

Oktober 2018
12
Hoed gelig
vir uittredende leiers
G
raan SA het op 24 Julie afskeid geneem van hoofbestuurslede wat tydens die Kongres uitgetree het. Tydens
die geleentheid op NAMPO Park is ook erkenning gegee aan die organisasie se vennote in die waterskenking
aan die Wes-Kaap.
Spesiale melding is ook gemaak van personeellede se langdiensprestasie:
Vyf jaar diens
: Christa Herbst, Lettie Chaka, Dickson Mqhaba, dr Hendrik Smith en Sam Ruiters.
Tien jaar diens
: Rialeen Lombard en Petru Fourie.
15 jaar diens
: Isak Tshabalala.
Graan sa
Johan Smit,
SA Graan/Grain
redaksiespan en
Alzena Gomes,
skakelbeampte, Graan SA (foto’s)
1: Graan SA se waterprojek vir die droogtetoestande in die Wes-Kaap het gesorg dat duisende liters
gebottelde drinkwater vroeër vanjaar deur middel van skenkings ingesamel, daarheen vervoer en
versprei is. Graan SA het sy dank oorgedra aan die partye wat die logistiek hiervan moontlik gemaak
het (van links): Chanette en Louis Strydom (Omnia), Jan en Betsie Grobler (vervoer van die water
na die Wes-Kaap) asook Cobus Fouché (Jan Grobler Vervoer) en Estie. By hulle op die foto, is
Jaco Minnaar (voorsitter), heel links, en Jannie de Villiers (HUB), heel regs.
3: Afskeid is geneem van Fanie van Zyl, voorsitter van die Oudit-
komitee van 2006 tot 2018. “Daar rus ’n groot verantwoordelikheid
op Graan SA se skouers om te sorg dat die beste tye vir landbou nog
voorlê,” het hy gesê. Sy gade, Susan, het hom vergesel.
4: Jaco Breytenbach (hoofbestuurslid, Streek 19) is deur die
Graan SA-personeel uitgesonder as ’n hoofbestuurslid wat doeltref-
fend meegewerk het dat die organisasie sy doelwitte dié jaar kon
bereik. Jannie de Villiers het dié wisseltrofee aan hom oorhandig.
5: Die immergewilde kunstenaar, Kevin Leo, het
’n yskoue Vrystaatse winteraand met sy sang in
’n gesellige warm een omskep.
2: Cobus en Magdel van Coller en Jaco Minnaar.
In sy twaalf jaar-termyn as hoofbestuurslid het
Cobus as voorsitter van die NAMPO Oesdag-
komitee,
SA Graan/Grain
Redaksiekomitee asook
die Bewaringslandbouwerkgroep gedien, wat hy
as ’n voorreg bestempel het. Hy het Magdel en
sy kinders bedank dat hulle hom afgestaan het
in dié tyd, waarna hy Graan SA met ’n seëngebed
gegroet het (sien kassie hier bo).
My gebed
Ek spreek die seën van God
uit oor Graan SA.
Ek vra God se hand van beskerming
oor elke landbouer, elke landbou-organisasie, elke landboumaatskappy
en vir Suid-Afrika se mense.
Ek vra God se seën van wysheid
en kalmte oor die regering en
mense van Suid-Afrika.
Ek dank God dat hy in beheer
van alles is.
Amen
– Cobus van Coller, oud-hoof-
bestuurslid, Graan SA
1
3
4
5
2