsaaklik op voor
afbepaalde kontrakte. Gedurende die droogte van 2016 het die
plaaslike prys van witmielies tot byna R5 000/ton gestyg. Teen dié
agtergrond is dit uiters belangrik dat Suid-Afrika voedselsekerheid
handhaaf – veral ten opsigte van witmielies. Hoë pryse en
voedseltekorte is ‘n dodelike kombinasie – veral in ‘n verkiesingsjaar.
Die pryse en beskikbaarheid van voedsel sal altyd ‘n sterk rol in
die politiek speel.
Grondhervorming en voedselsekerheid
In die voorlegging is ook daarna verwys dat dit krities is dat die
huidige koers van mislukking met grondhervormingsprojekte, wat
deur die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervor
ming self op 90% gestel is, omgekeer word. Teen hierdie koers
moet Suid-Afrika net ‘n verdere 400 000 ha onder mielies verloor
om ‘n land met voedseltekorte te wees. ‘n Produksietekort kan,
soos hierbo aangedui, feitlik oornag lei tot ‘n verdubbeling in
mieliepryse – met katastrofiese gevolge vir voedselsekerheid.
Die voorstelle wat Graan SA nou by die parlementêre komitee
ingedien het, is daarop gemik om hierdie situasie te voorkom.
Daar word gemaan dat daar byvoorbeeld bitter min aan
klimaatsomstandighede gedoen kan word, maar dat daar heelwat
oplossings vir mensgemaakte krisisse is.
Grondhervorming en mynbou
Die effek van mynbou op voedselsekerheid is ook aan die komitee
voorgehou. Die beste bewerkbare grond vir graanproduksie is te
vinde in Mpumalanga. Dit is diep gronde en die reënval is taamlik
konstant. Mpumalanga is ook betreklik naby aan die belangrike
verwerkings- en verbruikersgebied van Gauteng, wat ‘n besparing
aan vervoerkoste verteenwoordig.
11
October 2018
Graan SA
Grondhervorming
Mariëtta Cronjé,
SA Graan/Grain
medewerker
Graan SA-voorlegging aan Grondkomitee
“
Daar word gemaan
dat daar byvoorbeeld
bitter min aan
klimaatsomstandighede
gedoen kan word,
maar dat daar
heelwat oplossings
vir mensgemaakte
krisisse is.
“