

Internetbeheer vir
besproeiingstelsels
A
grico se internetbeheerstelsel vir
spilpunte is onlangs uitgebrei om
die hele besproeiingstelsel, in
sluitende pompe, kleppe en dam
vlakke, te kan beheer.
Die dae wat ’n mens met die bakkie afgery
het pompstasie toe om die dag se besproei
ing aan die gang te kry en om seker te maak
dat elke spilpunt deur die dag (en nag) die
water gee wat nodig is, is verby.
Met Agrico se nuwe pompbeheerstelsel
kan jy selfs, as jy wil, van jou strandhuis
af net loer of jou stelsel besig is om jou
spilpunte volgens beplanning te beheer en
of jou pompe outomaties volgens behoefte
reageer.
Die stelsel werk met enige slimfoon, tablet
of rekenaar wat aan die internet gekoppel is.
Spilpunte en pompe word individueel aan
die internet gekoppel. Elke spilpuntkraan
het solenoïdebeheer en kan elektronies
oopgemaak word. Die boodskap om aan te
skakel, gaan na die spilpuntbeheerkas en
die pompbeheerstelsel, wat op sy beurt ook
aan die wisselspoedbeheereenheid (VSD)
gekoppel is.
Die pompbeheerstelsel is ontwerp om
die druk in ’n totale besproeiingsnetwerk
te beheer. Elke pompbeheerder beheer
’n pompstelsel – wat ’n meesterpomp en
tot agt addisionele pompe kan insluit. Die
stelsel bepaal die optimale druk dinamies
en kan, gebaseer op die aanvraag, outo
maties beheer uitoefen deur pompe aan en
af te skakel en spoed te wissel.
Gestel jy begin besproei. Die pomp
beheerstelsel weet jy het 200 kPa by die
spilpunt se middelpunt nodig. Die stelsel
skakel die pomp aan en beheer dit deur
die spoedbeheereenheid totdat die nodige
druk bereik is. As jy dan ander spilpunte
ook inskakel, sal hy die spoed van die
meesterpomp aanpas, totdat dit nodig is om
die volgende pomp of pompe aan te skakel
sodat daar aan die waterdrukbehoefte op
elke punt in die stelsel voldoen word.
Jy het reeds die voordeel van wisselende
spoedbeheer, wat onder andere sagte
aanskakeling, arbeidsfaktorverbetering en
doeltreffende beskerming teen kragpieke
bied, maar met die bykomende beheer ver
kry jy die doeltreffendste kragbenutting.
Ons wil krag, water en tyd bespaar. Dit
beteken ons moet outomatiseer en ons
stelsels deur ons slimfone en rekenaars
bestuur.
Nog ’n voordeel is dat Agrico ook toegang
tot al die geskiedkundige en intydse in
ligting op die stelsel het en só hindernisse
kan uitwys wat die tegnici kan oplos. Die
stelsel laat spesifieke kennisgewings en
skedulering toe om aan te pas by enige
krag- en waterbehoeftes of beperkings.
Agrico se spilpuntbeheerstelsels is aan
pasbaar vir enige ander elektriese spilpunt.
Só is daar al heelwat masjiene van ander
vervaardigers in die veld opgegradeer na
Agrico se Advanced Rain-internetbeheer.
Die beheerstelsel kan ook werk vir
blokbesproeiing in boorde en wingerde
– dit is nie net op spilpunte van toepassing
nie. Dit kan ook damvlakbeheer doen waar
druksensors die inligting meer akkuraat
deurgee as wat gewone vlotterskakelaars
doen. Afstand tussen pompe en damme is
nie ’n hindernis nie, want daar is geen ka
bels wat gelê moet word nie. Die kommu-
nikasie geskied deur die selfoonnetwerk,
wat wel beteken dat daar selfoonsein op die
plaas moet wees.
Agrico het ’n wye reeks antennas en sal al
tyd eers die sein op die plaas toets voordat
’n stelsel geïnstalleer word.
21
October 2018
Fokus
Besproeiing
Produkinligting
Alfred Andrag,
Agrico
Figuur 1: Agrico se internetbeheer is uniek omdat die hele besproeiingstelsel (spilpunte, pompe,
kleppe en damvlakke) op een enkele platform bestuur kan word. Die stelsel kan vanaf slimtoestelle,
wat toegang tot die internet het, gebruik word. Dit is gebruikersvriendelik, met ’n goeie oorsig en die
vermoë om maklik by die gewenste verstellings/inligting uit te kom met enkele klikke op die skerm.